Die Voortrekkers - Oribi - Laer Suidkus

  • Home
  • Die Voortrekkers - Oribi - Laer Suidkus
Call Directions Website Contact the organization

Die Voortrekkers - Oribi - Laer Suidkus Welkom by Oribi Voortrekkers, se Faceboek-blad! 🌟

Ons is trots om aan te kondig dat ons nou amptelik gevestig is aan die Laer Suidkus van KwaZulu-Natal.

Ons glo dat kinders die toekoms is, en dat hulle blootgestel moet word aan die geskiedenis en erfenis van hul land. Dit is hoekom ons Suidkus Voortrekkers geskep het: 'n organisasie wat toegewyd is om geskiedenis pret en speels te maak vir kinders van 6 tot 18. Ons wil hê alle kinders moet weet wie hulle is, waar hulle vandaan kom en wat hulle as individue spesiaal maak. Ons sien 'n leemte in die jeug van vandag wanneer dit kom by kinders se kennis van geskiedenis en erfenis, en daarom het ons besluit om dit te vul. Ons wil hê dat elke kind toegang tot hierdie inligting moet hê ;
• of hulle nou in 'n stedelike gebied of plattelandse dorp woon;
• of hulle dit moeilik vind om vriende te maak of nie uit hul huise, weg van vandag se tegnologie kom nie;
• of hulle introverte of ekstroverte is

ons wil hê hulle moet almal toegang tot Die Voortrekkers hê! Wat bied Die Voortrekkers ? Die Voortrekkers se metode vir leierskapontwikkeling is die kombinasie van Kultuur,

Avontuur en Natuur. Deur dié metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol dienbare leiers vir môre ontwikkel.

Suidkus Jukskei Klub Hibiscus Coast Amateur Radio Club - ZS5HAC Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek
31/10/2026

Suidkus Jukskei Klub Hibiscus Coast Amateur Radio Club - ZS5HAC Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek

The traditional South African folk sport involves players throwing wooden pins (skeis) at a fixed wooden peg (pen) planted in a sandpit.

Ons is in die plaaslike koerant. Voortrekkers is lekker.Suidkus Jukskei Klub Hibiscus Coast Amateur Radio Club - ZS5HAC
30/10/2026

Ons is in die plaaslike koerant.

Voortrekkers is lekker.

Suidkus Jukskei Klub Hibiscus Coast Amateur Radio Club - ZS5HAC

Groot oë. Baie vrae. Nuwe ontdekkings!Hierdie foto van Voortrekkers wys hoe interessant leer kan wees wanneer kinders va...
28/10/2026

Groot oë. Baie vrae. Nuwe ontdekkings!

Hierdie foto van Voortrekkers wys hoe interessant leer kan wees wanneer kinders van naderby kan kyk en self kan ontdek.

’n Museum maak die wêreld buite die handboek oop. Skielik kry diere se grootte, vere, kloue en tande nuwe betekenis - en elke ontdekking kan tot nóg ’n vraag lei.

By die Voortrekkers help ons kinders om met nuuskierigheid te kyk, met begrip te leer en met respek na die natuur om te sien.

Wat is die interessantste ding wat jóú kind al in ’n museum ontdek het?

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 0824190994




27/10/2026

Jukskei Klub in en om Margate KZN

Baie dankie aan die Private Guy! 😊Lees meer hier: https://www.facebook.com/share/p/196c5Asvcm/Dit was werklik ’n naweek ...
27/10/2026

Baie dankie aan die Private Guy! 😊

Lees meer hier:
https://www.facebook.com/share/p/196c5Asvcm/

Dit was werklik ’n naweek vol pret en avontuur vir ons by Die Voortrekkers – Oribi Kommando, Laer Suidkus! 🇿🇦

Vir almal wat graag by ons wil aansluit as lid, of selfs as ’n offisier by ons Kommando betrokke wil raak, stuur gerus ’n e-pos na [email protected].

