21/08/2026
Luister na Landboumikrofoon op Hartklop FM môreoggend om 06:00 (herhaal Maandag 04:45) vir die nuutste inligting rakende landbou:
• Markus du Plessis verduidelik 'n "20-maande versnelde-inkomstemodel" vir beeste, waar diere deur beter voeding en bestuur binne sowat 20 maande in plaas van die gewone 36 van die veld afgerond kan word.
• Anton Jacobie van die United Beekeepers of Namibia (UBoN) reageer op waninligting oor die wetlikheid van byeboerdery en besin oor die bedryf se groei.
• Gertjie Engelbrecht deel praktiese voorbereiding vir veldbrande met die oog op 'n hoërisiko-seisoen ná die goeie reën.
• Dirk Prinsloo van die Akkerbouprodusentevereniging stel presisieboerdery-hulpmiddels bekend wat nou vir produsente beskikbaar is.
🎧 Moenie dit misloop nie. Luister môre in op Hartklop FM!