VLV Upington

VLV Upington Die Upington tak van die VLV is 'n pionierstak van die Vrouelandbou Vereninging van Kaapland en is in Oktober 1930 gestig.

Dames wat belangstel om by ons tak aan te sluit, is welkom om my te kontak per WhatsApp vir meer besonderhede.UPINGTONUP...
04/03/2025

Dames wat belangstel om by ons tak aan te sluit, is welkom om my te kontak per WhatsApp vir meer besonderhede.
UPINGTON
UPINGTON EVENTS
Gemsbok

Die dames van die Upington-tak het  in Februarie, die maand van liefde đź’• , hul jaar afgeskop in met 'n besoek aan die pl...
20/02/2025

Die dames van die Upington-tak het in Februarie, die maand van liefde đź’• , hul jaar afgeskop in met 'n besoek aan die plaaslike Navorsingstasie.

Annette Swanepoel, die Navorsingsbestuurder, het haar passie vir natuurlike vesels gedeel en interessante feite oor katoen, bamboes en h**p in die alledaagse lewe gedeel deur middel van 'n praatjie en uitstalling. Katoen vesel en byprodukte raak bykans in alles aspekte van ons lewens, oomblik vir oomblik, sonder dat ons dit besef.

’n Potpourri van produkte waarby katoen vesels of -byprodukte gebruik word, soos byvoorbeeld watte produkte, verfynde olies vir die voedsel en kosmetiese bedrywe en selfs papier is uitgestal. Produkte wat ru-katoenolie bevat is ook lukraak in die lokaal uitgestal.

Om die vergadering op 'n prettige noot af te sluit, is die dames uitgedaag met 'n speletjie genaamd “Sien die Katoen”, waar verskeie items in die lokaal versteek was. Almal moes sensoriese organe soos sien, voel, hoor en reuk inspan. Elkeen moes 'n lys maak van die items wat hulle kon vind en het vir hul moeite pryse van katoen gemaak ontvang. Hulle het Annette se verwagtinge oortref deur items te vind wat sy nie eens op haar lys gehad het nie! Niemand het egter die verdwaalde toiletrol tussen die koffie en tee op hul lysies gehad nie!

Die vergadering het vrolik geëindig met 'n Valentynse-tema en heerlike versnaperinge.

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
Vroue Landbou Vereniging Sirkel Noord -Wes Kaap

VLV Upington takSirkel Noord-Wes Kaap Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
09/02/2025

VLV Upington tak
Sirkel Noord-Wes Kaap

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Address

Upington
8801

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLV Upington posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share