Die Voortrekkers - Org Meyer - Alberton

Call Directions Website Contact the organization

Die Voortrekkers - Org Meyer - Alberton Org Meyer Voortrekkers: Leierskap, kultuur & avontuur vir Afrikaanse jeug in Alberton – waar kinders groei, lag en glo! Wat bied Die Voortrekkers ?

Ons glo dat kinders die toekoms is, en dat hulle blootgestel moet word aan die geskiedenis en erfenis van hul land. Dit is hoekom ons Org Meyer Voortrekkers geskep het: 'n organisasie wat toegewyd is om geskiedenis pret en speels te maak vir kinders van 6 tot 18. Ons wil hê alle kinders moet weet wie hulle is, waar hulle vandaan kom en wat hulle as individue spesiaal maak. Ons sien 'n leemte in die jeug van vandag wanneer dit kom by kinders se kennis van geskiedenis en erfenis, en daarom het ons besluit om dit te vul. Ons wil hê dat elke kind toegang tot hierdie inligting moet hê ;
• of hulle nou in 'n stedelike gebied of plattelandse dorp woon;
• of hulle dit moeilik vind om vriende te maak of nie uit hul huise, weg van vandag se tegnologie kom nie;
• of hulle introverte of ekstroverte is

ons wil hê hulle moet almal toegang tot Die Voortrekkers hê! Die Voortrekkers se metode vir leierskapontwikkeling is die kombinasie van Kultuur,

Avontuur en Natuur. Deur dié metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol dienbare leiers vir môre ontwikkel.

Ons kommando is trots om saam met die res van Oosvaal Voortrekkers hierdie aankondiging te deel.Baie geluk aan die nuwe ...
26/10/2026

Ons kommando is trots om saam met die res van Oosvaal Voortrekkers hierdie aankondiging te deel.

Baie geluk aan die nuwe 𝗚𝗲𝗯𝗶𝗲𝗱𝘀𝗷𝗲𝘂𝗴𝗹𝗲𝗶𝗲𝗿𝘀 𝟮𝟬𝟮𝟳 - julle maak ons trots!

Lees Meer: https://www.facebook.com/share/p/19iBUd2Vqn/

Dit is met groot trots dat ons, ons 𝗚𝗲𝗯𝗶𝗲𝗱𝘀𝗷𝗲𝘂𝗴𝗹𝗲𝗶𝗲𝗿𝘀 𝟮𝟬𝟮𝟳 bekendstel!

Drie jong Voortrekkers wat alreeds wys wat leierskap beteken - diensbaarheid, vriendskap en ’n diep liefde vir die beweging.

Baie geluk aan julle! Ons kan nie wag om te sien watter spore julle gaan trap nie.




𝗚𝗢𝗠-𝗽𝗿𝗼𝗷𝗲𝗸: 𝗠𝘂𝗹𝗱𝗲𝗿𝘀𝗱𝗿𝗶𝗳 𝗞𝗼𝗺𝗺𝗮𝗻𝗱𝗼 𝗴𝗲𝗲 𝗼𝗺!Vanjaar het Muldersdrif Kommando ’n besondere nuwe maatjie en haar ouers onderst...
22/10/2026

𝗚𝗢𝗠-𝗽𝗿𝗼𝗷𝗲𝗸: 𝗠𝘂𝗹𝗱𝗲𝗿𝘀𝗱𝗿𝗶𝗳 𝗞𝗼𝗺𝗺𝗮𝗻𝗱𝗼 𝗴𝗲𝗲 𝗼𝗺!

Vanjaar het Muldersdrif Kommando ’n besondere nuwe maatjie en haar ouers ondersteun: tweejarige Rori.

Ná groot operasies aan haar voete het Rori vanjaar begin loop — ’n kosbare mylpaal! Sy ontvang verdere terapie om haar te help om beter te loop en spraakterapie om woorde te begin sê. Sy het ook ’n hartkondisie waarvoor sy jaarliks ’n kardioloog moet besoek. Hierdie sorg bring groot uitgawes vir haar gesin mee.

