Solidariteit Helpende Hand Bethal tak

Solidariteit Helpende Hand Bethal tak SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se ge

meenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

30/08/2026
SUID-AFRIKA se KINDERS het jóú *BROODNODIG*…❤️*Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-Kleuterskole en Naskoolsentrums* b...
04/08/2026

SUID-AFRIKA se KINDERS het jóú *BROODNODIG*…
❤️

*Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-Kleuterskole en Naskoolsentrums* bied daagliks aan honderde kinders 'n veilige plek waar hulle liefde, versorging en voedsame etes ontvang, asook die geleentheid gebied word om hul volle potentiaal te bereik. 😊

Sal jy simbolies vir ons kinders 'n *BROOD* huis toe stuur?

JOU EENMALIGE OF MAANDELIKSE BYDRAE – GROOT OF KLEIN – KAN 'N KIND SE LEWE VERANDER...

*SAAM KAN ONS MEER KINDERS BO DIE BROODLYN PLAAS.*

Klik hier onder op die skakel om 'n verskil te maak.

Ons kinders het jou *BROODNODIG* !

https://helpendehand.co.za/donasie-aan-ons-plekke-en-sentrums/donasie/

Bejaardes val onder een van ons hoof fokus groepe by Helpende Hand.Op 20 Mei het die leerlinge van Volkskool Bethal n be...
23/06/2026

Bejaardes val onder een van ons hoof fokus groepe by Helpende Hand.
Op 20 Mei het die leerlinge van Volkskool Bethal n besoek afgelê aan Palmoord en sy inwoners. Die inwoners is bederf met sang en bederfpakkies.
Solidariteit Helpende Hand Bethal tak bedank Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys vir jul betrokkenheid.



21/06/2026

Vaders is soos bome:

Hulle wortels hou die gesin geanker,
hulle takke reik na die hemel met drome en hoop,
en hul skadu bied rus en beskerming.

Op Vadersdag eer ons die stille krag,
die hand wat lei, die hart wat liefhet,
en die stem wat wysheid fluister.

Mag elke vader vandag onthou:
Julle liefde vorm die wêreld van ’n kind,
en julle nalatenskap leef voort in elke glimlag,
elke les, en elke herinnering.

Baie dankie aan al die vaders wat hul gesinne inspireer, beskerm en koester – julle is die stille helde van ons daaglikse lewens.

Kinders verdien 'n veilige huis en liefdevolle mense. Hulle het die reg om beskerm te word.Die Brugfonds: Bemagtig 'n Ki...
04/06/2026

Kinders verdien 'n veilige huis en liefdevolle mense. Hulle het die reg om beskerm te word.

Die Brugfonds: Bemagtig 'n Kind-projek voorsien in 'n wye spektrum behoeftes van kleuterskool-, laerskool- en hoërskoolleerders, insluitend ekstra klasse, naskoolgelde, spel-, spraak- en arbeidsterapie, vervoer na en van die skool en koshuisgelde.

Soms verg dit net 'n klein bydrae tot kinders se lewe om vir hulle 'n brug te bou na beter omstandighede.

Word in Kinderbeskermingsweek deel van dié projek en skep saam met ons hoop vir ons kinders: brugfonds.co.za

Kinders mag hulle taal praat, geloof uitleef en trots wees op wie hulle is. Daar moet mense in hulle lewens wees wat vir...
03/06/2026

Kinders mag hulle taal praat, geloof uitleef en trots wees op wie hulle is. Daar moet mense in hulle lewens wees wat vir hulle omgee en hulle help.

Die Ons Plek-kleuterskole en naskoolsentrums is opvoedkundige gemeenskapsentrums. Die fokus is op gehalteonderrig in Afrikaans, en die versorging van kinders vanuit alle ekonomiese agtergronde ten einde hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik.

Dis 'n gemeenskapsprojek! Hierdie noodsaaklike dienste word moontlik gemaak deur ondersteuners en donasies uit ons gemeenskap. Raak hier betrokke:
https://onssentrums.co.za/stapsaamfonds/

Opvoeding bring uitkoms en bou aan 'n blink toekoms. Dit is hoekom dit elke kind se reg is om skool toe te gaan. Die Sko...
02/06/2026

Opvoeding bring uitkoms en bou aan 'n blink toekoms. Dit is hoekom dit elke kind se reg is om skool toe te gaan.

Die Skooltassie-projek se impak strek verder as die verskaffing van 'n fisiese tassie. Deur jong leerders van kleins af te bemagtig, stel ons hulle op vir 'n pad na sukses. Omhels vandag hierdie projek en skep 'n geleentheid vir 'n graadeentjie om sy of haar volle potensiaal te bereik deur 'n skooltassie te borg.

Skenk 'n tassie, skenk 'n toekoms. Word hier deel van die Tassie-projek: https://helpendehand.co.za/skenk-n-tassie/

01/06/2026

In Suid-Afrika is Kinderbeskermingsweek jaarliks die laaste week van Mei en die eerste week van Junie. Dit is 'n belangrike geleentheid wat daarop gemik is om bewustheid te skep van kinders se regte en die noodsaaklikheid om hulle teen mishandeling en verwaarlosing te beskerm.



Solidariteit Helpende Hand speel 'n rol van onskatbare waarde om kinders in die gemeenskap te beskerm. Ons doen dit met behulp van maatskaplike werkers, streeksorganiseerders, vrywilligers, die Solidariteit Helpende Hand Ons Plekke, die Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum en praktiese projekte soos: HelpHetta, Skooltassie, Kosblikkie en Brugfonds: Bemagtig ‘n Kind.



Tydens wêreldhongerdag in Bethal het verskeie instansies 'n Helpende Hand gegee deur voedsel in te samel vir ons Sopkomb...
30/05/2026

Tydens wêreldhongerdag in Bethal het verskeie instansies 'n Helpende Hand gegee deur voedsel in te samel vir ons Sopkombuis in Bethal.

Bethal Sopkombuis lewer al bykans 40 jaar diens aan die gemeenskap. Die sopkombuis voorsien tans weekliks kospakkies aan 78 huishoudings , waarvan 58 kinders deel vorm. Hierdie skenkings wat deur Solidariteit Helpende Hand Bethal tak ontvang is beteken 'n reuse hupstoot en help om uitgawes te verlig.

Ons is dankbaar vir elke skenking - maak nie saak hoe groot of klein. Elke bydrae maak 'n verskil in iemand se lewe.

'n Spesiale dankie aan die volgende instansies wat dadelik hande opgesteek het om te help.
*The Local Choice Cosmos Apteek
*The Local Choice Mediese Sentrum
*Bethal Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys
*Bethal Independent school.



Address

Bethal
2310

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Bethal tak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share