Ranties - Ondersteunersklub

Ranties - Ondersteunersklub Die klub samel ook fondse vir L/S Randhart in wat op verskeie gebiede geallokeer word.

Die doel van die klub is om ‘n sosiale platvorm te skep wat die eenheid van oud- en huidige belanghebbendes, ondersteuners en die Ranties gemeenskap te bevorder.

Met groot hartseer neem ons by die Ranties Ondersteunersklub afskeid van Portchie – ’n ware Suid-Afrikaanse ikoon wie se...
12/06/2026

Met groot hartseer neem ons by die Ranties Ondersteunersklub afskeid van Portchie – ’n ware Suid-Afrikaanse ikoon wie se kuns die harte van duisende mense geraak het.

Sy kleurvolle werke het nie net mure versier nie, maar ook vreugde, hoop en liefde in mense se lewens gebring. Deur sy unieke talent het hy ’n blywende nalatenskap geskep wat nog vir geslagte onthou sal word.

Ons opregte meegevoel gaan aan sy familie, vriende en almal wat hom liefgehad en bewonder het. Mag julle vertroosting vind in die wonderlike herinneringe en die ongelooflike invloed wat hy op soveel lewens gehad het.

Rus sag, Portchie. Jou kleure sal vir altyd voortleef in Suid-Afrika se hart. 🕊️🎨

Portchie 🕊️
23 November 1963 – 12 June 2026

Dis met ‘n diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde broer, mentor en vriend deel.

He touched countless lives through his faith, his art, his kindness, his wisdom, and his unwavering passion for life. His legacy will live on in the hearts of all who knew him and in the beauty he brought to the world.

"Fietsry is soos die lewe — hoe harder jy trap hoe meer kry jy daar uit.” Portchie

We will miss him dearly, but his spirit, inspiration, and joy will remain with us forever.

Rus in vrede ons liewe broer en vriend, Portchie. 🕊️

🍷🎨 Wyn- en Kunsaand 2026 🎨🍷Die Ranties Ondersteunersklub nooi jou uit na ’n elegante aand van wyn, kuns, kos en dans!📅 D...
05/06/2026

🍷🎨 Wyn- en Kunsaand 2026 🎨🍷

Die Ranties Ondersteunersklub nooi jou uit na ’n elegante aand van wyn, kuns, kos en dans!

📅 Datum: 20 Junie 2026
📍 Plek: Thaba Eco Hotel – Labola Hall
⏰ Tyd: 17:00
💰 Koste: R700 per persoon

Kom geniet ’n eksklusiewe wynproe-ervaring met van die volgende gesogte wynplase:
🍇 Doolhof
🍇 Springfield
🍇 Haute Cabrière
🍇 Alée Blue

Hierdie jaar het ons ook ’n heerlike brandewyn- en ginproe deur;
🥃 Buffelsfontein Brandewyn
🍸 Musgrave Gin

🖼️ Ons bied ook ’n spesiale kunsveiling aan waar pragtige kunswerke van bekende kunstenaars soos Portchie, Sonica Odendaal, Riette Delport en nog ’n paar verrassings beskikbaar sal wees. Daar sal ook rare wynlotte wees wat opgeveil word – perfek vir versamelaars en wynliefhebbers. Daar is ook wonderlike wegbreke na Doolhof, Buff and Fellow om net ’n paar te noem.

Neem kennis dat u nie self iets gaan verf nie

🍽️ Kos: Heerlik voorberei deur Thaba Eco Hotel
🎶 Musiek: Lewendige vermaak deur Jaid River
💃 Nuut vir vanjaar: ’n Dansvloer waar paartjies die aand met ’n heerlike ‘langarm’ kan afsluit!

Trek jou mooiste elegante uitrusting aan en kom geniet ’n onvergeetlike aand saam met ons.

Kontak Michelle Dirker by 072 627 1334 vir besprekings of enige verdere navrae.

