Angel Hearts - Workshop for people with disabilities

Call Directions Contact the organization

Angel Hearts - Workshop for people with disabilities Angel Hearts is 'n nie-winsgewende organisasie vir mense met gestremdhede. Hier word die mense met baie liefde geleer om kreatief te wees en dit uit te leef.

Ek het hierdie werkswinkel begin, omdat ek besef het dat daar 'n behoefte is vir gestremde mense, wat wel handvaardighede kan aanleer, om iewers in die samelewing in te pas en te kan funksioneer. Ek het twee jaar as vrywilliger by 'n werkswinkel gewerk waar daar 55 gestremde mense is, en het daar besef dat ek regtig 'n passie het om met hulle te werk. Angel Hearts werkswinkel is begin deur baie gebed en leiding van God af. Almal van ons wat hier betrokke is, se harte klop vir Jesus en ons groei daagliks daarin. Vandat ek hierdie plekkie begin het beleef ek elke dag hoe God se hand hier in werking is, en ons deel dit met mekaar en leef dit uit. Dit is vir my wonderlik om te sien hoe elke gestremde mens hier groei en deel word van die mense wat ons kom besoek. Mens kan nie anders as om net lief te word vir hulle nie. Ek het nog baie drome vir Angel Hearts. Ek besef egter as daardie droom in God se plan is dan sal dit so wees. Karen Kemp

Vir pragtige juffrou sakke kontak vir my Karen Kemp by 082 871 31 21 Hierdie is nou beskikbaar by ons werkswinkel. Angel...
19/10/2026

Vir pragtige juffrou sakke kontak vir my Karen Kemp by 082 871 31 21
Hierdie is nou beskikbaar by ons werkswinkel. Angel hearts, Leviseurstraat 4B, Westdene, Bloemfontein. Ons koerier ook landwyd.

Pragtige juffrou sak en potloodsakkie R400Angel hearts workshop for people with disabilities. Kontak nr 082 871 31 21 Ka...
16/10/2026

Pragtige juffrou sak en potloodsakkie R400
Angel hearts workshop for people with disabilities.
Kontak nr 082 871 31 21 Karen Kemp

16/10/2026

Wow hier by Angel hearts word lekker gewerk. Elkeen besig met sy eie bestellings.

Hierdie man se bestellings is nou vol vir die jaar. 😍 Almal wat reeds bestel het se canvasse en leer items sal nog klaar...
15/10/2026

Hierdie man se bestellings is nou vol vir die jaar. 😍 Almal wat reeds bestel het se canvasse en leer items sal nog klaar wees voor Desember. πŸ˜€ Dankie, dankie, dankie vir elke bestelling πŸ™πŸ»πŸ™πŸ»πŸ™πŸ» Ons waardeer elke ondersteuner so so baie.β™₯️β™₯️β™₯️

15/10/2026

Almal hier by Angel hearts workshop for people with disabilities werk baie hard aan bestellings. Mooi so julle ek kan nie meer trots wees op elkeen van julle nie.

Een van die pragtige hondekinders wat Richard geverf het.
14/10/2026

Een van die pragtige hondekinders wat Richard geverf het.

Pragtig Richard... Hierdie twee honde het hy vir 'n kliΓ«nt geverf op canvas. Vir enige navrae kontak my Karen Kemp by 08...
13/10/2026

Pragtig Richard... Hierdie twee honde het hy vir 'n kliΓ«nt geverf op canvas. Vir enige navrae kontak my Karen Kemp by 082 871 31 21

08/10/2026

Bestel vroegtydig jou memory teddie of hasie by ons. Dit is ook 'n oulike kersgeskenk vir iemand.
Bring jou geliefdes se klere of jou ou skoolklere.
Kontak nr 082 871 31 21 πŸ’•

07/10/2026

Sammy verjaar vandag en liewe Nancy het ons kom bederf met heerlike eetgoed en 'n persent vir Sammy. Dankie Nancy ons waardeer jou omgee hart.
πŸŽ‚πŸŽ‚πŸŽ‚πŸŽ‚πŸŽ‚πŸŽ‚πŸŽ‚πŸŽ‚

05/10/2026

Ons trek een van die dae die wenner van die handgemaakte leer laptop sak. Stuur vir my 'n whatsapp na 082 871 31 21 indien jy nog kaartjies wil koop. Karen Kemp Angel hearts workshop for people with disabilities.

Address

Leviseur Straat 4B, Westdene
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

0828713121

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Angel Hearts - Workshop for people with disabilities posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Angel Hearts - Workshop for people with disabilities:

Shortcuts

Share