Droogte Dolla

Droogte Dolla Droogte Dolla is n trotse geregistreerde NPC wat daagliks minder bevoorregte gesinne bystaan. Van droogte, brande en swaartye is ons daar om ń verskil te maak.

13/07/2026

En dit is hoe dit gedoen word...

In die huidige seisoen wat ons onsself bevind kan die volgende ietwat handig wees. VRU AH DROOGTE DOLLA stel bekend ons ...
13/07/2026

In die huidige seisoen wat ons onsself bevind kan die volgende ietwat handig wees.

VRU AH DROOGTE DOLLA stel bekend ons self geboude brandunits. Met liefde is elke een aanmekaar gesit.

Slegs R6000 vir een van hierdie outjies.

En ja dames hy is lekker lig, jy sal hom self kan oplaai as jou man nie naby is nie...

Ons het ook brandplakke teen R200 elk.

En dan vir die plekkies waar jou voertuig nie kan inkom nie, maar jy n bietjie water nodig het is daar lekker stewige en kwaliteit rugsakspuite vir R600

Ondersteun ons en help so ook dat ons ander in nood kan ondersteun.

Vir enige navrae kontak gerus :
Danie : 0663649956

In vandag se tyd sal mens baie keer d**k dat daar nie mense is wat swaarkry nie.. VRU AH DROOGTE DOLLA het n voedsel ins...
11/07/2026

In vandag se tyd sal mens baie keer d**k dat daar nie mense is wat swaarkry nie..
VRU AH DROOGTE DOLLA het n voedsel insamelings dag gehou en het n hele paar produkte ontvang.
Ons is ongelooflik dankbaar vir almal wat hulle harte oopgemaak het.

Kospakkies is opgemaak en uitgegee aan mense in nood asook n paar kinderhuise wat ons gereeld help.

In die sosiale media aspek van die projek was ons baie stil, maar moenie d**k dat ons vir n oomblik stil gesit het hierd...
11/07/2026

In die sosiale media aspek van die projek was ons baie stil, maar moenie d**k dat ons vir n oomblik stil gesit het hierdie rukkie van 2026 nie.

VRU AH DROOGTE DOLLA het 2 fantastiese persone gehad wat besluit het dat wat is n beter manier om hulle verjaarsdag te vier as om terug te gee aan ons gemeenskap.

250 mense se magies is vol gemaak op n enkele middag. Die span het vroeg oggend aan die werk gespring. Daar was gebraai en gebotter, maar die grootste vreugde was die eindelose dank wat hierdie daad aan hul gebring het.

Deur die dorp het hulle van plek tot plek gery en al die honger magies gevul.
Ons is ongelooflik dankbaar vir hierdie mense wat hul harte oopgemaak het om die gemeenskap te help, maar ons is UITERS dankbaar dat ons die voorreg ontvang deur die Here om ander te help en n verskil te kan maak.

VRU AH DROOGTE DOLLA insamewerking met Tech Rescue bied vanaand n veiling aan. 100% van die geld wat gemaak word gaan di...
10/12/2025

VRU AH DROOGTE DOLLA insamewerking met Tech Rescue bied vanaand n veiling aan.
100% van die geld wat gemaak word gaan direk aan die Kerstrok en om kersfees mense en kindertjies bly te maak.

Gebruik gerus die QR om dus op die veiling groep aan te sluit.

Die veiling vind vanaand 10 Desember plaas.

Die volgende items is op aanbod

Address

Vanderbijlpark
1900

Telephone

+27662451991

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Droogte Dolla posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share