Muldersdrif Kommando het 95-feesjaarkoekies verkoop om fondse vir Rori se kostes in te samel. Só het hulle feesvieringe in praktiese omgee omskep.

Dankie, Muldersdrif, dat julle diensbaarheid uitleef en Rori en haar ouers ondersteun!

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]





🏆 Die waarde van ’n vlag… en hoekom kinders trots moet wees op hul simbole 🏆’n Vlag is meer as net ’n stuk lap. Dit is ’...
21/10/2026

🏆 Die waarde van ’n vlag… en hoekom kinders trots moet wees op hul simbole 🏆

’n Vlag is meer as net ’n stuk lap. Dit is ’n lewendige simbool van wie ons is, waarvandaan ons kom en waarheen ons gaan. Dit dra die verhale, drome, waardes en trots van ’n gemeenskap. Wanneer ’n kind na sy of haar skoolvlag kyk, sien hulle nie net kleure nie - hulle sien vriendskap, drome en ’n toekoms wat by daardie skool begin.

Dit is presies wat ons by Laerskool President Steyn beleef het. Ash-leighn Bam se pragtige woorde en die nuwe skoolvlag wat sy geïnspireer het, herinner ons almal hoe kragtig ’n simbool kan wees. Dit maak kinders trots. Dit gee hulle ’n gevoel van behoort. Dit sê: “Hierdie is my plek. Hierdie is my mense. Hierdie is my storie.”

Wanneer kinders trots is op hul simbole - of dit nou ’n skoolvlag, Die Voortrekkervlag of die nasionale vlag is - leer hulle om respek, identiteit en verantwoordelikheid te ontwikkel. Hulle leer om te waardeer wat opgebou is deur vorige generasies en om self by te dra tot die toekoms.

Ons as Org Meyer Voortrekkers glo dat hierdie trots nie net gevier moet word nie, maar aktief gekoester moet word. Daarom was dit vir ons ’n voorreg om deel te wees van die prysoorhandiging en om saam met die Steyne-gemeenskap hierdie spesiale oomblik te vier.

Laat ons kinders grootword met trots in hul harte. Laat hulle weet dat hul simbole saak maak - want wanneer jy trots is op jou vlag, is jy trots op jouself.

'n Spesiale woord van dank aan ons Borg: Grondpad Vellies in Alberton.



❤️💙💛

🏆 Baie geluk, Ash-leighn Bam! 🏆
Ons is ongelooflik trots om Ash-leighn Bam as die wenner aan te kondig! 🌟
Ash-leighn se pragtige woorde oor ons vlag wys hoe trots sy is om deel van die Steyne te wees.
Die woorde: "Waar Vriendskap, Drome en ’n Toekoms begin beteken vir my baie, want ek is van Graad 1 in Laerskool President Steyn en ek het ’n vriendskap gebou met baie leerders en onderwysers wat baie vir my beteken. Ek het deur die jare besef wat my droom is en wat ek met my toekoms gaan doen. Danksy die onderwysers wat ons leerders leer met trots en eer, het my vriendskap, drome en toekoms begin by Laerskool President Steyn.” 💙❤️💛

’n Groot dankie aan die Voortrekkers vir die besonderse prysoorhandiging en vir die geleentheid om ons leerders se trots en liefde vir hul skool te vier. 🇿🇦
Ash-leighn, ons is baie trots op jou!
❤️💙💛

18/10/2026

𝗖𝗤 𝗛𝗼𝘂 𝗞𝗼𝗲𝗿𝘀 / 𝗝𝗢𝗧𝗔 – 𝗩𝗲𝗿𝗯𝗶𝗻𝗱 𝗷𝗲𝘂𝗴, 𝗼𝗼𝗿 𝗴𝗿𝗲𝗻𝘀𝗲 𝗵𝗲𝗲𝗻!

CQ Hou Koers en JOTA bied aan jongmense ’n wonderlike geleentheid om nuwe vriendskappe te bou, vaardighede te ontwikkel en die wêreld op ’n nuwe manier te ontdek. Deur kommunikasie, samewerking en avontuur ontmoet ons mekaar oor landsgrense én kulture heen. Ons leer by mekaar, vier ons verskille en ontdek hoeveel ons in gemeen het.

