Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp

Call Directions Contact the organization

Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp We are volunteers with a passion for gardening and our town.

04/10/2026
Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi DorpOns tuine blom❣️Wat is mooier as kleurvolle blomme, bome en plante?Maar ai,...
04/10/2026

Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp
Ons tuine blom❣️
Wat is mooier as kleurvolle blomme, bome en plante?
Maar ai, hoekom kap ons tog só maklik 'n boom af?
Verwyder ons groen vir sement en teer ter wille van "ontwikkeling"?
Hoekom bewaar ons nie?
Of plant ons nie méér bome nie?
KROBT het onlangs 32 bome in Kuilsrivier geplant.
Ek sal nóóit self die skadu daarvan geniet nie, maar ons kinders en jongmense sal nog.

KROBT het jou hulp baie nodig.
Ons wil plant. Ons wil ons dorp groen en kleurvol maak.
Maar ons kan dit nie sonder genoeg finansies doen nie.
Help ons asseblief.
Bankbesonderhede:
Standard Bank
Lizette Wilson
Tjekrekening
07 189 579 5
U verwysing:KROBT
My verwysing: U naam en telefoon nommer.

Baie baie dankie ❣️ ❣️
Groete
Lizette Wilson 🌹 Nms KROBT
083 284 6959
Mooi nuwe week aan u almal.🍀🍀🍀🍀🌺🌺🌺🌺

"Mevrou! Jy kan 'n boom plant in hierdie karretjie van jou," sê 'n man wat by my verby loop terwyl ek besig is om kruide...
23/09/2026

"Mevrou! Jy kan 'n boom plant in hierdie karretjie van jou," sê 'n man wat by my verby loop terwyl ek besig is om kruideniersware in my motor te laai, met die "boot" deur oop.
"Ai jene meneer ja. Dis nog al die sand vd plante wat ek gister by iemand gaan haal het. Ons sal darem vandag skoonmaak."
"Is jy die tannie wat só tuinmaak op die sypaadjies?Julle tuine is absoluut pragtig", sê hy terwyl hy verder loop na sy motor.

En ek dink by myself: Is al hierdie moeite en die stryd vir hulp en erkenning die moeite werd?
My karretjie (Hondatjie)is eintlik 'n bakkie... Op en af om 'n dag se dinge gedoen te kry.
Ja, dit ís die moeite werd. Want....daar ís mense wat ons werk waardeer en bewonder.
Ons kners dikwels op ons tande van bekommernis oor hoe ons die werkers vlg week gaan vergoed.
En dan, uit die bloute, kom daar 'n verrassing. 'n Donasie wat ons in staat stel om aan te gaan.
Ons is nié 'n NPO nie en maak slegs staat op donasies.

Om ons te help om voort te gaan om van Kuilsrivier 'n ware Mooi en Groen dorp te maak het ons u hulp nodig
"Ons" is 7 vrywilligers wat nie 'n sent verdien nie.
Ons drie werkers word vergoed uit donasies van inwoners en vriende.
Sonder hulle is daar geen projek nie.

Bankbesonderhede:
Standard Bank
Lizette Wilson
Tjekrekening
07 189 579 5
U verwysing KROBT
My verwysing: U naam en telefoon nommer asseblief.

Baie baie dankie ❣️ ❣️

FOTO'S.
Kleur en tekstuur van plante in ons Koringblom en Blou Huis tuine.

Mooi lang naweek aan almal.
Groete
Lizette Wilson 🌹 Nms KROBT.

"Me I pray for you because without you I was not me"Wat kan mens groter vreugde gee as hierdie woorde van een van Kuils ...
16/09/2026

"Me I pray for you because without you I was not me"

Wat kan mens groter vreugde gee as hierdie woorde van een van Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp se werkers? Sy volle boodskap is in die eerste twee foto's.
Gaan ons tuinprojek net daaroor om mooi tuine te maak? Of vir erkenning? Is dit 'n kompetisie?
Nee, dit is Koninkrykswerk om die Skepping wat aan ons toevertrou is, te bewaar, te beskerm en te onderhou.
Maar ons werk ook met mense. Mense met drome. Vir hulself, hul kinders en selfs ouers. Mense met 'n hart en siel.
Respek. Agting. Mens teenoor mens.
Hierdie projek het my baie geleer. Meer van mense as van plante.
Plante kompeteer nie met mekaar nie. Hulle blom waar hulle geplant of gesaai is.
Vandag kon ek nie by die werkers uitkom nie. My man het 'n afspraak met sy kardioloog gehad. Toe ek hulle later gaan haal, is alles gedoen net soos ek gevra het.
Hulle is só trots om deel te wees van hierdie projek. Hulle floreer op aanmoediging en op erkenning vir hul goeie werk.

