Bainsvlei Inwonersforum/Bainsvlei Residents Forum

Directions

Bainsvlei Inwonersforum/Bainsvlei Residents Forum Beter saam | Better together Ons oogmerk is om ‘n veilige, skoon en florerende omgewing te daar te stel waarop alle inwoners trots kan wees. to name but a few.

Bainsvlei Inwoners Forum (BIF) operates under the registered Non-Profit Company Bainsvlei Gemeenskap Forum (Registration No: 2019/230197/08). Legal Name:
Bainsvlei Gemeenskap Forum

Entity Type:
Registered Non-Profit Company

Registration No:
2019/230197/08

Bainsvlei Inwonersforum is ‘n nie-winsgewende organisasie wat aktief is binne die hoewegebied van Bainsvlei, Groenvlei en Spitskop. Om dit te bereik word deurlopende projekte van stapel gestuur wat gefokus is op, bv:
- misdaadbekamping – bv. oprig van kameranetwerk, oprig van waarskuwingsborde;
- veiligheid – 24/7 bystandspan, opgradering en uitbreiding van radionetwerk, ontbossing van paaie vir die veiligheid van voetgangers, fietsryers en motoriste ;
- kragnetwerk – sny van bome wat in die kragdrade ingroei; brandbestryding – veldbrande, struktuurbrande, opleiding van brandbeamptes, toerusting;
- medies – eerstehulp vir noodgevalle; hulp verlening met maatskaplike nood, ens om enkeles te noem. Al hierdie projekte het ten doel om Bainsvlei ‘n voorkeur-residensiële area te maak waar die inwoners sowel as die besighede in die gebied kan gedy. Dit gaan egter met kostes gepaard en benodig dikwels ook duur toerusƟng, wat befonds word met minimale ledegeld per huishouding en donasies van welwillende donateurs. Hoe meer mense ons hande vat, hoe vinniger groei die verskil wat ons maak, en saam met dit gemoedsrus en eiendomswaardes. Word deel van ‘n gemeenskap waar vreemdelinge vriende word, wat saamstaan. BETER SAAM


Gebruik hierdie link om aan te sluit:
https://bit.ly/BIF_Lidmaatskap

-----------------------------------------------------------------------------------------
Bainsvlei Residents Forum is a non-profit organisation that is operational in the smallholding areas of Bainsvlei, Groenvlei and Spitskop. Our aim is to create a safe, clean, and flourishing environment that all residents can be proud of. To achieve this, continuous projects are launched which are focused on, e.g.:
- crime fighting – e.g., erecting a camera network, erecting warning signs;
- safety – 24/7 standby team, upgrading and expansion of our radio network, cutting back trees and shrubbery along the roads for the safety of pedestrians, cyclists and motorists;
- power grid – trimming of trees growing into the power lines;
- firefighting – veldfires, structure fires, training of fire officers, equipment;
- medical – first aid with emergencies; helping with social needs, etc. All these projects aim to make Bainsvlei a preferred residential area where the residents as well as the businesses in the area can thrive. It does, however, come with costs and often also requires expensive equipment, which is funded with minimal membership fees per household and donations from benevolent donors. The more people that take our hands, the faster the difference we are making will grow, and with it, peace of mind and property values. Become part of a community where strangers become friends who join forces in the interest of everyone. BETTER TOGETHER

Use this link to join:
https://bit.ly/BIF_Lidmaatskap

Wat gebeur met die ondersteuning van BIF-lede?Dit word in plaaslike vermoë omskep.Lede se bydraes, donasies en vrywillig...
16/10/2026

Wat gebeur met die ondersteuning van BIF-lede?

Dit word in plaaslike vermoë omskep.

Lede se bydraes, donasies en vrywillige betrokkenheid help BIF om infrastruktuur en toerusting op te bou wat binne die gemeenskap beskikbaar is wanneer dit nodig is.

Dit sluit onder meer in:

* die ontwikkeling van ’n uitgebreide kameranetwerk;
* radio- en kommunikasie-infrastruktuur;
* ’n reaksiebakkie wat vir brandondersteuning toegerus is;
* toerusting om tydens veldbrande te help;
* gereedskap vir plantegroei en ander plaaslike projekte; en
* ondersteuning tydens noodgevalle en gemeenskapsvoorvalle.