Een wêreld, baie kulture, een gedeelde avontuur - Hou Koers!

https://www.facebook.com/share/v/1DXMzTzu9P/

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📧 [email protected]
📞 012 329 6011

𝐌𝐎𝐑𝐒𝐄-𝐊𝐎𝐃𝐄: 𝐃𝐈𝐄 𝐊𝐔𝐍𝐒 𝐕𝐀𝐍 𝐊𝐎𝐌𝐌𝐔𝐍𝐈𝐊𝐀𝐒𝐈𝐄! 🔵🔴Of jy nou by CQ Hou Koers of Vlotvaart is hierdie naweek - een ding bly dieself...
16/10/2026

𝐌𝐎𝐑𝐒𝐄-𝐊𝐎𝐃𝐄: 𝐃𝐈𝐄 𝐊𝐔𝐍𝐒 𝐕𝐀𝐍 𝐊𝐎𝐌𝐌𝐔𝐍𝐈𝐊𝐀𝐒𝐈𝐄! 🔵🔴

Of jy nou by CQ Hou Koers of Vlotvaart is hierdie naweek - een ding bly dieselfde: kommunikasie is die sleutel!

Morse-kode is meer as net ’n klein kolletjie en strepie… dit is ’n vaardigheid wat al geslagte lank Voortrekkers help om te kommunikeer, selfs wanneer woorde nie genoeg is nie.

Leer die kolletjies en strepies, oefen om boodskappe te ontsyfer, en wees gereed om te kommunikeer - of jy nou op die water is of by die CQ-stasie staan.

📅 CQ Hou Koers & Vlotvaart | Hierdie Naweek

💬𝗨𝗜𝗧𝗗𝗔𝗚𝗜𝗡𝗚: 𝗞𝗮𝗻 𝗷𝘆 𝗷𝗼𝘂 𝗻𝗮𝗮𝗺 𝗶𝗻 𝗠𝗼𝗿𝘀𝗲-𝗸𝗼𝗱𝗲 𝘀𝗸𝗿𝘆𝗳? 𝗣𝗹𝗮𝗮𝘀 𝗱𝗶𝘁 𝗶𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗸𝗼𝗺𝗺𝗲𝗻𝘁𝗮𝗮𝗿!

Hou Koers, Voortrekkers - kommunikasie begin met ’n sein. 🌐

Matrikulante, julle harde werk word nou gemeet!Elke uur agter die boeke, elke oefenvraestel en elke keer wat julle weer ...
13/10/2026

Matrikulante, julle harde werk word nou gemeet!

Elke uur agter die boeke, elke oefenvraestel en elke keer wat julle weer probeer het, was ’n merkie op die liniaal van voorbereiding. Nou lê die eindeksamen voor.

Maar onthou: ’n liniaal meet lengte en ’n eksamen toets kennis - geen punt kan jou volle waarde, karakter of potensiaal meet nie.

Die Voortrekkers wens elke matrikulant sterkte toe. Werk met aandag, lees elke vraag deeglik en pak een vraestel op ’n slag aan. Vertrou op julle voorbereiding en op die Here wat saam met julle die pad stap.

Hou koers - vraag vir vraag, tree vir tree.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]





𝗖𝗤 𝗛𝗢𝗨 𝗞𝗢𝗘𝗥𝗦! | 𝟵𝟱 𝗝𝗔𝗔𝗥 𝗢𝗢𝗥 𝗗𝗜𝗘 𝗟𝗨𝗚🌍💻📻Is jy gereed vir die wêreld se grootste digitale en radio-geleentheid? 𝗖𝗤 𝗛𝗼𝘂 𝗞𝗼𝗲𝗿...
12/10/2026

𝗖𝗤 𝗛𝗢𝗨 𝗞𝗢𝗘𝗥𝗦! | 𝟵𝟱 𝗝𝗔𝗔𝗥 𝗢𝗢𝗥 𝗗𝗜𝗘 𝗟𝗨𝗚🌍💻📻

Is jy gereed vir die wêreld se grootste digitale en radio-geleentheid? 𝗖𝗤 𝗛𝗼𝘂 𝗞𝗼𝗲𝗿𝘀 bring miljoene mense van regoor die wêreld bymekaar om interkulturele vriendskappe te bou, nuwe digitale vaardighede te leer en wonderlike ervarings te deel - alles vanuit jou plaaslike gemeenskap!

