Solidariteit Helpende Hand Vrystaat Streek

Solidariteit Helpende Hand Vrystaat Streek Welkom by die blad vir die Vrystaat streek. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Beskerm jouself.

Kliek hier vir die Nasionale blad: https://www.facebook.com/helpendehand
Vrystaat streek Landingsblad:
vrystaathand.co.za SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgen

de kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Die Solidariteit Opleidingsinstituut loop ‘n pad met diegene wat ‘n verskil in hul eie lewe en ander s’n wil maak. Op di...
27/08/2026

Die Solidariteit Opleidingsinstituut loop ‘n pad met diegene wat ‘n verskil in hul eie lewe en ander s’n wil maak. Op dié manier ontwikkel ons gemeenskappe.

'𝐧 𝐏𝐬𝐚𝐥𝐦𝐬𝐢𝐧𝐠𝐞𝐧𝐝𝐞 𝟐𝟎𝟐𝟔 𝐊𝐨𝐧𝐠𝐫𝐞𝐬 Vyftien streke. Sowat 230 dorpe en takke en meer as 500 mense wat vir drie dae in Pretoria...
26/08/2026

'𝐧 𝐏𝐬𝐚𝐥𝐦𝐬𝐢𝐧𝐠𝐞𝐧𝐝𝐞 𝟐𝟎𝟐𝟔 𝐊𝐨𝐧𝐠𝐫𝐞𝐬

Vyftien streke. Sowat 230 dorpe en takke en meer as 500 mense wat vir drie dae in Pretoria bymekaargekom het om saam te d**k, saam te beplan en saam te droom. Die Vrystaat was bevoorreg om deel te wees hiervan. Hierdie was méér as ’n kongres waar ’n organisasie sy koers vir die volgende vier jaar bepaal het. Dit was ’n Psalmsingende Kongres.

Solidariteit Helpende Hand glo in sterk strukture. Ons glo dat volhoubaarheid gebou word wanneer gemeenskappe van onder af versterk word. Ons glo in werk, in opvoeding, in opleiding, in ontwikkeling en in mense wat toegerus word om self ’n toekoms te bou.

Ons glo in Welstand deur Werksyn +1.Ons glo ook dat selfdoen nie beteken dat ons dit alleen doen nie. Ons bou omdat ons glo.
Ons glo omdat ons bou.

Daarom het die Psalms deur die drie dae ’n goue draad deur die kongres getrek. Psalm na Psalm is uit volle bors saam gesing. Ons het begin by Eksodus 15:2:"Die Here is my krag en my psalm.” Deur alles wat bespreek, beplan en gedroom is, het ons telkens teruggekeer na dieselfde waarheid: ons krag kom nie uit onsself nie.

Ons kan strukture bou.
Ons kan gemeenskappe ontwikkel.
Ons kan mense oplei.
Ons kan takke versterk.
Ons kan hande vat en netwerke bou.
Ons kan ons impak vergroot, maar uiteindelik is dit God wat ons krag gee.

Die kongres het daarom nie net oor prestasie en planne gegaan nie. Dit het gegaan oor impak. Oor die besluit om nie uit te stel nie, maar vandag te begin bou. Om in elke streek, in elke dorp, in elke tak en in elke gemeenskap ’n verskil te maak.

Verandering gebeur nie deur kitsoplossings nie. Dit vat tyd. Dit vra harde werk. Dit vra goeie opvoeding, opleiding, ontwikkeling en mense wat bereid is om hulle hande uit te steek. Dit vra hoop.

Dit is hoe gemeenskappe verander word.
Dit is hoe voorspoed gebou word.
Dit is hoe mense weer voel: ek behoort hier.

Dalk was dit juis die grootste boodskap van hierdie Kongres: dat Helpende Hand nie net ’n netwerk van takke, streke, projekte, instellings, personeel en vrywilligers is nie. Dit is ’n netwerk van mense wat glo, bou en behoort.

Die Psalms het ons gelei na ’n eenvoudige, maar kragtige belydenis – ’n boodskap aan elke vrywilliger, elke kwesbare bejaarde, elke persoon met 'n gestremdheid, elke gesin en elke kind:

God is getrou. Vertrou Hom.

Ons hart bely dit.
Ons lippe sing dit.
Ons hande doen dit.

Dit is die gesindheid waarmee Helpende Hand die volgende vier jaar tegemoetgaan.

Nie terug nie.
Nie huiwerend nie.
Nie deur te wag tot alles gereed is nie.

Vorentoe. Altyd vorentoe.

Welstand deur Werksyn +1 Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026Dag 2
25/08/2026

Welstand deur Werksyn +1
Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026
Dag 2

Welstand deur Werksyn +1 Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026Dag 1
25/08/2026

Welstand deur Werksyn +1
Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026
Dag 1

24/08/2026

Caeleigh Joubert het gaan inloer by Onze Rust Landgoed naby Bloemfontein – Hou hierdie spasie dop, want ons het iets opwindends op pad vir ons Stories van die Verlede - Oudhedeveiling fondsinsameling, wat op 20 Oktober 2026 plaasvind.

Kyk die video-opname om uit te vind wat die rede vir die besoek was!

