VVA Wesselsbron FCIA

VVA Wesselsbron FCIA Free State Care in Action is a non-profit organisation with branches in all regions of the Free State and provide welfare services to all people in need.

For more than a century a variety of services are provided to people across the Free State.

💚🩵💚🩵
20/08/2026

💚🩵💚🩵

24/07/2026
🍞 VVA BROODJIEDAG 2026 – HELP ONS OM 'N VERSKIL TE MAAK! 🍞Op Vrydag, 31 Julie 2026, hou ons weer ons jaarlikse Broodjied...
09/07/2026

🍞 VVA BROODJIEDAG 2026 – HELP ONS OM 'N VERSKIL TE MAAK! 🍞

Op Vrydag, 31 Julie 2026, hou ons weer ons jaarlikse Broodjiedag-projek waar ons brood aan behoeftige mense in ons gemeenskap uitdeel.

Ons het die gemeenskap se hulp nodig om hierdie dag 'n sukses te maak!

🤝 Hoe kan jy help?

🍞 Skenk brood
Enige hoeveelheid brood sal 'n groot verskil maak. Brood kan by ons kantoor afgegee word:

Donderdag, 30 Julie, gedurende kantoorure, of
Vrydag, 31 Julie, voor 09:00.

Kan jy nie die brood self aflaai nie? Geen probleem! Kontak ons gerus – ons sal dit, waar moontlik, met graagte kom oplaai.

💙 Skenk kontant
Indien jy nie brood kan skenk nie, is kontantbydraes ook baie welkom. Ons sal die brood namens jou aankoop.

🙋 Word 'n vrywilliger
Ons is ook op soek na vrywilligers wat ons op Vrydag, 31 Julie, kan help om die brood uit te deel. Jou tyd en bereidwilligheid kan 'n groot verskil in iemand se dag maak.

📞 Kontak ons vandag indien jy 'n bydrae wil maak, as vrywilliger wil help, of meer inligting benodig:

📍 Grossmanstraat 52, Wesselsbron
☎️ 057 899 1198
📧 [email protected]

Saam kan ons hoop versprei, een broodjie op 'n slag. Baie dankie vir elkeen wat help om hierdie projek moontlik te maak! ❤️

WÊRELDSPEELDAG— LAAT KINDERS KINDERS WEES! 👧🧒✨Spel is meer as net pret — dit help kinders om te groei, te genees, te lee...
28/05/2026

WÊRELDSPEELDAG
— LAAT KINDERS KINDERS WEES! 👧🧒✨

Spel is meer as net pret — dit help kinders om te groei, te genees, te leer en te floreer. 💛

Elke kind verdien tyd en ruimte om te speel.

Op 28 Mei 2026 vier ons die krag van spel in die bou van gelukkiger en gesonder kinderjare. 🌱

Baie kinders het vandag beperkte geleenthede om te speel as gevolg van:
* armoede 💔
* onveilige omgewings ⚠️
* oormatige skermtyd 📱
* besige skedules ⏰
* gebrek aan parke of veilige ruimtes 🏞️

✨ Waarom spel belangrik is:

🧠 Ondersteun gesonde ontwikkeling
Spel help kinders om fisies, emosioneel, sosiaal en verstandelik te ontwikkel.

🎨 Bou kreatiwiteit en verbeelding
Deur spel leer kinders om kreatief te d**k en probleme op te los.

🤝 Verbeter sosiale vaardighede
Spel leer kinders om te deel, saam te werk, te kommunikeer en empatie te toon.

💙 Versterk emosionele welstand
Dit help kinders om gevoelens te verwerk, stres te verminder en veilig te voel.

🌟 Bou selfvertroue
Spel gee kinders die geleentheid om te probeer, foute te maak en weer te probeer in ’n veilige omgewing.

🏃‍♂️ Bevorder fisiese gesondheid
Aktiewe spel verbeter krag, koördinasie en algemene fiksheid.

🧸 Beskerm kinderjare
Spel gee kinders die kans om net kinders te wees — en waardevolle herinneringe te vorm.

🫶 World Play Day moedig volwassenes aan om tyd en ruimte vir spel te maak.

🎲🎈 Wat was jou gunsteling speletjie as kind? Vertel ons hieronder!

P A N N E K O E K D E N 🥞🥞🥞
22/05/2026

P A N N E K O E K D E N
🥞🥞🥞

VAKANSIEPROGRAMVandag was ’n dag vol lag, leer en mooi herinneringe op die perdeplaas 🐎🌿Die kinders het dit vreeslik bai...
07/01/2026

VAKANSIEPROGRAM
Vandag was ’n dag vol lag, leer en mooi herinneringe op die perdeplaas 🐎🌿
Die kinders het dit vreeslik baie geniet en soveel nuwe ervarings opgedoen.
’n Opregte dankie aan Elzette en haar span wat haar perdeplaas en hart vir ons oopgemaak het. Dankie ook aan Hendra en Hoërskool Sandveld Amptelike Blad wat die bussie vir ons gery het. Ons waardeer dit ongelooflik baie.
Ons sien reeds uit na die volgende keer!

Violence against women isn’t cultural, it’s criminal. Equality cannot come eventually, it’s something we must fight for ...
04/12/2025

Violence against women isn’t cultural, it’s criminal. Equality cannot come eventually, it’s something we must fight for now - Samantha Power.

Members of the community in and around Wesselsbron, Monyakeng and stakeholders took a pledge to help alleviate and fight against GBV against women and children.

Baie dankie aan elkeen wat vandag ons laaste Kuierhoekie vir Bejaardes by die VVA bygewoon het.Wat ’n kosbare oggend saa...
04/12/2025

Baie dankie aan elkeen wat vandag ons laaste Kuierhoekie vir Bejaardes by die VVA bygewoon het.

Wat ’n kosbare oggend saam met wonderlike mense. Jou teenwoordigheid, glimlag en geselskap maak hierdie byeenkomste werklik besonders.

’n Groot dankie ook aan almal wat gehelp, voorberei en opgedaag het, sonder julle sou dit nie moontlik wees nie. Julle harte van diens beteken vir ons meer as wat julle weet.

✨ Mag die Fees seisoen vir elkeen van julle vrede, liefde en oorvloedige seëninge bring.
✨ Ons bid dat 2026 vir julle ’n jaar van nuwe krag, goeie gesondheid en mooi oomblikke sal wees.

Baie seën en dankie dat julle deel is van die VVA-familie.
🤍🙏🌿

Address

52 Grossman Street
Wesselsbron
9680

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00

Telephone

+27578991198

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VVA Wesselsbron FCIA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to VVA Wesselsbron FCIA:

Shortcuts

Share