Maar toerusting alleen maak nie ’n gemeenskap veiliger nie.

Agter elke kamera, radio, patrollie en hulpaksie is daar inwoners wat bydra, beskikbaar raak en bereid is om hul bure te help.

BIF is nie ’n diens wat êrens ver van ons af gelewer word nie.

BIF is plaaslike inwoners wat saam ’n sterker plaaslike vermoë bou.

Beter Saam.

Waarom bestaan BIF?BIF het uit ’n eenvoudige besef ontstaan: ’n gemeenskap kan meer vermag wanneer inwoners hul bydraes,...
13/10/2026

Waarom bestaan BIF?

BIF het uit ’n eenvoudige besef ontstaan: ’n gemeenskap kan meer vermag wanneer inwoners hul bydraes, tyd, toerusting en kennis saamvoeg.

Bainsvlei se uitdagings eindig nie by misdaad nie. Veldbrande, ongelukke, kommunikasie tydens noodgevalle, plantegroei langs paaie, bome naby kraglyne en ander plaaslike probleme raak ons almal.

Daarom is die Bainsvlei Inwonersforum as ’n onafhanklike inwonersorganisasie gevestig, met ’n breër fokus en die vermoë om praktiese hulpbronne vir die gemeenskap op te bou.

Deur die ondersteuning van lede en donateurs kon BIF met verloop van tyd onder meer in ’n kameranetwerk, noodkommunikasie, ’n toegeruste reaksie- en brandbakkie en ander praktiese toerusting belê.

BIF bestaan nie omdat ’n handjievol mense alles moet doen nie.

BIF bestaan omdat inwoners saam meer kan doen as wat enigeen alleen kan vermag.

Bainsvlei Inwonersforum
Beter Saam.

24/09/2026
Samewerking maak die verskil!Goeie radiokommunikasie en BIF-lede se betrokkenheid het gehelp om ’n verdagte dop te hou. ...
22/09/2026

Samewerking maak die verskil!

Goeie radiokommunikasie en BIF-lede se betrokkenheid het gehelp om ’n verdagte dop te hou. Die verdagte, ’n vuurwapen en elektroniese toestelle is aan Bainsvlei SAPD oorhandig.

Dankie aan elke lid wat gereageer het en aan Bainsvlei SAPD vir hul hulp.

Wil jy ook deel wees van ’n gemeenskap wat saamwerk? Kontak ons op 077 290 0828 vir meer inligting oor BIF-lidmaatskap.

Beter Saam! | Better Together!

HELP ONS OM MISDAAD IN ONS AREA SIGBAAR TE MAAKWeet jy van ’n misdaadvoorval in ons area? Meld dit by BIF aan — lede én ...
16/09/2026

HELP ONS OM MISDAAD IN ONS AREA SIGBAAR TE MAAK

Weet jy van ’n misdaadvoorval in ons area? Meld dit by BIF aan — lede én nie-lede is welkom.

WhatsApp “misdaad” of “crime” na 077 290 0828.

Volg die aanwysings en vul die voorval se besonderhede direk in WhatsApp in.

Elke melding help BIF om ’n akkurater beeld van misdaad in ons omgewing te kry en patrone en probleemareas beter te verstaan.

Jy hoef nie ’n BIF-lid te wees om ’n verskil te maak nie. Meld misdaad aan en moedig jou bure aan om dieselfde te doen.

Beter Saam! | Better Together!

BIF is jou bure en jy kan deel wees.Agter elke vrywillige patrollie is iemand uit ons gemeenskap wat tyd maak om te help...
16/09/2026

BIF is jou bure en jy kan deel wees.

Agter elke vrywillige patrollie is iemand uit ons gemeenskap wat tyd maak om te help. BIF se werk berus op inwoners wat saam verantwoordelikheid neem vir Bainsvlei.

Ons hoor julle vrae: Hoe gereeld is daar patrollies? Wie kan help wanneer daar nood is? Oor die volgende paar maande gaan ons meer vertel oor hoe BIF werk, wat ons vrywilligers doen en hoe jy kan deelneem.

Ons sal ook gereeld bevestigde syfers oor ons aktiwiteite deel.

