Shalom Givers

Shalom Givers Ek beoog om elke maand te konsentreer op een van bogenoemde items en meer

Ek fokus grotendeels op minder bevoorregte kinders en samel enige iets van kos, klere, speelgoed, baba produkte ens in en gee aan organisasies uit om hulle te help.

15/02/2024

*"Wie moet ons gehoorsaam?"*

Dis deel van ons kultuur om trots te wees daarop dat ons onafhanklik kan redeneer.
Dit is nie diegene wat swak is wat in gehoorsaamheid wandel nie, maar dié wat sterk is.
Die weg na God se teenwoordigheid behels dat ons na God se stem moet luister en dan die waarheid gehoorsaam wat Hy aan ons openbaar.
"_Dit vat moed en ñ gewillige hart om dit wat maklik, seker en bekend is agter te laat en die Gees van God toe te laat om ons te lei_"

Abram het nie toegelaat dat slegte omstandighede sy geloof in God beinvloed nie.

Langs die weg van God moet ons Sy Woord gehoorsaam en in geloof onwankelbaar voortgaan op ons reis. Deur hierdie gehoorsaamheid openbaar God Homself op ñ nuwe manier aan ons.

Jesaja 26:7-9 "Die pad van die regverdige is reguit. Regverdige Een, U maak die pad van die regverdige gelyk. Here, ons doen graag wat U van ons vra. Ons enigste begeerte is om U Naam te eer. Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is."

*God wil ons nader aan Sy teenwoordigheid trek deur middel van gehoorsaamheid. Rig jou hart so dat jy na God kan soek. Reinig jou hande en suiwer jou hart. Beweeg dan vorentoe in geloof*

🕊️Mag Jesus ons lei om gehoorsaam aan Hom te wees in alle opsigte van ons lewe, sodat ons nader en nader kan kom aan Hom en Sy teenwoordigheid in oorvloed kan ervaar in ons lewe! Dis n begeerte van my om Jesus se teenwoordigheid te kan aanvoel en Sy stem te kan hoor! Deur gehoorsaamheid aan Hom, sal Hy Homself aan ons openbaar🕊️

Address

Bloemfontein

Telephone

+27827429564

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Shalom Givers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Shalom Givers:

Share