Ons Winkel Alexandria

Ons Winkel Alexandria Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realise

er deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se
demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële

bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ons Winkel Alexandria wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor elke persoon wat skenkings aan ons winkel maak....
29/05/2026

Ons Winkel Alexandria wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor elke persoon wat skenkings aan ons winkel maak. U bydraes maak ’n groot verskil en ons is opreg dankbaar vir elke skenking wat ontvang word.

’n Hartlike dank ook aan al ons lojale klante vir u voortdurende ondersteuning deur aankope by die winkel te doen. Dit is deur u getroue ondersteuning dat ons kan voortgaan om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Baie dankie vir u goedhartigheid en ondersteuning.

Vriendelike groete
Ons Winkel Alexandria 🧡

27/05/2026
Winter tyd Bly ñ uitdaging en daarom het ons ook u hulp nodig.....As u dalk winters klere, skoene,kouse,sweetpakke, baad...
26/05/2026

Winter tyd Bly ñ uitdaging en daarom het ons ook u hulp nodig.....

As u dalk winters klere, skoene,kouse,sweetpakke, baadjies, serpe of komberse het wat u dalk nie gebruik nie, will Ek u graag aanmoedig om dit aan die Winkel te skenk. nie net raak u ontslae van oortolige items wat u nie meer dra nie maar u help ons om hoop en verligting te bring in uitdagende tye en sodoende die las net ñ bietjie ligter te maak.

Baie Dankie aan die van u wat al reeds geskenk het ons waardeer dit opreg.🧡💙

Mooi week vir u verder

Ons Winkel Alexandria Groete

21/05/2026

Met jou ongewenste items kan Helpende Hand wonderwerke verrig.

Ons Winkel is 'n tweedehandse skenkingswinkel waar jy jou gebruikte items kan skenk of self 'n winskopie of twee kan opraap.

Skenk aan jou naaste ons winkel hier: https://helpendehand.co.za/ons-winkel/

21/05/2026
21/05/2026

SKENK VIR HOOP!!

ONS WINKEL
6 Cresta Sentrum
Reg langs Franks Meat in die middedorp
Solidariteit Helpende Hand Middelburg - Mpumalanga
082 482 8797 / 074 721 3025

Saam verbreek, voorkom en verlig ons armoede!!









Ons Winkel Alexandria urgently need stock please donate all unused items and help us to make a difference 🧡💙 !!!Clothing...
18/05/2026

Ons Winkel Alexandria urgently need stock please donate all unused items and help us to make a difference 🧡💙 !!!

Clothing & Shoes 👕👟

Make space in your cupboard – and make a difference in someone’s life.

Do you have clothes or shoes at home that you no longer wear?

What may simply be taking up space for you could be very valuable to someone else.

Donate clothing and shoes at your nearest Ons Winkel and help us give items a second life.

Your donation makes a difference. ❤️

Contact us @ 076 950 9054

Or Visit us at 1703, 21 Voortrekker str, Alexandria,

15/05/2026

Die winter bring koue nagte en ysige dae, maar saam kan ons dit verander in ’n seisoen van warmte en hoop.

Vir baie mense beteken hierdie tyd van die jaar ’n stryd teen die koue sonder genoeg klere of beddegoed.

Kom ons wees die lig in iemand se donker dag.

Kom skenk warm komberse, jasse, truie en skoene — elke bydrae maak ’n verskil.

Jou liefde en omgee kan iemand se koue nag verander in ’n veilige, warm rusplek.

Gee warmte. Gee hoop. Gee liefde.

Address

Voortrekker Street 21 , Erf: 1206
Alexandria
6185

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27769509054

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Alexandria posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Alexandria:

Share