As vrywillige organisasie hang ons kapasiteit af van die mense wat beskikbaar is. Elke inwoner wat op ’n georganiseerde manier betrokke raak, help om daardie kapasiteit te bou.

Wil jy help met patrollies of uitvind watter ander rolle beskikbaar is? Kontak 077 290 0828.

Ons help jou om uit te vind waar jy kan inpas.

Goeie buurmanskap begin by elkeen van ons.

Beter Saam.

Ons is vandag by die Peperboomfees!Die Bainsvlei Inwonersforum werk om ons plaaslike gemeenskap beter te verbind en te o...
05/09/2026

Ons is vandag by die Peperboomfees!

Die Bainsvlei Inwonersforum werk om ons plaaslike gemeenskap beter te verbind en te ondersteun, onder meer deur ons radio- en veiligheidsnetwerk.

Wil jy meer oor BIF, ons dienste of lidmaatskap weet? Kom loer gerus by ons stalletjie by NG Kerk Bainsvlei se Peperboomfees in en gesels ’n bietjie met ons.

Huidige lede: Ons doen vandag ook radioprogrammeringsopdaterings. Bring gerus jou radio saam.

Ons is hier tot 14:00 vanmiddag en sien uit daarna om jou te ontmoet!

Bainsvlei Inwonersforum

JULLE HET GEVRA. ONS HET GELUISTER.BIF is besig om ons gemeenskapsgroepe van Telegram na WhatsApp oor te skuif.Ons weet ...
02/09/2026

JULLE HET GEVRA. ONS HET GELUISTER.

BIF is besig om ons gemeenskapsgroepe van Telegram na WhatsApp oor te skuif.

Ons weet dat heelwat inwoners graag by BIF se kommunikasiekanale wil aansluit, maar verkies om nie Telegram te gebruik nie. Daar is ook bestaande lede wat tans nie die Telegram-groepe gebruik nie en daarom soms belangrike gemeenskapsinligting misloop.

Ons wil dit vir meer inwoners maklik maak om ingelig, verbind en betrokke te bly.

Die oorskakelingsproses begin nou en verdere besonderhede sal binnekort gedeel word.

Wil jy by BIF se WhatsApp-kommunikasie aansluit of meer daaroor uitvind?

Stuur vir ons ’n privaat boodskap met die woord WHATSAPP na 077 290 0828, saam met jou naam en kontaknommer. Ons sal jou kontak met die nodige inligting.

Moet asseblief nie jou selfoonnommer in die kommentaar plaas nie.

Bainsvlei Inwonersforum

KOM MAAK KENNIS MET BIFHet jy al van die Bainsvlei Inwonersforum gehoor, maar is jy nie heeltemal seker wat ons doen of ...
31/08/2026

KOM MAAK KENNIS MET BIF

Het jy al van die Bainsvlei Inwonersforum gehoor, maar is jy nie heeltemal seker wat ons doen of hoe ons die gemeenskap ondersteun nie?

Kom maak op Saterdag 5 September 2026 ’n draai by ons tydens NG Kerk Bainsvlei se Peperboomfees.

Ons sal dié dag daar wees vir ons jaarlikse radioprogrammering. Dit is ook die ideale geleentheid om:
• Die mense agter BIF te ontmoet
• Meer oor ons radio- en veiligheidstelsel te leer
• Te hoor hoe ons inwoners ondersteun en belangrike inligting deel
• Jou vrae te vra en uit te vind hoe jy betrokke kan raak

Bestaande radiolede: Bring asseblief julle radio’s saam sodat dit nagegaan en geprogrammeer kan word.

Nog nie deel van BIF nie? Geen probleem nie, kom loer gerus in, ontmoet ons en vind uit wat die inwonersforum vir jou en jou huishouding kan beteken.

Saterdag 5 September 2026
09:00–14:00
NG Kerk Bainsvlei
Tydens die Peperboomfees

Kom kuier, koop, eet en geniet die fees en kom sê sommer vir ons hallo!

Bainsvlei Inwonersforum

Address

1A Abrahamskraal Road
Bloemfontein
9338

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bainsvlei Inwonersforum/Bainsvlei Residents Forum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share