26/08/2026
JOU TWEEDE UITNODIGING
Jy word hartlik genooi na die tweede deel van ’n uitsonderlike tweeledige lesing wat in samewerking met die Orde van den Prince, afdeling Kaap de Goede Hoop aangebied word. Die eerste deel het plaasgevind op Saterdag, 15 Augustus by SASNEV. Die tweede deel van die lesingreeks vind plaas op Saterdag 29 Augustus by SASNEV.
Tia Hugo – lid van die Orde van den Prince en voormalige voorsitter van die Orde van den Prince, afdeling Kaap de Goede Hoop – het in die eerste deel van 'n tweeledige lesing reeks 'n fassinerende praatjie aangebied oor “BOCH Frères KERAMIS".
Tia Hugo het ons meesterlik meer vertel oor "Boch Frères Keramis" (afgelei van die ou-Griekse woord keramos), ’n faiencerie (pottebakkeryfabriek, pottebakkery of keramiekwinkel) wat in 1841, tydens die industriële revolusie, in Saint Vaast by La Louviere in Wallonie, die Franstalige deel van België, gestig is. Die Boch-familie, ook die ander helfte van ‘Villeroy et Boch’, was innoveerders.
Die belangrikste was egter dat hulle top-ontwerpers en vaklui aangestel het om elegante massa-geproduseerde keramiek-ware vir alledaagse gebruik te skep. Hulle produkreeks was wyd en het kunskeramiek ingesluit. Hierdie stukke is geskep deur kunstenaars wat Boch Frères Keramis uit Maastricht gewerf het.
Omdat die onderwerp so wyd is, gaan Tia op 29 Augustus ons meer vertel oor die Art Deco-periode. In hierdie tyd was Boch Freres Keramis 'n wêreld-leier, met die geniale Charles Catteau aan die hoof van die ontwerp-ateljee.
Wanneer: Saterdag 29 Augustus 2026
Plek: SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands.
Tyd: 10:00 vir 10:30
RSVP: [email protected]
Hartlike groete, sien jou Saterdag 29 Augustus 2026 by SASNEV