SAVF Amersrus Woonstelle 010-244 NPO

SAVF Amersrus Woonstelle 010-244 NPO SAVF Amersrus is a housing scheme for the aged persons in the town of Amersfoort, Mpumalanga, South Africa

Amersrus het jou nodig.Kontak 083 375 5817 en word een van ons vrywilligersAmersfoort Mpumalamga
26/05/2026

Amersrus het jou nodig.
Kontak 083 375 5817 en word een van ons vrywilligers
Amersfoort Mpumalamga

🌟 π†π’π―πž 𝐀 𝐋𝐒𝐭𝐭π₯𝐞 π“π’π¦πž. 𝐌𝐚𝐀𝐞 𝐀 π‹πšπ¬π­π’π§π  πƒπ’πŸπŸπžπ«πžπ§πœπž. 🌟

Every act of kindness has the power to change a life.

Across South Africa, SAVF volunteers are helping to build stronger families, support vulnerable communities, bring hope to those facing difficult circumstances, and create brighter futures for children, older persons, and families in need. Whether you have a few hours a month or more time to share, your contribution can make a meaningful impact.

πŸ’š Current SAVF Volunteers
Please remember that annual re-registration must be completed before 30 June 2026 to remain an active volunteer within the organisation.

🀝 Interested in Becoming a Volunteer?
There is still time to join our incredible volunteer family. New volunteer registrations are open until 31 March 2027.

Volunteering is more than giving your time, it's sharing your heart, your skills, your compassion, and your willingness to make a difference where it matters most.

✨ Together we can create hope.
✨ Together we can strengthen communities.
✨ Together we can change lives.

πŸ”— Register or re-register today:
www.savf.co.za/volunteer-your-time

26/05/2026
26/05/2026

Bly jy iewers in n besige dorp en soek plattelandse rustigheid? Dan is Amersfoort die dorpie vir jou. Naby genoeg aan besige dorpe, tog effe weggesteek van die lawaai. Kontak ons gerus vir bekostigbare verblyf
0833755817

18/02/2026

2026 Pillow drive.
Contact Diane Bath for any queries.

Ons voormalige diensbestuur  van 2025 - 2026 sluit hulle jaar op n hoogtepunt afHierdie bestuurslede se hart was groot e...
18/02/2026

Ons voormalige diensbestuur van 2025 - 2026 sluit hulle jaar op n hoogtepunt af
Hierdie bestuurslede se hart was groot en oop vir Amersrus en as SAVF Amersrus bedank ons elkeen vir hulle bydrae
Julle het die dag-tot-dag bedrywighede net gladder laat verloop.😁
Dankie aan elkeen

Hiermee dan ons geskenke soos van hulle ontvang - en n laaste mooimaak van terrein

Woonstelle beskilbaar met onmiddelikke effek.  Amersrus is n behuising fasaliteit, dus kan u hier kom inwoon al noem hul...
05/02/2026

Woonstelle beskilbaar met onmiddelikke effek. Amersrus is n behuising fasaliteit, dus kan u hier kom inwoon al noem hulle u nog nie n senior nie😁
Epos: [email protected]

Bly jy iewers in n besige dorp en soek plattelandse rustigheid? Dan is Amersfoort die dorpie vir jou. Naby genoeg aan besige dorpe, tog effe weggesteek van die lawaai. Kontak ons gerus vir bekostigbare verblyf
0833755817

Amersrus is in  Kersfees kleure getooiDankie aan elkeen wat hierdie plek so mooi "opgetof" het.Aan elke vrywilliger wat ...
18/12/2025

Amersrus is in Kersfees kleure getooi
Dankie aan elkeen wat hierdie plek so mooi "opgetof" het.

Aan elke vrywilliger wat in 2025 deel was van Amersrus ... hetsy met die help van n projek, of n deel van jou tyd afgestaan, -of-
Etes geskenk - wintersop gebring of
jou kennis met ons gedeel het: DANKIE
Jy word opreg waardeer.

01/12/2025

Hierdie is nie my skrywe nie

Gecopy iewers van n FB blad af

Jy het haar dalk sien stap: die ou tannie met die kierie, stadig om nie te val nie, want sy is broos en as sy val is haar heup af. Sy probeer nog mobiel bly, maar is dalk al tagtig en onder pyn. Of jy sien die oom, ongeskeerd en met 'n stukkende paar skoene, want hy kry net Sassa en moet ook eet. Daar is nie nog geld vir klere, skoene of 'n lekkernytjie nie.
Toe ons in die Kaap gebly het, het ons eendag so 'n tantetjie ontmoet. Sy was 'n brose ou mensie en daar was gebrek in haar een slaapkamer huisie. Op haar ouderdom het sy nog omgesien na haar ou man. Ons het haar ontmoet toe ons ons oorskiet etes buite gaan neersit het vir die haweloses wat by die dromme kom snuffel het. Dit was netjies in polistereen bakkies opgedeel, ek wou hulle nie hul menswaardigheid ontneem nie.
Hier kom die tannie toe eendag na ons woonstel en vra of sy die etes kan kry. En natuurlik sΓͺ ons ja! Sy was duidelik behoeftig, hoe kon ons weier? En net daar neem ons die tannie aan, as soort van 'n tante. Ons het begin etes gee elke Vrydag, gewoonlik vis, slaaie en 'n nagereg, want Hennie ons broer het Vrydae huistoe gekom.
Hierdie verhaal wat ek vir jou vertel, is om die situasie vir jou te illustreer oor wat in senior burgers se lewens aangaan. Hulle mobiliteit is soveel minder. Hulle eet minder en ongesond. Van 'n lekker eetdingetjie is daar nie sprake nie. HigiΓ«ne gaan agteruit, klere en skoene is opgedra.
Dan kry jy hierdie skurke wat hul uitbuit wanneer hul vervoer moet word. Daar is nie geld vir pynpille nie.
Tannie Minnie het haar enigste seun jonk verloor. Sy het niemand anders gehad nie. Sy het aan die drink gegaan, ek d**k die innerlike pyn was net te veel.
Wat ek jou vandag wil vra, is om wanneer jy so 'n oom of tannie raakloop, net te begin gesels. Soms is hulle wantrouig, want hulle het diep seer gekry. Ander kere gaan hulle dit werklik waardeer, want hulle is eensaam, hulle het dalk net 'n kat of hond om mee te gesels, as hulle so gelukkig is.
Neem 'n oupa of ouma aan. Moenie hul lewens probeer oorneem nie, jy is nie 'n ouer nie. Wees net iemand wat liefde gee en bederf. Jy sal soveel seΓ«ninge ontvang.

Address

4 West Street
Amersfoort
2490

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27177531708

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SAVF Amersrus Woonstelle 010-244 NPO posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share