27/02/2025
Ons vier vandag 'Wêreld NGO-Dag (World NGO Day)' om die bydraes van nie-regeringsorganisasies en die 'n positiewe impak wat hulle op die samelewing maak, te vereer en te erken.
Die ACVV Nasionale Raad gee erkenning aan die werk van NGO’s regoor die wêreld, op gebiede soos menseregte, gesondheid, onderwys, armoedeverligting, asook omgewingsvolhoubaarheid, maar veral ook aan die plaaslike Suid-Afrikaanse NGO’s wat met deernis die gemeenskappe van Suid-Afrika dien.
Die viering van 'Wêreld NGO-Dag' beklemtoon ook NGO’s se deurslaggewende rol om gemeenskapskwessies aan te spreek wat regerings en besighede nie alleen kan trotseer nie. Ons eer vandag elke Vrywilliger, maar spesifiek ook die ACVV Vrywilliger en ACVV Lid wat sonder vergoeding die ACVV se dienslewering oor ‘n tydperk van 120 jaar moontlik gemaak het, sodat dienste aan die kwesbaarste lede van ons samelewing gelewer kan word. So ook ons Donateurs, sonder wie se volgehoue ruimhartige bydraes ons dit nie sou kon doen nie.
Baie dankie!