28/05/2026

Wyn- en Kunsaand 2026 - Kontak vir Michelle Dirker by 072 627 1334 vir besprekings of enige verdere navrae

Die Ranties Ondersteunersklub nooi jou uit na ’n elegante aand van wyn, kuns, kos en dans! 🍷🎨 Wyn- en Kunsaand 2026 🎨🍷📅 ...
26/05/2026

Die Ranties Ondersteunersklub nooi jou uit na ’n elegante aand van wyn, kuns, kos en dans! 🍷🎨 Wyn- en Kunsaand 2026 🎨🍷

📅 Datum: 20 Junie 2026
📍 Plek: Thaba Eco Hotel – Labola Hall
⏰ Tyd: 17:00
💰 Koste: R700 per persoon

Kom geniet ’n eksklusiewe wynproe-ervaring met van die volgende gesogte wynplase:
🍇 Doolhof
🍇 Springfield
🍇 Haute Cabrière
🍇 Alée Blue

🖼️ Ons bied ook ’n spesiale kunsveiling aan waar pragtige kunswerke van bekende kunstenaars soos Portchie, Sonica Odendaal, Riette Delport en nog ’n paar verrassings beskikbaar sal wees. Daar sal ook rare wynlotte wees wat opgeveil word – perfek vir versamelaars en wynliefhebbers.

Neem kennis dat u nie self iets gaan verf nie

🍽️ Kos: Heerlik voorberei deur Thaba Eco Hotel
🎶 Musiek: Lewendige vermaak deur Jaid River
💃 Nuut vir vanjaar: ’n Dansvloer waar paartjies die aand stylvol kan afsluit!

Trek jou mooiste elegante uitrusting aan en kom geniet ’n onvergeetlike aand saam met ons.

📩 Beperkde plekke beskikbaar – bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom. Kontak vir Michelle Dirker by 072 627 1334

19/05/2026

Ranties Ondersteunersklub Lidmaatskap

Elke kind. Elke geleentheid. Niemand word agtergelaat nie.

Word vandag nog ’n lid van die Ranties Ondersteunersklub en help ons om sport, kultuur, projekte, toerusting en fondsinsamelings moontlik te maak.

Hoe word jy deel?
Dis maklik: Vir ‘n minimum bedrag van R100 per gesin per maand aktiveer jou lidmaatskap.
Kliek op die link en vul net die Google-vorm in (of kontak Michelle Dirker) om aan te sluit:
https://forms.gle/8bhz4rDtYvnuDjYt7

Ons het JOU nodig – ondersteun is ’n werkwoord.

Raak deel van die verskil in elke kind se lewe by Laerskool Randhart. See less

18/05/2026

Bespreek vandag nog jou kaartjies by Michelle Dirker by 072 627 1334

14/05/2026

Bespreek vandag nog jou kaartjie vir Wyn- en Kunsaand 2026!!
Kontak Michelle Dirker by 072 627 1334

🎉 Ouers van Laerskool Randhart! 🎉Onthou om by Pharmacy on Penzance in te loer wanneer jy daar verbygaan! 🛍️Gooi jou stro...
13/05/2026

🎉 Ouers van Laerskool Randhart! 🎉

Onthou om by Pharmacy on Penzance in te loer wanneer jy daar verbygaan! 🛍️

Gooi jou strokie in die Laerskool Randhart-boks en help ons skool om ’n kans te staan om R10,000 te wen!! 💙💛

Elke strokie tel — saam kan ons ’n verskil maak! 🙌

⏰ CLOCK'S TICKING! Which school will take home the R10,000? 💰

The countdown is officially on, Alberton — and the competition is heating up! Every till slip still counts, and your support could push your school to the top before the end of May. Every slip, every supporter, and every visit matters.
✅ Shop at The Local Choice Pharmacy On Penzance or The Local Choice Pharmacy Nevada.
✅ Write the name of the school you support on the back of your till slip and drop it in the box in-store.
✅ At the end of May 2026, the school with the most supporters will walk away with R10,000!

It's time to rally, Alberton! Call your friends, get the family involved, share this post, tag your school, and show your support!🎉
📍 Shop 15, Bazinga On Penzance, 14 Penzance Street, New Redruth, Alberton

| | | | | | | | |

13/05/2026

Address

1 Samuel Straat, Randhart
Alberton
1447

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ranties - Ondersteunersklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ranties - Ondersteunersklub:

Share