Dallerbond

Dallerbond ‘n Bond vir oud-Hoërskool Vredendal leerders, asook enige Daller-ondersteuner

03/09/2026
💚💛
27/08/2026

💚💛

𝐀𝐓𝐋𝐄𝐓𝐈𝐄𝐊

Brooklyn Waterboer (Graad 10), is opgeneem in die SA Skole-atletiekspan wat aan die COSSASA-spele in Bulawayo, Zimbabwe, gaan deelneem.

Die spele vind plaas vanaf 31 Augustus tot 3 September.
Brooklyn gaan deelneem aan Driesprong (0/17).

Ons is baie trots op jou!



𝐃𝐀𝐍𝐊𝐈𝐄Baie dankie aan die borge vir hulle bydraes tot ons afrigters se Interskole geskenk:📌 Namaqua Wines: Wyn📌 Neo Desi...
19/08/2026

𝐃𝐀𝐍𝐊𝐈𝐄

Baie dankie aan die borge vir hulle bydraes tot ons afrigters se Interskole geskenk:

📌 Namaqua Wines: Wyn
📌 Neo Design: Ontwerp en plak van etiket

Ons waardeer julle bydrae opreg!




𝐎𝐔𝐃-𝐋𝐄𝐄𝐑𝐃𝐄𝐑𝐒 𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐄𝐄𝐑Chris-Mari Nel (Matriek 2025) het vandag by die Wêreld 0/20-atletiekkampioenskappe ‘n persoonlike b...
06/08/2026

𝐎𝐔𝐃-𝐋𝐄𝐄𝐑𝐃𝐄𝐑𝐒 𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐄𝐄𝐑

Chris-Mari Nel (Matriek 2025) het vandag by die Wêreld 0/20-atletiekkampioenskappe ‘n persoonlike beste van 50.98m gegooi in die Diskus-item.

Dit was ongelukkig nie ver genoeg om vir die finaal te kwalifiseer nie, maar dit bly steeds ‘n uitstekende prestasie!

Baie geluk, Chris-Mari, ons is baie trots op jou!



05/08/2026
𝐃𝐀𝐍𝐊𝐈𝐄Dankie aan alle betrokkenes wat bygedra het tot die oprigting van ons Hoëprestasiesentrum.Ons waardeer julle belan...
04/08/2026

𝐃𝐀𝐍𝐊𝐈𝐄

Dankie aan alle betrokkenes wat bygedra het tot die oprigting van ons Hoëprestasiesentrum.

Ons waardeer julle belangstelling en bydraes opreg!



𝐃𝐀𝐋𝐋𝐄𝐑𝐁𝐎𝐍𝐃 𝐇𝐎ë𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐀𝐒𝐈𝐄𝐒𝐄𝐍𝐓𝐑𝐔𝐌 𝐎𝐏𝐄𝐍𝐈𝐍𝐆Die Hoëprestasiesentrum is vandag amptelik geopen.Ons wil graag die volgende rolsp...
03/08/2026

𝐃𝐀𝐋𝐋𝐄𝐑𝐁𝐎𝐍𝐃 𝐇𝐎ë𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐀𝐒𝐈𝐄𝐒𝐄𝐍𝐓𝐑𝐔𝐌 𝐎𝐏𝐄𝐍𝐈𝐍𝐆

Die Hoëprestasiesentrum is vandag amptelik geopen.

Ons wil graag die volgende rolspelers bedank wat hierdie droom ‘n werklikheid gemaak het:

- Almal wat oor die afgelope 2 jaar bygedra het tot ons fondsinsamelings. Dit het die aankope van toerusting moontlik gemaak (alle instansies sal in ‘n aparte plasing genoem word)
- Namastone
- Autolec Diesel
- Abrie Fouché
- JFD Paneelkloppers
- Neo Design
- Stemmet Transport
- Afrimat
- Maritz Rekenmeesters
- Vanrhynsdorp Apteek
- PG Glass
- Stephan Farms
- Alzanne Boerdery
- Hoërskool Vredendal Beheerliggaam en personeel

Ons hoop dat hierdie sentrum ons leerders sal inspireer om harder te werk en ons skool na nog hoër hoogtes op die sportveld te neem!



𝐎𝐔𝐃-𝐃𝐀𝐋𝐋𝐄𝐑𝐒 𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐄𝐄𝐑Chris-Mari Nel (Matriek 2025) is opgeneem in die Suid-Afrikaanse 0/20-atletiekspan wat aan die Wêrel...
30/07/2026

𝐎𝐔𝐃-𝐃𝐀𝐋𝐋𝐄𝐑𝐒 𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐄𝐄𝐑

Chris-Mari Nel (Matriek 2025) is opgeneem in die Suid-Afrikaanse 0/20-atletiekspan wat aan die Wêreld Atletiekkampioenskappe te Oregon, VSA, gaan deelneem.

Chris-Mari neem op 5 Augustus aan die Diskus-item deel.

Baie geluk en sterkte, Chris-Mari! Ons is baie trots op jou!



𝐃𝐀𝐋𝐋𝐄𝐑𝐒 𝐇𝐎ë-𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐀𝐒𝐈𝐄 𝐒𝐄𝐍𝐓𝐑𝐔𝐌Ons stel, met groot opwinding, die Dallers Hoë-prestasie sentrum bekend.Die sentrum is ten ...
24/07/2026

𝐃𝐀𝐋𝐋𝐄𝐑𝐒 𝐇𝐎ë-𝐏𝐑𝐄𝐒𝐓𝐀𝐒𝐈𝐄 𝐒𝐄𝐍𝐓𝐑𝐔𝐌

Ons stel, met groot opwinding, die Dallers Hoë-prestasie sentrum bekend.

Die sentrum is ten volle deur die Dallerbond befonds en sal alle leerders van Hoërskool Vredendal in staat stel om toegang te hê tot gimnasiumfasiliteite.

‘n Ou garage op die perseel is omskep in die fasiliteit en ons sien uit daarna dat leerders dit positief gaan gebruik!

Die sentrum opening amptelik sy deure op 3 Augustus!



Address

Vredendal

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dallerbond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Dallerbond:

Shortcuts

Share