19/10/2026
Vandag begin ons met die toekenningsproses van Mpumalanga-Hoëveld en KZN Sentraal, asook Mpumalanga Laeveld-en KZN Noord-Streek vir verdienstelike studente vir 2027.
Een van die wonderlikste projekte van , maar ook een wat jou diep laat dink en altyd diep in jou hart krap. Ons lees die versoeke van jongmense met drome en ideale. Ons kyk na die studiekostes, bereken en herbereken, en dink mooi oor waar en hoe ons kan help.
Hierdie mense, is iemand se kind. Iemand wat graag wil leer, groei en 'n verskil maak, maar wat dalk net daardie bietjie hulp nodig het om sy of haar droom te verwesenlik.
Dit is nie net somme en syfers nie. Dit is emosionele, verantwoordelike saamdink.
Ons kan dalk nie almal help nie, maar vir elke student wat ons wel kan help, kan dit die begin van 'n heel nuwe toekoms wees.
En dít is waarom ons dit doen.
skep vennote van befondsing vir leemtes in Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Saam kan jy verskil maak, kontak ons!
Annemarie Hugo-van Heerden
Michael Smith
Retha Steenkamp
Yolandi Theron
Solidariteit Helpende Hand Mpumalanga Laeveld-en KZN Noord-Streek
Solidariteit Helpende Hand Mpumalanga-Hoëveld en KZN-Sentraal Streek