22/07/2026
Op 25 Mei 2026 was Bettie Rall, sielkundige, aan die woord. Sy het ons kom herinner dat ons geestesgesondheid baie belangrik is en dat ons dit nie moet afskeep nie.
Die mees algemene uitdagings is angs, depressie, eensaamheid en "burnout".
Ons geloof en geestesgesondheid is inmekaar verweef. Die Bybel leer ons baie van emosies en swaarkry, maar dat daar hoop is vir ons in Christus.
Daar was nie net gesit en luister nie. Geen tyd om aan die slaap te raak nie, want daar was opgestaan en asemhaling geoefen.
Jy is wat jy d**k. Onthou wat God van jou sê.