Ons Winkel Bronkhorstspruit

Call Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Bronkhorstspruit Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Kom kyk gerus na wat nuut op die rakke is die week! Daar is iets vir elke lyf! 65 Lanham Straat0670909996
08/10/2026

Kom kyk gerus na wat nuut op die rakke is die week!

Daar is iets vir elke lyf!

65 Lanham Straat
0670909996

Nuwe items is vandag uitgepak! ✨Kom loer gerus in en kyk wat nuut aangekom het
06/10/2026

Nuwe items is vandag uitgepak! ✨

Kom loer gerus in en kyk wat nuut aangekom het

Nuut in Ons Winkel Bronkies vandag. 65 Lanham straat
05/10/2026

Nuut in Ons Winkel Bronkies vandag.

65 Lanham straat

🍂🛍️ OKTOBER IS THRIFT-MAAND BY ONS WINKEL!🛍️🍂Is jy reg vir ’n maand vol unieke vondste, bekostigbare pryse en tweedehand...
05/10/2026

🍂🛍️ OKTOBER IS THRIFT-MAAND BY ONS WINKEL!🛍️🍂

Is jy reg vir ’n maand vol unieke vondste, bekostigbare pryse en tweedehandse skatte?😍

Kom ontdek die lekkerte van thrift! Van stylvolle klere en skoene tot huisware, dekor en nog soveel meer– jy weet nooit watter spesiale item vir jou wag nie! ✨

♻️ Thrift is slim. Thrift is uniek. Thrift gee items ’n tweede kans.❤️

Kom thrift saam met ons en ontdek dalk daardie een item wat jy nog altyd gesoek het! 😉

📍 Ons Winkel Bronkies
65 Lanham Straat
📞 067 090 9996

Wie weet… dalk is iemand anders se “ou” presies jou volgende goud! 💎

♻️❤️ ELKE ITEM VERDIEN ’N TWEEDE KANS!❤️♻️Hierdie Oktober gee ons saam nuwe lewe aan klere, meubels, dekor en soveel mee...
04/10/2026

♻️❤️ ELKE ITEM VERDIEN ’N TWEEDE KANS!❤️♻️

Hierdie Oktober gee ons saam nuwe lewe aan klere, meubels, dekor en soveel meer!✨

Het jy items by die huis wat jy nie meer gebruik nie, maar wat nog in goeie toestand is? 🏠📦

👉 Skenk dit gerus aan Ons Winkel Bronkies!
Jou ongebruikte item kan dalk iemand anders se volgende gunsteling-vonds wees. 🥰

Deur te skenk, help jy nie net om items van ’n stortingsterrein weg te hou nie – jy help ook’n verskil in ons gemeenskap te maak. 💙🧡

Een item. Een tweede kans. Een groot verskil.🌿

📍 Ons Winkel Bronkies
65 Lanham Straat
📞 067 090 9996

🧡 *Skenk. Thrift. Hergebruik. Maak ’n verskil.*

Ons het uitgepak en is reg vir die naweek!We are fully stocked and ready for the weekend! 65 Lanham StreetBronkhorstspru...
02/10/2026

Ons het uitgepak en is reg vir die naweek!

We are fully stocked and ready for the weekend!

65 Lanham Street
Bronkhorstspruit

Sony Projector *R1200*100% WorkingIncludes:CablesRemoteProjectorCarry Case
02/10/2026

Sony Projector *R1200*
100% Working

Includes:
Cables
Remote
Projector
Carry Case

Hp Laptop with Charger R950Ons Winkel Bronkhorstspruit 65 Lanham Street📞 0670909996
02/10/2026

Hp Laptop with Charger

R950

Ons Winkel Bronkhorstspruit
65 Lanham Street

📞 0670909996

2 X Safeway manicure set with nail dryer as new 100% working. R150 each65 Lanham StreetBronkhorstspruit
28/09/2026

2 X Safeway manicure set with nail dryer as new 100% working.

R150 each

65 Lanham Street
Bronkhorstspruit

Jou oud mag dalk net wees wat iemand anders nodig het. Deur te skenk aan Ons Winkel Bronkies help jy ons hande sterk maa...
28/09/2026

Jou oud mag dalk net wees wat iemand anders nodig het.

Deur te skenk aan Ons Winkel Bronkies help jy ons hande sterk maak om projekte aan te pak wat nie andersins sou moontlik wees!

Jy help ook ons studiefonds sterker maak wat in ruil studente help aan hulle drome bou!

Aflaai:
65 Lanham Straat
Bronkhorstspruit

Optel diens:
Melouise
0670909996

Address

Bronkhorstspruit
1020

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:30
Tuesday 08:30 - 16:30
Wednesday 08:30 - 16:30
Thursday 08:30 - 16:30
Friday 08:30 - 16:30
Saturday 08:30 - 12:00

Telephone

+27768529845

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Bronkhorstspruit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Bronkhorstspruit:

Shortcuts

Share