Ons Winkel Brits

Ons Winkel Brits Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít rea

liseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

01/09/2026
Kom kyk gerus na die winskopies by Ons Winkel Brits!
28/08/2026

Kom kyk gerus na die winskopies by Ons Winkel Brits!

25/08/2026

📦✨ EXCITING NEWS, ONS WINKEL BRITS CUSTOMERS! ✨📦

We are excited to let you know that Ons Winkel Brits is now working with The Courier Guy! 🎉

That means we are now an official courier drop-off and collection point, making sending and receiving your parcels easier and more convenient! 🚚💨

📍 You can now visit us to:
📦 Drop off your parcels to be sent
📬 Collect your packages
🤝 Enjoy a convenient courier service right here at Ons Winkel Brits!

Whether you're sending a special package to a loved one or collecting something you've been waiting for, we're here to make the process a little easier! 💙🧡

Come visit us, shop for something special, and take advantage of this convenient new service! 🛍️📦

We are so excited to offer even more convenience to our wonderful community. Thank you for your continued support! ❤️

Ons Winkel Brits – helping you shop, send & collect! ✨

25/08/2026
24/08/2026

⬆️⬆️⬆️⬆️⬆️
‘n Groot dankie aan ons skenkers !
Hierbo is items wat ontvang is

Dankie aan ons skenkers en kopers!!
17/08/2026

Dankie aan ons skenkers en kopers!!

15/08/2026
11/08/2026

Vandag verjaar ons Uitvoerende Direkteur - Hannes Noeth

Hannes, dankie vir jou omgee hart, jou liefde vir ons taal, ons land en sy mense. Jy lei Helpende Hand elke dag met diensbaarheid.

Vandag vier ons nie net jou verjaarsdag nie, maar vir jou. Ons leier, ons kompas en ons hoop-skepper.

LEKKER VERJAAR HANNES!

Los jou gelukwense vir Hannes in die kommentaar-afdeling.

Address

Kerk Straat 14
Brits
0250

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27827535422

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Brits posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Brits:

Shortcuts

Share