Ons Winkel Bronkhorstspruit

Ons Winkel Bronkhorstspruit Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

04/06/2026

And the winner is…

🎉🎉🎉 Kobus 🎉🎉🎉 We will be in contact regarding your prize!

We appreciate each and every donation we received.

30/05/2026
28/05/2026
Pragtige bedrame by Ons Winkel Bronkhorstspruit Unicorn Paradise Tema bed raam R700Franse Tema bed raam R1000. Ons Winke...
27/05/2026

Pragtige bedrame by Ons Winkel Bronkhorstspruit

Unicorn Paradise Tema bed raam R700
Franse Tema bed raam R1000.

Ons Winkel Bronkhorstspruit
65 Lanham Straat
0670909996

*Ons Winkel Bronkhorstspruit*Stunning Winter wear now available. Kids • Women • Men65 Lanham StreetBronkiesDonations Wel...
20/05/2026

*Ons Winkel Bronkhorstspruit*

Stunning Winter wear now available.

Kids • Women • Men

65 Lanham Street
Bronkies

Donations Welcome

Melouise
067 090 9996

Ons het n hanger tekort by Ons Winkel Bronkies. As jy oortollige hanger het, skenk asb aan ons. 65 Lanham StraatBronkhor...
19/05/2026

Ons het n hanger tekort by Ons Winkel Bronkies.

As jy oortollige hanger het, skenk asb aan ons.

65 Lanham Straat
Bronkhorstspruit
0670909996

Toyota Rav4 Car matsAs newR350
18/05/2026

Toyota Rav4 Car mats

As new

R350

Elke rit tel! Elke rit maak ń verskil!
14/05/2026

Elke rit tel! Elke rit maak ń verskil!

Helpende Hand ontvang vandag ‘n skenking van Wanatu Vervoer vir R30 000! Baie dankie WANATU vir die reuse skenking. Die geld gaan terug geploeg word deur werksyn om volhoubare welstand te verseker in ons gemeenskappe.

By WANATU gaan dit oor meer as vervoer. Dit gaan oor veiligheid, vertroue en mense wat jou wêreld verstaan. ’n Trots Suid-Afrikaanse diens wat jou elke dag veilig by jou bestemming bring.

Die skenking is moontlik gemaak deur julle, ons ondersteuners. Vir elke WANATU rit skenk hulle ‘n gedeelte van die rit koste aan Helpende Hand.

Elke rit tel. Elke rit maak ‘n verskil.

14/05/2026

Elke vrywilliger, oud en jonk, het iets om te bied vir hul gemeenskap.

Gee wat jy kan. Jou geld, jou tyd of jou gawes.

Word ’n Helpende Hand-vrywilliger in jou streek en maak ’n blywende verskil.
pretoriahand.co.za


Address

Bronkhorstspruit
1020

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:30
Tuesday 08:30 - 16:30
Wednesday 08:30 - 16:30
Thursday 08:30 - 16:30
Friday 08:30 - 16:30
Saturday 08:30 - 12:00

Telephone

+27768529845

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Bronkhorstspruit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Bronkhorstspruit:

Share