19/09/2024
Wanneer God daardie getrekte strepie die dag uitveeâŠ
Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword.
~Jona 4-1
Ek preek so `n rukkie terug vanuit Jona, God se genade is vir ons almal...nee daar is nie `n blou druk op ons lewens geplaas nie...God vergewe ook moordenaars, diewe, onderdrukkers ens.
Dan lees ek vanoggend uit een van Stephen Joubert se dagstukkies:
Kan jy dit glo? As God sy planne wysig en besluit om Ninive nie te verwoes nie, raak Jona bitterlik kwaad, hy ontplof amper van woede. Jona wou vuur sien â letterlik. Vir wat gaan staan en bewys God genade aan `n klomp nie-gelowiges? Hy durf dit nie doen nie of verander nie, Hy moet voorspelbaar wees. Hierdie tipe God wou Jona in aksie sien, Een wat straf as sy profeet se Hy gaan straf, Een wat mense terugkry vir hulle sondes â dus die God wat Jona wil sien in Ninive. Sy teologie maak nie plek vir `n plan veranderende God nie. Jona het God se wil in sement gegeiet, sy simplistiese beskouing van God, naamlik dat jou strepie gestrek is, dan is dit getrek, werk skielik nie meer nie. God het daardie strepie in een oogwink uitgevee (delete). Hy kies om die getrekte strepies van byna 120 000 mense in Ninive te ignoreer. Praat van `n genadige, planveranderende God! Jona se woede oor God se goedheid is verstommend, maar dalk verstaanbaar. Godsdienstiges soos hy giet mos graag God in sement, hulle weet mos reeds wat God se plan is...hulle verstaan mos Sy raadsplan, net soos `n motorwerktuigkundige `n motor se enjin verstaan. Wel, die verrassende waarheid is dat God nie werk soos soos wat mense d**k nie, God boer met genade, Hy pas sy planne ooreenkomstig met Sy wil aan. Hy kyk na die berouvolle harte van mense. In die lig hiervan gebeur Sy wil. Nee, dit is Sy wil! Hy blaas eerder vure dood eerder as om dit brandend te hou. Hy deel genade uit eerder as straf, Hy gee lewe eerder as dood! Dis God op sy heel beste, selfs al is sy profeet op sy tragiese slegste, ons moet ywer om nie soos Jona te wees nie...
Vrede/Shalom