26/08/2026
Goeienaand liewe Charisma, ek vertrou julle het ‘n wonderlike week sover! Ons gesels hierdie week oor Habakkuk en gisteraand het ons weer geleer dat God soewerein en in beheer is. Vanaand kyk ons na Habakkuk se 2e gebed nadat die Here gesê het dat Hy die Galdeërs gaan gebruik om Juda te straf. In die 2e gebed spreek Habakkuk sy skok uit teenoor die Here, hy vertel die Here, asof Hy nie weet nie, dat die Galdeërs trouelose en slegte mense is, en dan pleit hy by die Here, “U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie!” (1:13). Dan sluit hy sy gebed af en sê, “Ek wil op my uitkykoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt.”
Hieruit leer ons ‘n mooi ding, nl. dat Habakkuk nie moed opgegee het nie. Ten spyte van die “slegte nuus” wat God aan hom gegee het, het hy weer na die Here toe gegaan, weer gepraat, weer gevra, ingetree vir die volk, gepleit en gaan wag op ‘n antwoord. Paulus skryf in 1 Thess 5:17 “Bid sonder ophou.” Habakkuk leer ons om te bid en te bly bid en te wag op die antwoord. Hy het ‘n verwagting in sy hart dat God gaan antwoord. Hy gee nie op nie en hou aan bid.
Soms, wanneer alles verkeerd loop en die lewe sommer baie deurmekaar voel, kan dit gebeur dat mens moedeloos voel en selfs vra, “wat help dit om te bid?” Habakkuk leer ons om weer en steeds en aan te hou bid en te wag op die antwoord.
Dan antwoord die Here en sê,
“And the LORD answered me: “Write the vision; make it plain on tablets, so he may run who reads it. 3 For still the vision awaits its appointed time; it hastens to the end—it will not lie. If it seems slow, wait for it; it will surely come; it will not delay.”
God is God, Hy is in beheer en ons voel “God is mighty slow” maar dan gaan die spreekwoord verder en sê, “but He is always on time.”
Hy was betyds vir Lasarus, Hy sal betyds wees vir jou ook. Skryf vanaand neer dat jy bereid is om te wag totdat Hy jou antwoord, moenie sommer jou eie planne begin maak nie, wag op die Here! Luister na hierdie mooi lied ⬇️ Four days Late en weet, God is betyds, altyd!
Official video for “Four Days Late [Live]” feat. Karen Peck & New R...