Bredasdorp Heritage Association

Bredasdorp Heritage Association Celebrating and protecting our heritage, while inspiring others to value the stories that shape us.

Sal KAM en Erfenis Weskaap ons toestemming gee om voort te gaan met die herbou van hierdie outentieke Elim Huisie op die...
27/05/2026

Sal KAM en Erfenis Weskaap ons toestemming gee om voort te gaan met die herbou van hierdie outentieke Elim Huisie op die Skeepswrakmuseum gronde?
Sal ons gemeenskap ons bystaan in die:
KOSTES? sloping - aansoek vir herbou - kosteberekening - afgetekende planne - fondament grawe - materiaal - poging om deure en vensters te replikeer - help met dek van dak?

As daar 'n brief uitgestuur word - sal u antwoord met 'n Ja, graag??
Hierdie nuutgestigde vereniging het nie die fondse nie, maar wel die toegeneentheid van KAM en toestemming van die eienaars.

Ons verneem graag u opinie.

Our history is our KRAAL, our Heritage. 'Our' being every registered South African.   This article in Daily Maverick is ...
27/05/2026

Our history is our KRAAL, our Heritage. 'Our' being every registered South African.
This article in Daily Maverick is a grim reminder. I shudder when I read the history now taught in schools - undeniably politically contracted. Removing many from their roots....... and identity.
All in the name of DEMOCRACY. Divide and conquer. Let us stand together in Bredasdorp Heritage Association, to make our town strong and undivided. Let us respect each other, each other's religion, each other's culture and cultural heritage - knowing that we are all human, with the same needs. Knowing that politics like dividing us and making us vulnerable. There is an election coming up - be prepared. Be savvy - speak, do not say nothing. Evil thrives when good men stay silent.
AND SUPPORT OUR HERITAGE PROJECTS WHEREEVER YOU CAN.
We serve all our citizens, and progeny.

Elim Huisie - Erf 326 Bredasdorp.  Carolinestraat.  Die laaste een wat nog effens staan.  Wat is BHA se planne daarmee??...
17/05/2026

Elim Huisie - Erf 326 Bredasdorp. Carolinestraat. Die laaste een wat nog effens staan. Wat is BHA se planne daarmee????
In 1968 het Kerkstraat / AllSaintsstraat vol sulke huisies gestaan. Modernisering het hul of totaal verander of laat sloop.
Hoe red ons hierdie huisie??
Ons bou hom oor as replika by die Skeepswrakmuseum gronde!! Maar daarvoor het ons 'community spirit' nodig - almal moet saamwerk om dit moontlik te maak!!

Can we do this with Elim Huisie???
12/03/2026

Can we do this with Elim Huisie???

Heuningberg Hanging gardens in a couple of years' time?? AI interpretation of this association's dream
12/03/2026

Heuningberg Hanging gardens in a couple of years' time?? AI interpretation of this association's dream

Die Verhaal van Karel De Baan Lourens, die Overbergse Man wat verdwyn het in 1954/5. Soos vertel deur sy kleindogter, Et...
10/03/2026

Die Verhaal van Karel De Baan Lourens, die Overbergse Man wat verdwyn het in 1954/5.
Soos vertel deur sy kleindogter, Etnah Wolfaardt Lourens.

