Ons Winkel Bloemfontein

Ons Winkel Bloemfontein Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Ons ondersteun Facebook se waardes.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand (SHH) se amptelike Facebook-blad. SHH is 'n niewinsgerigte organisasie wat gemeenskappe met opvoeding, opleiding en ontwikkeling ophef. Ons fokus op kinders, ouer persone, persone met gestremdhede en gesinne in nood en rol projekte

en programme reg oor Suid-Afrika uit. As jy kru taal gebruik of rassistiese of onvanpaste opmerkings maak, of as jy ander boelie, teister of intimideer, sal jy van die blad verban word. Ons waardes
1. Ons beskerm die privaatheid en persoonlike veiligheid van ons verbruikers, veral begunstigdes. Ons maak nie die identiteit van of inligting oor enigiemand wat hulp soek aan die publiek bekend nie. Ons laat geen hulpversoeke, kommentaar of boodskappe deur derde partye toe nie.
2. Beskerm jouself. Moenie persoonlike inligting aanlyn deel nie.
3. Beskerm ons kinders. Moenie foto’s van kinders op ons kommentaarafdeling plaas of met ʹn persoonlike boodskap vir ons stuur nie.
4. Tree eties en verantwoordelik op. Moenie wanvoorstellings van enigiets of -iemand maak nie.
5. Toon respek vir ander se menings en verskille soos kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid en huwelikstatus.
6. Die volgende is streng verbode:
- Negatiewe kommentaar oor SHH en enige van sy werknemers en vrywilligers
- Haatspraak
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taal
- Aanstootlikhede
- Pornografie
- Strooipos ("spam")
- Bemarking van jou produk of diens
SHH verskaf nié die volgende nie:
- Statutêre maatskaplike dienste, insluitend die beveiliging van kinders
Ons gee wel raad en verwys mense na geregistreerde Kinderbeskermingsorganisasies wat statutêre dienste lewer.
- Finansiële bystand met verbands- of huurkoste, elektrisiteitsrekeninge, die herstel van wonings, trek- of reiskoste, mediese aangeleenthede, begrafnisdienste en borgskappe
- Behuising

22/08/2026
Spoiler alert.  So much to choose from.  Come see for yourself.
20/08/2026

Spoiler alert. So much to choose from. Come see for yourself.

Nou halfprys tot en met 31 Augustus 2026.
19/08/2026

Nou halfprys tot en met 31 Augustus 2026.

Day two of our brilliant winter sale!  Why pay full price when you can PAY 50% LESS on ALL WINTER WEAR!Come and grab tho...
19/08/2026

Day two of our brilliant winter sale! Why pay full price when you can PAY 50% LESS on ALL WINTER WEAR!
Come and grab those winter bargains before they’re gone! SALE ENDS: 31 AUGUST 2026.

Please share the good news. All winter clothing less 50% from 18 to 31 August 2026.
17/08/2026

Please share the good news. All winter clothing less 50% from 18 to 31 August 2026.

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simb...
14/08/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.
By Ons Winkel Bloemfontein glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons vandag die geleentheid aangegryp om 'n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap te maak deur 'n item uit ons winkel te skenk aan iemand wat dit werklik nodig het.
127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop
As deel van die 2026 se Dade van Hoop-projek was dit vir Ons Winkel Bloemfontein 'n voorreg om iemand in ons gemeenskap te ondersteun met ’n item wat hul benodig uit ons winkel.
Hier is Ons Winkel Bloemfontein se Daad van Hoop.

Ons sien uit om al die maats se kunswerke uit te stal. Bring vir pappa en mamma en kom wys hulle waar jy jou prentjie ga...
13/08/2026

Ons sien uit om al die maats se kunswerke uit te stal. Bring vir pappa en mamma en kom wys hulle waar jy jou prentjie gaan opsit vir almal om te sien. Dankie Marli Buys .

Address

Shop 4 & 5 Pretorius Building, 34/38 Nelson Mandela Avenue
Bloemfontein
9331

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Bloemfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Bloemfontein:

Shortcuts

Share