Ons Winkel Brakpan

Ons Winkel Brakpan Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang.

Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke

van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:

 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Sanet Kok, Emihle Nana
06/05/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Sanet Kok, Emihle Nana

Shout out to our newest followers! Excited to have you onboard! Sanet Kok, Emihle Nana
06/05/2026

Shout out to our newest followers! Excited to have you onboard! Sanet Kok, Emihle Nana

10/04/2026

Jy skenk…
Ons sorteer…
Iemand kry hoop.
Kyk hoe jou skenking ’n verskil maak.

Maak n verskil in iemand se lewe deur n skenking te maak aan Ons Winkel Brakpan.  Skenk reg, en skenk n toekoms ..... Su...
09/04/2026

Maak n verskil in iemand se lewe deur n skenking te maak aan Ons Winkel Brakpan. Skenk reg, en skenk n toekoms .....
Suzette Le Grange Chantel De Beer Chantel De Beer

24/03/2026

Step in...

Discover...

Make a difference...

Ons Winkel Brakpan

Esme Bronkhorst Flip Bronkhorst  Ons Winkel Brakpan Ons Winkel Nigel
11/03/2026

Esme Bronkhorst Flip Bronkhorst Ons Winkel Brakpan Ons Winkel Nigel

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Esmé van Ons Winkel Brakpan. Sy is sedert 2020 die trotse winkeleienaar en werk saam met haar span om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Ten spyte van uitdagings in hul gemeenskap, sien hulle daagliks hoe items uit die winkel mense se lewens raak en verander.

Kom ondersteun Ons Winkel Brakpan en word deel van ’n storie wat saak maak.

Dankie Esmé vir die verskil wat jy en jou span maak.

📍 Voortrekkerstraat 642, Brakpan, Gauteng

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel Brakpan

Meubels 🪑’n Eenvoudige meubelstuk kan ’n huis weer ’n tuiste maak.’n Stoel, tafel of kas wat jy nie meer gebruik nie, ka...
11/03/2026

Meubels 🪑

’n Eenvoudige meubelstuk kan ’n huis weer ’n tuiste maak.

’n Stoel, tafel of kas wat jy nie meer gebruik nie, kan iemand anders help om weer oor te begin.

Meubels wat geskenk word, kry by Ons Winkel Brakpan weer ’n nuwe plek.

Jou skenking maak ’n verskil.

Kitchenware 🍽Those plates and cups in your cupboard could help set someone else’s table again.Kitchenware that you no lo...
10/03/2026

Kitchenware 🍽

Those plates and cups in your cupboard could help set someone else’s table again.

Kitchenware that you no longer use can easily find a new home.

At Ons Winkel Brakpan, kitchenware gets a second life.

Thank you to everyone who helps make a difference.

Donors.Shoppers.Supporters.You are the heart of Ons Winkel Brakpan ❤️📍 Voortrekkerstraat 642, Brakpan📞 084 225 9100
06/03/2026

Donors.
Shoppers.
Supporters.

You are the heart of Ons Winkel Brakpan ❤️

📍 Voortrekkerstraat 642, Brakpan
📞 084 225 9100



Jy sien ’n winkel.Ons sien ’n hart.🧡Vandag ontmoet jy die hart vanOns Winkel Brakpan
04/03/2026

Jy sien ’n winkel.
Ons sien ’n hart.🧡

Vandag ontmoet jy die hart van
Ons Winkel Brakpan

Address

642 Voortrekker Staat
Brakpan
1540

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27842259100

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Brakpan posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Brakpan:

Share