17/09/2026
Goeienaand liewe Charisma, ek vertrou dit gaan sommer baie goed met julle so op die vooraand van Vrydag! Vanaand lees ons ons die volgende Skrifgedeelte:
“dat jy die HERE jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou — jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word. Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos die HERE die God van jou vaders jou beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE.”
“Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”
DEUTERONÓMIUM 6:4-7 AFR53
Baie mense dink dit is die onderwysers by die skool se taak of die Sondagskool se personeel se plig om hulle kinders van God te leer. Die waarheid is dat dit eerstens die plig en verantwoordelikheid van die ouers is om dit te doen. Dit is belangrik dat ons kinders ‘n sterk geestelike fondasie het voordat die wêreld hulle verkeerde waardes en leuens oor hulle identiteit probeer leer.
Iemand het een keer gesê: “If you don’t teach your child to follow Christ, the world will teach them not to.”
Ons lees in Spreuke 22:6
“Train up a child in the way he should go; even when he is old he will not depart from it.”
Proverbs 22:6 ESV
Hierdie is ‘n belofte waarop elke ouer kan staan. Al lyk dit soms of jou kinders die pad byster is, God se Woord belowe “they will not depart from it “ maar dit hang af daarvan of jy en ek ons kinders in God se weë grootgemaak het. Dit is altyd die moeite werd om te belê in ons kinders se geestelike fondasie!
Ons bid weer saam met Open Doors:
*SUB-SAHARAN AFRICA*
*Thursday, 17 September*
Pray for wisdom for church leaders as they bring what they have learned in trauma care to their churches and others traumatised by violence.