Is jy ’n liefhebber van Afrikaner geskiedenis en die stories wat ou voorwerpe vertel? Of dalk self ’n verkoper of koper van Afrikaner-oudhede? Dan is hierdie besonderse geleentheid beslis iets om na uit te sien.

Klik gerus op die skakel hieronder om meer oor die geleentheid te lees: https://vrystaathand.co.za/stories-van-die-verlede-oudhedeveilig/

Welstand deur Werksyn Kongres - Plus Een met Hart💙
24/08/2026

Welstand deur Werksyn Kongres - Plus Een met Hart💙

Maria en MartaSien wat ewig isOns ken Maria en Marta, twee susters van die dorpie Betanië, hoofsaaklik as die susters va...
23/08/2026

Maria en Marta
Sien wat ewig is

Ons ken Maria en Marta, twee susters van die dorpie Betanië, hoofsaaklik as die susters van Lasarus. Ander onthou Jesus se uitroep: "Marta, Marta ..." (Luk. 10:41), en d**k aan iemand wat haastig, selfs gespanne rondskarrel.

Hoewel hierdie twee volgelinge van Jesus ons 'n paar dinge kan leer oor angstig besig wees, selfs besig wees met dinge van die Here, is daar baie meer wat ons by hulle kan leer oor groei in ons verhouding met Jesus, oor werklik luister na sy Woord, en dan hierdie Woord uitleef in aktiewe geloof.

Hierdie vroue kan ons ook die verskil leer tussen dit wat ewigheidswaarde het en wat van minder belang is vir die ewigheid. Hulle kan ons baie wys oor die Here se geduld met sy dissipels en oor hoe Hy die volheid van sy planne ten uitvoer bring. Hulle kan ons 'n paar dinge wys oor die verskil tussen tyd en tydsberekening. Soos Maria en Marta sou uitvind, is Jesus die meester van volmaakte tydsberekening. Hierdie twee volgelinge van Jesus leer ons ook heelwat oor egte aanbidding, die soort aanbidding waarin Jesus behae het.

Help ons om meisies in nood te help. Raak betrokke by die HelpHetta-projek.www.helphetta.co.za
20/08/2026

Help ons om meisies in nood te help. Raak betrokke by die HelpHetta-projek.

www.helphetta.co.za

Word deel van die FroueVonds-beweging en help om vroue te bemagtig om hul gemeenskappe positief te beïnvloed.www.frouevo...
19/08/2026

Word deel van die FroueVonds-beweging en help om vroue te bemagtig om hul gemeenskappe positief te beïnvloed.

www.frouevonds.co.za

‘𝒏 𝑾𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆𝒗𝒐𝒍𝒍𝒆 𝒇𝒐𝒌𝒖𝒔 𝒐𝒑 𝒅𝒆𝒎𝒆𝒏𝒔𝒊𝒆 𝒆𝒏 𝒃𝒓𝒆𝒊𝒏𝒈𝒆𝒔𝒐𝒏𝒅𝒉𝒆𝒊𝒅 𝒊𝒏 𝑲𝒐𝒑𝒑𝒊𝒆𝒔Op 13 Augustus het Roné Jansen van Vuuren, Maatskaplike We...
18/08/2026

‘𝒏 𝑾𝒂𝒂𝒓𝒅𝒆𝒗𝒐𝒍𝒍𝒆 𝒇𝒐𝒌𝒖𝒔 𝒐𝒑 𝒅𝒆𝒎𝒆𝒏𝒔𝒊𝒆 𝒆𝒏 𝒃𝒓𝒆𝒊𝒏𝒈𝒆𝒔𝒐𝒏𝒅𝒉𝒆𝒊𝒅 𝒊𝒏 𝑲𝒐𝒑𝒑𝒊𝒆𝒔

Op 13 Augustus het Roné Jansen van Vuuren, Maatskaplike Werker en Streeksbestuurder: Noordwes-streek van die Vereniging vir Demensie en Alzheimersiekte van Suid-Afrika (ADASA), twee besonder insiggewende sessies in Koppies aangebied.

Die sessies het gefokus op demensie en breingesondheid, met waardevolle inligting, praktiese raad en ’n groter bewustheid rondom ’n onderwerp wat soveel mense en gesinne raak.

Die Solidariteit Helpende Hand Koppiestak het hierdie twee geleenthede gereël, en ons is dankbaar vir die goeie ondersteuning vanuit die gemeenskap.

Die oggendsessie by Huis Emily Hobhouse Aftreeoord is deur 56 persone bygewoon, terwyl 35 persone die middagsessie by die NG Moedergemeente se kerksaal bygewoon het.

Baie dankie aan Roné vir die deel van haar kennis en kundigheid, asook aan elke persoon wat die tyd afgestaan het om hierdie belangrike gesprek by te woon.

Deur kennis te deel en bewustheid te skep, kan ons saam help om ’n beter begrip van demensie te bevorder en ondersteuning te bied aan diegene wat daardeur geraak word.

Vir meer inligting oor projekte in jou gemeenskap, besoek gerus www.vrystaathand.co.za of kontak vir Jú-mari van Schalkwyk by 082 412 5470 om betrokke te raak in jou gemeenskap.

Address

6 CP Hoogenhout Street
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

051 430 6153

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Vrystaat Streek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share