Sonder hulle en sonder die insette van:
Hennie van Zyl
Wilna Smith
Karin Vervaart
Michelle Koen
Andrew Kenny
Marilee Kenny
En
ALMAL wat vir ons plante skenk
ALMAL wat ons finansieel ondersteun,
kan ons nie "oorleef" nie.

Ons droom is om van Kuilsrivier 'n ware Plante Paradys te maak.

Maar om 4 dae per week te kan werk het ons baie meer finansiële donasies nodig om:
Werkers te vergoed
Kompos te koop
Petrol, gut en 2 stroke te koop vir ons 2 weedeaters.

En WATER assebaieblief.
BAIE WATER.

Ons wil graag die gras rondom ons beddings en om die bome op die wandelpad meer gereeld sny. 'n Netjiese grasperk laat 'n tuin leef!

Kan Kuilsrivier 'n Mooi Dorp wees?
'n Honderd keer JA!
Hoe?
Met ons almal se samewerking!
Kan dit?

Vir finansiële donasies....200 x R20 maak 'n groot verskil.

Standard Bank
Lizette Wilson
Tjekrekening
07 189 579 5
Verwysing: KROBT
My verwysing: U naam en telefoon nommer.

Foto's:
Sirkel
Blou Huis sypaadjie
Amandel Rylaan (Jan Kriel se kant)

Mooi week aan ALMAL.

Groete
Lizette Wilson 🌹 Nms KROBT

Waarom plant ons?Die redes en vreugdes is in die eerste foto.Res vd foto's uit ons verskillende tuine. Daar is só baie. ...
13/09/2026

Waarom plant ons?
Die redes en vreugdes is in die eerste foto.
Res vd foto's uit ons verskillende tuine. Daar is só baie. Kan nie alles plaas nie.
Die drie werkers in oranje uniforms is absoluut onmisbaar.
Uitstekende tuiniers. Harde werkers. Stiptelik. Lojaal.

Ons werkers word betaal uit donasies van inwoners en vriende wat ons werk waardeer en ondersteun. Ons, die vrywilligers van Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp doen hierdie werk uit liefde vir ons dorp en vir die planeet wat aan ons geskenk is om te bewaar en te onderhou.

Om ons in staat te stel om met ons werk voort te gaan het ons u donasies baie nodig.

Bankbesonderhede:
Standard Bank
Lizette Wilson
Tjekrekening
07 189 579 5
U verwysing: KROBT
My verwysing:U naam en telefoon nommer.
Géén bedrag is te min of te klein nie.

Mooi week aan al ons ondersteuners en "followers".
Deel hierdie plasing ver en wyd sodat mense van oor die hele Suid-Afrika kan kennis neem van wat in Kuilsrivier gebeur 🌺🌼🌿🌴🍁🪴🎋🍃🌸🌺🌹🪻🌷💐🍄🌳🌳🌳🌳🌳🌳🌳

Groete
Lizette Wilson 🌹 Nms KROBT
083 284 6959

"Ma'm, I'm so happy to contribute to the these beautiful gardens"...sê een van die werkers vanoggend vir my. Musiek in m...
07/09/2026

"Ma'm, I'm so happy to contribute to the these beautiful gardens"...sê een van die werkers vanoggend vir my. Musiek in my ore🎼🎼

Ons werkers geniet wat hulle doen. En is só trots om te sien hoe die tuine groei en floreer! Dis nie net 'n "job" vir hulle nie. Ek laat hulle dikwels "aan hulself" oor. Om leiding te neem. Om kreatief te wees. Hulle waardeer en geniet dit. Dit bou selfvertroue en leierskap.

Vandag het Feston en Learny die onkruid in die Kerkstraat sirkel aangepak. Onkruid is 'n permanente "inwoner" in ons tuine. 🙈 Dit was bitter warm vandag, maar hulle wóú die sirkel klaarmaak ten spyte daarvan dat ek gesê het hulle kan elders in die skaduwee gaan werk.

Lishie het weer vandag sy kreatiewe talent gebruik om nuwe beddings te maak van klippe en steggies van plante wat bietjie te groot geraak het..

Woensdag 9 Sept word uitsluitlik gewy aan water gee. Ons is nie gewoond daaraan om reeds in Augustus/September reeds te begin water gee nie.
Water gee beteken: 20 liter kanne wat op verskillende punte volgemaak word met boorgat water. Daarvandaan na die verskillende tuine vervoer word deur vrywilligers. Die werkers dra die swaar kanne en maak die beddings met die hand nat.
Harde en tydrowende werk.

