02/09/2026
β³οΈβ€οΈ RANTIES GHOLFDAG 2026 β βN REUSE DANKIE! β€οΈβ³οΈ
Die Ranties Gholfdag 2026 was βn ongelooflike sukses β en dit sou eenvoudig nie moontlik gewees het sonder elkeen van julle se ondersteuning, betrokkenheid en harte wat saamgeslaan het nie!ποΈββοΈποΈββοΈ
Ons wil uit die diepte van ons harte BAIE DANKIE sΓͺ aan:
β€οΈ Ons ongelooflike borge β dankie vir julle ruim ondersteuning, bydraes en vertroue in Ranties.
β³οΈ Al ons gholfers β dankie dat julle saamgespeel, gelag en die dag so besonders gemaak het.
π¨βπ©βπ§βπ¦ Ons ouers en gemeenskap β dankie vir julle betrokkenheid en bereidwilligheid om altyd βn hand by te sit.
π Ons leerlinge β dankie vir julle entoesiasme en die belangrike rol wat julle gespeel het.
π€ Ons komiteelede en vrywilligers β dankie vir al die ure se beplanning, reΓ«lings, harde werk en toewyding agter die skerms.
π Ons diensverskaffers β dankie vir julle professionaliteit en om seker te maak dat alles vlot verloop het.
Die Ranties Gholfdag het weereens bewys wat bereik kan word wanneer die skool, ouers, leerlinge, borge, die OSK en die gemeenskap hande vat en saamwerk. πβ€οΈ
Aan elke persoon en onderneming wat op enige manier βn bydrae gelewer het β of dit nou βn groot borgskap, βn prys, βn gaatjieborgskap, βn vierbal, βn helpende hand of sommer net βn glimlag was β ONS SIEN JULLE, ONS WAARDEER JULLE EN ONS SΓ BAIE, BAIE DANKIE! β€οΈ
ποΈββοΈβ³οΈRanties Gholfdag 2026 was βn sukses omdat JY deel daarvan was! ποΈββοΈβ³οΈ