Of jy nou via amateurradio kommunikeer of veilig aanlyn koppel, dit is jou kans om deel te wees van ’n ware globale beweging. Kom ons verken, leer en maak onvergeetlike herinneringe saam.

🗓️ 𝗗𝗮𝘁𝘂𝗺: 17 Oktober 2026
⏰ 𝗧𝘆𝗱: 09:00–12:00 (SAST)
📻 𝗙𝗿𝗲𝗸𝘄𝗲𝗻𝘀𝗶𝗲𝘀: 7.063–7.100 / 7.130–7.200 MHz

🔵 10:00 | Hoofleier se boodskap
Luister op 7.095 MHz.

📡 𝗭𝗦𝟵𝟱𝗩𝗧𝗦
Indien enige kommando, oord of gebied Die Voortrekkers se spesiale 95-jaar-radioroepsein, ZS95VTS, op dié dag wil gebruik, kontak asseblief vir Gerhard.

📧 𝗡𝗮𝘃𝗿𝗮𝗲: Gerhard ZS6CRS – [email protected]

95 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘭𝘢𝘵𝘦𝘳 𝘩𝘰𝘶 𝘰𝘯𝘴 𝘴𝘵𝘦𝘦𝘥𝘴 𝘬𝘰𝘦𝘳𝘴 - 𝘴𝘦𝘭𝘧𝘴 𝘰𝘰𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘳𝘢𝘥𝘪𝘰𝘨𝘰𝘭𝘸𝘦!

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📧 [email protected]
📞 012 329 6011






𝗧𝗬𝗗 𝗢𝗠 𝗗𝗜𝗘 𝗞𝗔𝗠𝗣𝗚𝗢𝗘𝗗 ’𝗡 𝗕𝗜𝗘𝗧𝗝𝗜𝗘 𝗪𝗘𝗚 𝗧𝗘 𝗣𝗔𝗞…Die kettie, kompas, padkaart en kamptoerusting sal ongelukkig vir ’n rukkie mo...
06/10/2026

𝗧𝗬𝗗 𝗢𝗠 𝗗𝗜𝗘 𝗞𝗔𝗠𝗣𝗚𝗢𝗘𝗗 ’𝗡 𝗕𝗜𝗘𝗧𝗝𝗜𝗘 𝗪𝗘𝗚 𝗧𝗘 𝗣𝗔𝗞…

Die kettie, kompas, padkaart en kamptoerusting sal ongelukkig vir ’n rukkie moet plek maak vir boeke, penne en skooltasse.

Want ’n Voortrekker weet: avontuur is lekker, maar verantwoordelikheid neem beteken ook om jou beste te gee wanneer dit tyd is om te leer.

Aan al ons Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners wat terug gaan skool toe: pak daardie boeke met dieselfde geesdrif waarmee jy jou kampsak pak. Wees nuuskierig. Werk hard. Help ander. En hou koers wanneer dinge moeilik raak.

𝗦𝘁𝗲𝗿𝗸𝘁𝗲 𝗺𝗲𝘁 𝗱𝗶𝗲 𝗻𝘂𝘄𝗲 𝗸𝘄𝗮𝗿𝘁𝗮𝗮𝗹!
Die kamp roep weer… maar vir eers roep die boeke harder.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]




𝗖𝗤 𝗛𝗢𝗨 𝗞𝗢𝗘𝗥𝗦! & 𝗥𝗔𝗗𝗜𝗢 𝗦𝗣𝗥𝗔𝗔𝗞 𝗦𝗣𝗘𝗦𝗜𝗔𝗟𝗜𝗦𝗔𝗦𝗜𝗘Goeiemiddag almal,Hier is die algemene kennisgewing rakende CQ Hou Koers (en j...
05/10/2026

𝗖𝗤 𝗛𝗢𝗨 𝗞𝗢𝗘𝗥𝗦! & 𝗥𝗔𝗗𝗜𝗢 𝗦𝗣𝗥𝗔𝗔𝗞 𝗦𝗣𝗘𝗦𝗜𝗔𝗟𝗜𝗦𝗔𝗦𝗜𝗘

Goeiemiddag almal,

Hier is die algemene kennisgewing rakende CQ Hou Koers (en jou Radiospraak Spesialisasie).