Foto's:
Kerkstraat sirkel
Nuwe beddings op die sypaadjie
Nuwe bome op die sypaadjie.
KROBT het afgelope 2 maande 32 bome geplant aan ons geskenk deur Dept Bosbou in Wynberg. 🌳 🌳 🌳
Baie dankie aan almal vir finansiële donasies.
Baie dankie vir plant donasies.

Om ons werkers te vergoed het ons u finansiële donasies baie nodig.
Geen groot bedrae nie.
R20 x 200 persone maak 'n groot verskil.
R4000!!

Ons bankbesonderhede is:

Standard Bank
Lizette Wilson
Tjekrekening
07 189 579 5
U verwysing KROBT
My verwysing. U naam en telefoon nommer

Plant 'n boom!!
Enige tyd.
Voor u huis.
Op die sypaadjie.
In 'n park.

Enige plek. Plant net 🌳🌳🌳🌳🌳

Mooi week aan almal!
Wees lief vir ons land
Wees lief vir ons planeet.
Ons enigste aarde 🌍

Groete
Lizette Wilson 🌹
Nms KROBT

Vetplante is wonderlike plante!Hulle word net méér!!Vandag het ons, Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp weer H...
31/08/2026

Vetplante is wonderlike plante!
Hulle word net méér!!
Vandag het ons, Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp weer Hoërskool De Kuilen se tuine aangepak.
Van die plante wat 3 jaar gelede geplant is, het yslik groot geword.
Soveel so dat ons 'n hele paar nuwe "rotstuintjies" kan maak van steggies.

Lishie
Learny
Feston

Altyd stiptelik.
Altyd vriendelik.
Wedersydse respek.

Baie dankie vir julle. Julle is onmisbaar.

Om ons op koers te hou moet ons geld hê om ons werkers te vergoed.
Bankbesonderhede
Standard Bank
Lizette Wilson
Tjekrekening
07 189 579 5
U verwysing KROBT
My verwysing: U naam en telefoon nommer.

Geen bedrag is te min. Saam word klein bietjies groot bietjies❣️

Baie dankie aan almal wat in ons glo. Wat ons letterlik laat blom
🌼🌺🌹🌷💐met soveel plant donasies.
Mooi week verder 🎉 🎉

Net foto's van die afgelope paar weke se tuinmaak.Ons Blou Huis rotstuine word net méér en móoier❤️Ek is só dankbaar vir...
29/08/2026

Net foto's van die afgelope paar weke se tuinmaak.
Ons Blou Huis rotstuine word net méér en móoier❤️
Ek is só dankbaar vir Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp se water aanry vrywilligers, en ons projek se uitstekende tuiniers.
Ons het sakke vol onkruid uitgetrek en moet nog steeds uittrek. As die een onkruid uit is, kom daar weer 3 om sy plek vol te staan 😂

Op die oomblik het ons só baie skenkings van plante. Maar ons sê nóóit nee vir mooi plante nie. My Hondatjie vervoer alles.... Aalwyne, groot en klein, Agaves, 'n kruiwa, tuingereedskap, weedeaters, sakke grond en kompos en waterkanne....vol met water...
Want.....wat gedoen moet word moet gedoen word..
Ons dóén. Ek is 'n swak "vooruit" beplanner. Meer van 'n, op die oomblik, "brainwave" beplanner.

Geniet die foto's. Ons Blou Huis rotstuine lyk só mooi op die oomblik. Wanneer die "regte" somer kom, lyk hulle nie te watwonders nie. Vetplante sukkel ook maar in die erge son.

Hierdie projek maak slegs staat op vrywillige donasies om ons werkers te vergoed.
Géén ander finansiële hulp nie.
Ons het net een droom en doel:
Om ons dorp 'n mooi en trotse dorp te maak! Ons, Kuilsrivier vrywilligers, kry géén vergoeding nie. Ons dóén en ons géé mét harte van liefde vir ons dorp.

Om ons in staat te stel om steeds voort te gaan met ons projek het ons u finansiële hulp nodig.
Enige bedrag, maak nie saak hoe klein ook al, is baie welkom.

Ons Bankbesonderhede is:
Standard Bank
Lizette Wilson
Tjekrekening
07 189 579 5
U verwysing: KROBT
My verwysing:
U naam en telefoon nommer asseblief.

Ons wil almal liewer die "mooi" sien. Saam kan ons só baie doen.

Groete
Lizette Wilson 🌹 Nms KROBT

Mooi loop!

Address

Kuils River
Cape Town
7680

Telephone

+27832846959

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Kuils River, Our Beautiful Town/Ons Mooi Dorp:

Shortcuts

Share