Kanonkop Voortrekkers

Kanonkop Voortrekkers Die Voortrekkers bemagtig moderne Afrikaners, in besonder sy jeug, om as positiewe Burgers en konsek

Die Voortrekkers se Kernwaardes is gedeelde persepsies wat ons grense definieër en ons keuses bepaal. Dit omskryf die houding, ingesteldheid, optrede en karakter van die beweging. Die Voortrekkers staan vir:
Moderne Afrikanerskap
Positiewe Burgerskap
Konsekwente Christenskap

Die wese van Die Voortrekkers omskryf wat die beweging primêr in wese is en wat ons doen. Die Voortrekkers is 'n kultuurbew

eging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hul roeping tot diens. Met "suksesvol" word bedoel dat elkeen sy volle potensiaal sal bereik deur effektiewe persoonlike leierskap. Die visiestelling van Die Voortrekkers beskryf die medium- tot langtermyn doelwitte. Die Voortrekkers se toekomsbeplanning bestaan uit twee dele:
Toekomsplan 2017 is die vier-jaar-plan en Toekomsblik 2020 die langer termyn vooruitsig wat met Kongres van 2005 geformuleer is. Die Voortrekkers se 10 doelstellings is universele, nie-kulturele, nie-geografiese beginsels waaraan ons, ons lewens anker. Die Voortrekkerkode word direk uit hierdie doelstellings geformuleer. Om die geloof in God Drie-enig te vestig;
Om op alle terreine ‘n Bybels-Christelike lewe te lei;
Om hantering van gesag te ontwikkel;
Om die Afrikanerkultuur oor te dra en uit te bou en om ons kultuurerfenis te waardeer en te bewaar;
Om uit die verlede van die Afrikaner te neem wat goed is en daarop te bou vir die toekoms;
Om ons omgewing waar te neem, te waardeer en te bewaar;
Om tot goeie landsburgers te ontwikkel;
Om leierseienskappe uit te bou en te vestig;
Om gewoontes van oplettendheid, ondersoek, waardering, selfstandigheid en selfdissipline te ontwikkel;
Om ingesteldheid van diensgerigtheid en diensvaardigheid aan te kweek.

05/06/2026

🍲❤️ Met ’n hand vol omgee en ’n hart vol diensbaarheid het Kanonkop weer saamgespan om ons sopbottels vir die gemeenskap vol te maak.

Laag vir laag is elke bottel gevul met:
🌾 Rys
🥣 Soup Mix
🧂 Soppoeier
🐄 Beesblokkies
❤️ En baie liefde

’n Opregte dankie aan elke Voortrekker, ouer en ondersteuner wat gehelp het om die bottels vol te maak, asook aan elkeen wat bestanddele geskenk het. Sonder julle vrygewigheid sou hierdie projek nie moontlik gewees het nie.

Dit is ongelooflik om te sien hoe ’n gemeenskap saamstaan om ’n verskil te maak in ander se lewens. Elke bottel wat gevul word, dra nie net kos nie, maar ook hoop, warmte en omgee.

Dankie dat julle saam met ons ligdraers in die wêreld is. ✨

05/06/2026

Jaarlikse sop bottel projek aan die gang. Dankie aan almal se bydraes.Elkeen verdien iets warm in die maag.

03/06/2026
Vanoggend was die gebiedsjeugleier balkie oorhandig. Dankie vir jou diens Stefan en baie sterkte Hendra met die komende ...
17/05/2026

Vanoggend was die gebiedsjeugleier balkie oorhandig. Dankie vir jou diens Stefan en baie sterkte Hendra met die komende jaar.

🌟 GROOT NUUS VAN KANONKOP! 🌟Met ongelooflike trots en opgewondenheid deel ons dat twee van ons Graad 12 Verkenners die H...
23/04/2026

🌟 GROOT NUUS VAN KANONKOP! 🌟

Met ongelooflike trots en opgewondenheid deel ons dat twee van ons Graad 12 Verkenners die Hoofleierswag eksamen suksesvol geslaag het! 🙌

🎉 Baie geluk aan:
✨ Neré Scholtz
✨ Sumari Nel

Julle harde werk, deursettingsvermoë en leierskap wys regtig wie julle is – ware Voortrekkers wat ligdraers in die wêreld is! 💛

’n Spesiale woord van dank en geluk ook aan julle ongelooflike offisiere:
👏 Nig Jorina Minnie
👏 Neef Johan Maree

Dankie vir julle leiding, ondersteuning en die rol wat julle speel in die vorming van hierdie jong leiers.

Ons is ongelooflik trots op julle almal – dit is ’n groot prestasie! 💚
Eenmaal ’n Voortrekker, altyd ’n Voortrekker! 🇿🇦🔥

Skryf in vir die Verkenner Spesialisasie naweek!
15/04/2026

Skryf in vir die Verkenner Spesialisasie naweek!

Onthou om in te skryf!
15/04/2026

Onthou om in te skryf!

Kanonkop Nuusflits 📣
15/04/2026

Kanonkop Nuusflits 📣

Baie geluk aan al die verkenners verkies as jeugleiers. Welgedaan aan die twee Kanonkoppers Hendra en Anru, wat onderske...
14/04/2026

Baie geluk aan al die verkenners verkies as jeugleiers. Welgedaan aan die twee Kanonkoppers Hendra en Anru, wat onderskeidelik verkies is tot Gebiedsjeugleier en Oordjeugleier.

13/04/2026

Aan alle PV -Kandidate: Begin jou reis met die laaste 4 letters van die woord "eksamen"!
Voortrekkers ken die pad—en julle is gereed.
Bly gefokus, bly trots, en gee julle beste.
Sterkte met die Hoofleierswageksamen! 🧭

Address

NG Kerk Protea Hoogte, Heuwel Straat
Brackenfell
7560

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 18:00 - 19:00

Telephone

+27 81 354 2519

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kanonkop Voortrekkers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Kanonkop Voortrekkers:

Share