My oupa was ‘met die helm’ gebore, en hy het my pa, Jan Lourens, voorspel dat hy ‘n dogter as laatlam sou hê.
Oupa Karel was altyd ‘n bietjie eksentriek en teruggetrokke – en ons het jare later besef dat hy ‘n bloedgeen gehad het wat Asperger’s sindroom veroorsaak het en vinniger aanleiding gegee het tot Alzheimers.
Ek is inderdaad na my oupa se verdwyning gebore – 2 jaar later. (1956)
My oudste broer, Christo, oorlede 26.8. 2016, en ek as jongste, soek ons lewe lank al na ‘clues’ oor ons oupa.
Ek, omdat ek versot was op my pa, wat vroeg gesterf het, toe ek 11 jaar oud was. Ons het op Nachwacht gebly waar my pa gewerk het vir Gideon Albertyn. Oupa se vrou, Ouma Hanna, is 19.10. 1953 oorlede, en Oupa, wat op Klein Brandfontein gewoon het, was vir ‘n wyle alleen. Toe hy egter te vergeetagtig raak (daar was selfs gerugte dat hy aan geheueverlies gely het as skok), het hy by sy seun, Piet Smiles Lourens op Brandfontein ingetrek, waar skoondogter Katy na hom omgesien het.
Hy was ‘n kenner van sy omgewing, en veral die kus, en het gereeld vir lang ente gaan stap. Ook gereeld oorgeslaap by vriende op sy roete voor hy terugstap. Sy aandeel aan die veilige aan land bring van bemanning van die Queen Anne wat in 1943 gestrand het naby Brandfontein, is nog ‘n heldeverhaal in sy beskeie lewe.
Sy bynaam het hy gekry toe hy as jongman ge’dare’ is om deel te neem aan die myl wedloop by sy alma mater skool, Bredasdorp (toe nog laer en hoërskool saam) en hy waarimpel, tot sy pêlle se verbasing, hom uittrek tot by sy lang onderbroek, skoene uit en kaalvoet meeding met die atlete. Tot almal se verbasing maak hy ‘n volle baanlengte voor al die ander klaar – en daar het jy dit! Karel ‘van de baan’ Lourens, vandaar bekend as Karel de Baan!
Eienaardig genoeg, is ek ook ‘n natuurlike atleet. Ek is Bethal (suid Tvl) toe nadat ek getroud is met my eerste man (Wolfaardt), en het aan Die Voet van Afrika, kom deelneem. Vandaar weer altyd die heimweë gehad om weer hier te kom bly. Dit het in 2025 gebeur, op aftrede op 70 jaar.
My pa het altyd die versugting gehad om iets van sy pa op te spoor, al was dit net ‘n skoen of ‘n horlosie, wat ons in Oupa se graf kon sit. (Oupa en Ouma se graf is plaaslik, hier op Bredasdorp, gemerk, “Vader, Vermis”).
En nou moet ons seker maar gou weer die storie herhaal waaroor vele skrywers al geskryf het (soos Lizette Payne en Johan Lourens). Oupa Karel was die man wat weggeraak het in ons omgewing, in 1954.
Na Ouma se afsterwe, het Oupa sy pensioen gekry sedert 25.1.1952, einde van die maand, en dan het Pa Jan dit gaan ontvang en aankopies gedoen vir Oupa, terwyl Pa op Nachwacht gebly het. (Oupa se sterftesertifikaat is finaal uitgereik 9.5.56.) Oupa het dan die staptog van 22 myl onderneem, altyd op dieselfde roete, verby Springfield, die kortste pad na Nachwacht. By Pa en gesin aangekom, altyd bietjie vertoef, dan sy aankope in die sak aan sy stok geknoop en soos dit ‘n ‘vagabond’ pas, met sak aan ‘n stok oor die skouer, die terugtog aangepak, gewoonlik vroeg die daaropvolgende oggend. Soms het hy langer vertoef, en dit kon nog niemand tot nou toe beaam of weersê nie, veral nie na Pa Jan se dood (1964) nie. Dit pla my nog geweldig – ek wens so iemand kan lig daarop werp!! Wanneer het Oupa gekom, hoe lank gebly, wanneer vertrek??
So Oupa is daar weg een vroeg oggend, en is nooit weer gesien nie. Aangesien die Vleilande vol was (goeie reëns) het die groot soektog na Oupa, wat maande geduur het, met jaghond, perd, noodvoertuig, skip, wat-jy- ookal- kan- d**k wie of wat kon soek op land of see of water, is daar later tot die slotsom gekom dat Oupa diep in water lê, nou al diep onder slik. ‘n Ander teorie was dat Oupa Karel, wat ‘n hinderlike, jeukerige ekseem op sy een skeen gehad het, dit oudergewys in water gelaaf het op pad, en deur ‘n slang gebyt is. Nog teorieë was dat Oupa Karel by enigeen in ‘n motor sou klim – en letterlik enige plek in SA kon wees!!
So Oupa is nooit opgespoor nie. Dit hang maar altyd soos ‘n swaard oor die kop. Ouboet Christo se stokperdjie was ‘n metaalverklikker, waarmee hy skatte opgediep het – miskien met die strewe om Oupa se horlosie op te eien? Vir altyd op soek. (Sy boekie, Bladsteek in die Overstand Kontrei verwys.)
Tot vandag toe, 72 jaar later (2026), na Oupa Karel se verdwyning, weet ons nog nie verseker wanneer Oupa weg is van Nachwacht daardie dag, en hoe lank dit geneem het voordat hy as vermis beskou is nie.
Dit is wat ek voel, my pa Jan graag ook sou wou weet, en – wat betref die geraamte wat gevind is volgens die Rapport in 1972, dit was ook nie hy nie.
Karel de Baan – inderdaad, die Overbergse man wat verdwyn het, in 1954/55.

