Dit is vanjaar, 2017, die 10de jaar wat ons hierdie Kersboom aanbied Daar word ook 'n Kersboom vir die twee Ouetehuis, naamlik: Brits Rus-Oord en Sonop Ouetehuis, gehou om die bejaarde mensies te bederf vir Kersfees. Sedert 2002 word Gerhard en Carlie Lindeque se tuin in De Wittslaan, Brits, word elke jaar met kersliggies versier. Die publiek het hierdie tuin die "Liggiehuis" in Brits gedoop. Die
idee van die Kersboom het ontstaan toe Gerhard en Carlie Lindeque hulle tuin vir die publiek in die aande oop maak, sodat die publiek deur hierdie "fairy"-tuin kan loop. Daar was, is nogsteeds, 'n Kersvader op die dak wat besig is om in 'n skoorsteun te klip en die kindertjies het gestop en hulle Kerswensies vir Kersvader vertel. Al kon Kersvader hulle nie hoor nie, was dit hartroerend om dit te hoor. Hierdie Kersboom het onstaan in 2007 en word elke jaar net groter en groter. Ons het in 2007 begin met 150 kindertjies en trek nou al, tien jaar later, op ongeveer 500 kindertjies. Die kindertjies sluit die ouderdom, van pasgebore babatjies tot kinders met die ouderdom van 18 jaar oud in. Die dag van die Kersboom word die pad, De Wittslaan, afgeblok en daar word sprinkastele vir die kinders opgeslaan. Gesiggies word geverf, Buddy Vaugn en die Rodeo Girls (Line Dancers) speel saam met die kinders. Daar is tale Sangers wat die publiek betoor met hulle tallente. Enige persoon is welkom om die Liggiefees by te woon, maar slegs vooraf-geïdentifiseerde kinders sal persentjies van Kersvader ontvang. Daar is baie lekkernye wat vir aan hierdie kindertjies voorsien word. Saam met die persentjie wat Kersvader wat die kindertjies ontvang het, ontvang elke kindjie ook 'n lekkergoed pakkie en elke gesin 'n kospakkie vir die feestyd
Om hierdie Kersboom moontlik te maak, steun die Organiseerders baie op die publiek vir ondersteuning en donasies. In die verlede het die publiek hulle beursies oopgemaak, en ons vertrou dat dit weer so sal wees. Indien u belangstel om deel te word van die Kersboom,of om 'n donasie te verskaf, kontak asseblief enige een van die Organiseerders:
Gerhard Lindeque by 082 928 5364
Carlie Lindeque by 082 476 7056
Ma**ca de Beer by 082 307 7928
of Bosveld Stereo by 012 259 0953
E-pos: [email protected]