’n Baie, baie groot dankie ook aan die Suidkus Jukskei Klub en Hibiscus Coast Amateur Radio Club - ZS5HAC vir julle ondersteuning, tyd en betrokkenheid by ons jeug.

Julle gasvryheid en bereidwilligheid om julle kennis en passie met ons jongmense te deel, word opreg waardeer! ❤️

Dankie ook aan Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek vir julle ondersteuning met ons Voortrekker Kommando.

Hou Koers!

27/10/2026

History isn’t just sitting in textbooks—it’s alive right here in Margate!

Two incredible local groups decided to honor our heritage— Die Voortrekkers (Oribi Kommando) and the Hibiscus Coast Amateur Radio Club—right at the grave site of Margate’s founder, John James Erasmus (Heritage On The Air Site: HG0037).

Together, they set up portable HF radio antennas to broadcast Margate’s roots across South Africa and around the globe via the Heritage On The Air initiative. Watching locals step up to learn about radio technology while preserving our town's history was nothing short of inspiring!

A massive thank you to the Hibiscus Coast Amateur Radio Club and Die Voortrekkers Oribi Streek for making this historic day possible and keeping our community's heritage alive.

🎵 Background music generated via Wondershare Filmora 13 Music Generator.

Watch the video to see the magic happen! 👇

𝗚𝗢𝗠-𝗽𝗿𝗼𝗷𝗲𝗸: 𝗠𝘂𝗹𝗱𝗲𝗿𝘀𝗱𝗿𝗶𝗳 𝗞𝗼𝗺𝗺𝗮𝗻𝗱𝗼 𝗴𝗲𝗲 𝗼𝗺!Vanjaar het Muldersdrif Kommando ’n besondere nuwe maatjie en haar ouers onderst...
22/10/2026

𝗚𝗢𝗠-𝗽𝗿𝗼𝗷𝗲𝗸: 𝗠𝘂𝗹𝗱𝗲𝗿𝘀𝗱𝗿𝗶𝗳 𝗞𝗼𝗺𝗺𝗮𝗻𝗱𝗼 𝗴𝗲𝗲 𝗼𝗺!

Vanjaar het Muldersdrif Kommando ’n besondere nuwe maatjie en haar ouers ondersteun: tweejarige Rori.

Ná groot operasies aan haar voete het Rori vanjaar begin loop — ’n kosbare mylpaal! Sy ontvang verdere terapie om haar te help om beter te loop en spraakterapie om woorde te begin sê. Sy het ook ’n hartkondisie waarvoor sy jaarliks ’n kardioloog moet besoek. Hierdie sorg bring groot uitgawes vir haar gesin mee.

Muldersdrif Kommando het 95-feesjaarkoekies verkoop om fondse vir Rori se kostes in te samel. Só het hulle feesvieringe in praktiese omgee omskep.

Dankie, Muldersdrif, dat julle diensbaarheid uitleef en Rori en haar ouers ondersteun!

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]





🌟 Sterkte met *Kwartaal 4* en die komende eksamens, Voortrekkers! Die laaste kwartaal is hier, en ons weet julle het nog...
21/10/2026

🌟 Sterkte met *Kwartaal 4* en die komende eksamens, Voortrekkers!

Die laaste kwartaal is hier, en ons weet julle het nog baie om te bereik! 💪📚

Onthou om hard te werk, julle beste te gee en in julleself te glo. Neem dit dag vir dag, beplan julle tyd goed en moenie moed opgee wanneer dit moeilik raak nie.

Mag julle eksamens goed verloop en mag julle trots wees op die harde werk wat julle ingesit het.

Sterkte, Voortrekkers! Hou koers en gee julle beste!

Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers - Oribi - Laer Suidkus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers - Oribi - Laer Suidkus:

Shortcuts

  • Want your organization to be the top-listed non profit organization?

Share