Storie: Etnah Wolfaardt Lourens
Geskryf deur WL van der Harst de Wet, Februarie 2026

Foto's: Oupa met hoed, en Ouma Hannie voor hom
Die grafsteen
Die pet-wapen wat die dankbare offisier van die Queen Anne aan Oupa gegee het - The Merchant Navy pet-wapen

Nog ñ pragtige Strandveld boek om te lees van SD Fourie. Ñ roman gebaseer op Geskiedenis. By Bredasdorp Biblioteek of op...
03/03/2026

Nog ñ pragtige Strandveld boek om te lees van SD Fourie. Ñ roman gebaseer op Geskiedenis. By Bredasdorp Biblioteek of op die Libby toep.

26/02/2026

🌿 Listening, as Ireland once understood it.

In his work, Manchán Magan explores how language shapes our relationship with land and memory. In Thirty-Two Words for Field, he highlights how Irish words often describe landscape in ways modern English does not.

Words such as glas, a shifting blue green used for grass, sea, or growth, and rua, a red tone often associated with hair or natural colour, remind us that older vocabularies did not divide the world into neat categories.

Magan argues that language influences how we notice and value place. Whether in Irish or English, the act of paying attention remains central.

Language and land have long been connected in Ireland. That connection has changed over time, but it has never entirely disappeared.



📸 Irish Roots

Interested??
26/02/2026

Interested??

Het jy ’n huis vol stories, oudhede en herinneringe?
Of droom jy daarvan om jou eie huismuseum te skep?

Die “Museum vir elke huis”-kursus leer jou nie net hoe om verskillende soorte oudhede korrek te versorg nie, maar ook hoe om jou eie huismuseum professioneel in te rig, jou versamelings te bewaar en strategies te bemark.

Hierdie omvattende kursus neem jou stap vir stap deur alles wat jy moet weet – van die eerste idee tot ’n funksionerende, volhoubare huismuseum.

Of jy ’n passievolle versamelaar, erfenisentoesias of gemeenskapsverteller is – hierdie kursus gee jou die kennis en selfvertroue om jou stories te deel.

👉 Maak van jou huis ’n museum.
👉 Bewaar jou erfenis.
👉 Deel jou storie met die wêreld.

Klik hier om vir hierdie kursus in te skryf: https://es.org.za/product/museum-vir-elke-huis/

26 Februarie 2026: AnniversaryGedurende die nag van 26 Februarie 1852 het die Britse troepeskip die Birkenhead by wat be...
26/02/2026

26 Februarie 2026: Anniversary
Gedurende die nag van 26 Februarie 1852 het die Britse troepeskip die Birkenhead by wat bekend:staan as Danger Point digby vandag se Gansbaai 'n ongekarteerde rots getref en gesink.

Address

Bredasdorp
7280

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bredasdorp Heritage Association posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Bredasdorp Heritage Association:

Share