Ons sal graag ons Verkenners asook die Graad 7’s betrokke wil hê (Graad 7's kan hul eerste Verkenner spesialisasie tydens die geleentheid doen as hulle nie Oewervernuf op Wilgedraai gedoen het nie. Graad 7's kan ook selfone bring vir SSTV ontvangs.) - Hoop om julle daar te sien .

As deel van die Radiospraak Spesialisasie gaan ons ook deelneem aan :-

Die Voortrekkers - CQ Hou Koers
HamSphere® (Oorsee kontakte. Kinders doen self "logs" en plot kommunikasie op n kaart)
Amateur radio fox hunt (“jakkalsjag”)

𝗢𝗻𝘀 𝗕𝗲𝗴𝗶𝗻 𝗩𝗿𝘆𝗱𝗮𝗴 𝗼𝗽 𝟭𝟲 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 𝗼𝗺 𝟭𝟴𝗵𝟬𝟬
𝗞𝗼𝘀𝘁𝗲𝘀 𝗕𝗲𝗹𝗼𝗼𝗽 𝗥𝟯𝟬.𝟬𝟬 𝗣𝗲𝗿 𝗣𝗲𝗿𝘀𝗼𝗼𝗻. (𝗕𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗮𝘀𝘀𝗲𝗯𝗹𝗶𝗲𝗳 𝗲𝗶𝗲 𝗮𝗮𝗻𝗱𝗲𝘁𝗲 𝘃𝗶𝗿 𝗩𝗿𝘆𝗱𝗮𝗴)

𝗚𝗼𝗼𝗴𝗹𝗲 𝗙𝗼𝗿𝗺 𝘃𝗶𝗿 𝗜𝗻𝘀𝗸𝗿𝘆𝘄𝗶𝗻𝗴𝘀 : https://forms.gle/i7ZcDaJTJezutMWL9

𝗩𝗘𝗥𝗞𝗘𝗡𝗡𝗘𝗥𝗦 – 𝗕𝗥𝗜𝗡𝗚 𝗝𝗨𝗟𝗟𝗘 𝗦𝗘𝗟𝗙𝗢𝗡𝗘!

Laai vooraf die Robot36-app vanaf die Play Store af. Julle uitdaging is om die radiosein met julle fone op te vang, dit te dekodeer en te kyk hoe die 95-jaar-logo op julle skerms verskyn.

In ’n wêreld vol skerms en isolasie bied 𝗗𝗶𝗲 𝗩𝗼𝗼𝗿𝘁𝗿𝗲𝗸𝗸𝗲𝗿𝘀 iets skaars: ’n veilige, betekenisvolle gemeenskap. Hier ontde...
30/09/2026

In ’n wêreld vol skerms en isolasie bied 𝗗𝗶𝗲 𝗩𝗼𝗼𝗿𝘁𝗿𝗲𝗸𝗸𝗲𝗿𝘀 iets skaars: ’n veilige, betekenisvolle gemeenskap. Hier ontdek jongmense hulleself, bou selfvertroue en vind ’n vaste koers in die lewe. Die leuse sê dit alles: Hou Koers!

𝗗𝗶𝘁 𝗶𝘀 𝗺𝗲𝗲𝗿 𝗮𝘀 ’𝗻 𝗽𝗿𝗼𝗴𝗿𝗮𝗺. 𝗗𝗶𝘁 𝗶𝘀 ’𝗻 𝘁𝘂𝗶𝘀𝘁𝗲.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📧 [email protected]
📞 +27123296011

Address

15 Arum Avenue
Alberton
1449

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers - Org Meyer - Alberton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers - Org Meyer - Alberton:

Share