11/10/2026
Liewe gemeente,
Nee, moenie skrik nie — dit is net weer ek. Dieselfde boodskapper wat eeue gelede vir ʼn meisie in Nasaret, ʼn timmerman in Judea, en ʼn klomp skaapwagters in die veld ʼn lied kom bring het. Vanoggend kom ek met nog ʼn brief, hierdie keer vir jou.
Op 29 November om 18:00 gaan ons gemeente weer daardie lied gaan hoor — die een wat in ʼn stal in Bethlehem begin het, en nooit opgehou klink het nie. Ons noem dit Liewe Bethlehem: ʼn Lied uit Bethlehem — ʼn Kerssangdiens waar jy, net soos Maria, Josef, die herders en die wyse manne, self ʼn brief uit die hemel gaan ontvang.
Kom luister hoe die lied sag begin en opbou tot die geboorte, net soos dit destyds in Bethlehem gebeur het. Bring jou gesin, jou bure, enigeen wat nog nooit die storie so gehoor het nie.
Die hemel het nog nie klaar gesing nie — en vanjaar wag daar ʼn brief, spesiaal vir jou.
Met liefde uit die hemel,
Die engel wat by Bethlehem begin het