Kaapse Forum /Cape Forum

Kaapse Forum /Cape Forum Ons fokus op onderwys en veiligheid om die lewensomstandighede van behoeftige gemeenskappe in die Wes-Kaap te help verbeter.

Ons moedig 'n selfdoen-ingesteldheid aan en bevorder die afwenteling van staatsfunksies tot op gemeenskapsvlak.

04/06/2026
Kaapse Forum het onlangs nog skoolskoene by Albert Myburgh Sekondêre Skool uitgedeel. Saam kan ons ’n verskil maak en me...
01/06/2026

Kaapse Forum het onlangs nog skoolskoene by Albert Myburgh Sekondêre Skool uitgedeel. Saam kan ons ’n verskil maak en meer kinders help warm en trots te wees.

Dankie aan almal wat reeds betrokke raak en saam met ons 'n verskil maak: https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/

Kaapse Forum het onlangs vir Chané Sharon Arendse, ons 2025 Kaapse Kampioen, ondersteun deur speelgoed vir die kinders b...
29/05/2026

Kaapse Forum het onlangs vir Chané Sharon Arendse, ons 2025 Kaapse Kampioen, ondersteun deur speelgoed vir die kinders by die nasorg te skenk. Ons wens Chané alle sterkte toe vir die pad vorentoe en sien daarna uit om haar groei, ontwikkeling en toekomstige suksesse te volg.
Baie dankie vir die verskil wat jy in die gemeenskap maak, Chané!

Sluit aan by Kaapse Forum en maak ‘n verskil: https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/

27/05/2026

🌧️💔 Wolseley het ons nou nodig.

Gesinne het binne oomblikke alles verloor ná die verwoestende storms en vloede. Baie sit vandag sonder kos, klere en basiese benodigdhede.

Kaapse Forum roep ons gemeenskap op om saam te staan en hoop terug te bring waar daar tans nood is. 🤝❤️

🧡 Enige bydrae — groot of klein — kan vir ’n familie ’n verskil maak.

📍 Aflaaipunt:
Kaapse Forum se kantoor
22B Kerkstraat, Durbanville

📞 Indien u nie self kan aflewer nie:
066 473 4431

| Landbou in Onderwys | Kaapse Forum het na die suksesvolle braaikuikenprojek by Skurweberg Sekonder - Amptelik in Ceres...
26/05/2026

| Landbou in Onderwys |

Kaapse Forum het na die suksesvolle braaikuikenprojek by Skurweberg Sekonder - Amptelik in Ceres, saam met Astral Foods, National Chicks en Meadow Feeds ’n besoek aan Hoërskool Pelican Park gebring om moontlike uitbreiding van die projek te bespreek. AfriForum, SAAI & die Skole Ondersteuningsentrum was ook teenwoordig om kennis te neem van die projek.

Sluit aan by Kaapse Forum sodat ons meer projekte soos dit kan doen: https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/

Happy Africa Day! 🌍Today we celebrate the beauty and strength of our continent. May Africa’s rich heritage continue to i...
25/05/2026

Happy Africa Day! 🌍
Today we celebrate the beauty and strength of our continent. May Africa’s rich heritage continue to inspire hope and progress for all who live in it. Together, we rise stronger, prouder, and united for the future.

Join Cape Forum today and help make this a better country for us all: https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/


-------------------------------------------------------------------------
Gelukkige Afrika-dag! 🌍

Vandag vier ons die rykdom, krag en trots van ons kontinent. Mag Afrika se ryke erfenis voortgaan om hoop en vooruitgang te inspireer vir almal wat daarin woon. Saam staan ons sterker, trotser en verenig vir die toekoms.

Sluit vandag by Kaapse Forum aan en help om van hierdie ’n beter land vir ons almal te maak: https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/

Kaapse Forum het gister by Vanrhynsdorp Hoërskool om plakkate, teborg deur die Afrikaanse Onderwys Netwerk, te oorhandig...
22/05/2026

Kaapse Forum het gister by Vanrhynsdorp Hoërskool om plakkate, teborg deur die Afrikaanse Onderwys Netwerk, te oorhandig.

Sluit aan - saam kan ons skole bemagtig en ons kinders se toekoms versterk!
https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/

Kaapse Forum het gister by Hoërskool Carnarvon om plakkate, geborg deur die Afrikaanse Onderwys Netwerk, te oorhandig sa...
21/05/2026

Kaapse Forum het gister by Hoërskool Carnarvon om plakkate, geborg deur die Afrikaanse Onderwys Netwerk, te oorhandig saam met AfriForum.

Sluit aan — saam kan ons skole bemagtig en ons kinders se toekoms versterk!

https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/

Kaapse Forum is in die Noord-Kaap vir interkulturele samewerking en gemeenskapsaktiwiteite.Ons sien uit na nuwe verhoudi...
19/05/2026

Kaapse Forum is in die Noord-Kaap vir interkulturele samewerking en gemeenskapsaktiwiteite.
Ons sien uit na nuwe verhoudings en moontlike landbou-inisiatiewe in die streek.

Sluit aan en saam bou ons ’n sterker toekoms: https://sluit-aan.kaapseforum.co.za/

Address

22B Church Street, Durbanville
Cape Town
7550

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kaapse Forum /Cape Forum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Kaapse Forum /Cape Forum:

Share