25/04/2026
Wat gebeur wanneer ‘n groep onttrek/sesseer? Wat word behou, hoe word daar oor begin?
Eerstens moet verstaan word dat ‘n remediërende (regstellende) onttrekking beteken dat die nuwe landstreek die status van soewereine onafhanklikheid sal opneem, totaal weg van die moederland regering en sisteme. Dit beteken ook dat die groep EKSTERN onttrek, m.a.w. eensydig en nie (meer) afhanklik is van die samewerking van die moederland se regering nie, omrede daardie stadium van pogings om samewerking wel te laat realiseer summier vermy of geïgnoreer was deur die regime (met bewyse).
In kort, en soos per norme van internasionale wetgewing:
Bates en laste:
Alle bates in die betrokke gebied word outomaties tot die nuwe groep toegeken, en die groepe/nuwe gebied is gladnie onder verpligting om enige skuldlas wat deur die moederland ondergaan was te absorbeer nie, bloot omrede die groep/e nie insig óf deelname tot die ooreenkomste gehad het nie.
Ekonomies:
Teoreties gesproke sal die ekonomiese bedrywighede soos normaal voortgesit word, alhoewel daar indringende ondersoeke ten opsigte van die verskeie industriële- en en ander besigheidsbedrywighede, verwante kontrakte en ander ooreenkomste sal wees om enige onregmatigheid te beeïndig.
Sisteme:
Uiteraard sal die aspekte van die interim regeringsmodel, die finansiële- en banksisteem, wet en orde sisteem, die regstelsel, energie- en brandstofvoorsiening, die ekonomiese model, sosiale sekerheid, gesondheidsorg en ander belangrike aspekte dadelik aangespreek word om herstel te verseker tot voordeel van die regmatige burgers.
Sosiaal:
Daar sal, met internasionale oorsiening, ‘n proses van stapel gestuur word om onwettige inwoners na hul land van oorsprong, waar hul wettige burgerskap behou, terug te verplaas om die onregverdige en onregmatige afhanklikheid van hierdie mense tot die nuwe gebied se regering te beeïndig.
Die voordele en basiese regte soos onder andere goeie voedsel, water en sanitasie, behuising, kindersorg en -beskerming, werkneming, asook toelaes vir diegene wie kwalifiseer daarvoor sal voorrang geniet. Daarbenewens sal die onlosmaaklike regte, soos in die VKS se Handves van Regte gelys, van krag wees.
Dus, die “oor begin” beteken gladnie dat daar met ‘n “blanko bladsy” begin sal moet word nie, maar dat norme, waardes, beginsels en gesonde verstand dadelik van toepassing sal wees om die gebied en sy mense oor die kortste moontlike tydperk - en met volle vryheid - tot vooruitgang te neem.
As VKS is ons definitief nie naïef om nie ook te besef wat die uitdaging en risikos sal wees en waarvoor voorberei moet word nie. Inteendeel word daar deur bekwame vrywilligers in werkgroep verband onverpoosd beplan “om die grond in die hardloop te tref”.
Verlig jouself deur die feitelike inligting op ons webtuiste https://www.unitedcapestates.org te bekom, registreer dan ook jou steun daar. Sluit asb ook aan by ons platforms op Telegram sodat jy opgedateer is en eerstehandse inligting verkry. Jy kan ons ook gerus per epos kontak by [email protected] indien jy enige ander navrae het.
Seënwense vir u!
Free Your Family! Learn How.