03/10/2026
HET JY AL OOIT GEWONDER …
waar is GOD
in jou pyn …
in jou verlies …
in jou storie?
TWYFEL jy ook soms, veral in jou donkerste uur, of God werklik bestaan … hoor … sien … omgee?
WONDER jy ook hoe die God van liefde dan soveel ellende, swaarkry en seerkry kan toelaat?
Is jy ook SKEPTIES oor die bestaan van bonatuurlike wonderwerke en ingrype van God?
GLO jy ook dat hoogheilige geestelikheid net beskore is vir uitverkorenes?
ERVAAR jy ook dat godsdiens en kerkbesoek nie eintlik berge kan verskuif nie?
AARSEL jy ook wanneer iemand jou vra of jy werklik glo?
BEVRAAGTEKEN jy ook soms God se liefde, vergifnis en betrokkenheid in jou lewe?
Het jy jou al ooit VERWONDER aan die beginsel van net ‘n mosterdsaadjie geloof wat berge kan versit?
INDIEN WEL, dan is die vraag nou of jy ooit my storie sal kan glo.
Ek twyfel of jy sal kan, want dit klink so vergesog wanneer ek my eie storie vertel, dat ek soms self nie kan glo dat ek, die lappop van die ashoop, so ‘n storie kon beleef om te kan storie nie.
My lewe was “stikkint” vanaf die dag dat ek gebore is, en op ‘n plek gedump is waar ek nie gehoort het of welkom was nie. Teen die tyd dat ek ‘n tiener geword het, het ek geweet ek is ‘n wrong mistake … ‘n reject … ‘n outcast … ‘n oorsensitiewe freak … en ek kon net wonder wie het my spaceship gehijack.
Vandag is ek al ‘n senior citizen en het ek al jare lank die mees glorious ministry waar ek mense uit my pyn, my ellende, my victories, my gawes en talente, my kwalifikasies, my ervaring en my battle scars help om die lewe triomfantelik te kan oorwin … OMDAT ek ‘n swartskaap en ‘n alien gebore is!
Soveel keer in my lewe het ek voor God geloop en gekerm en gehuil en geteem en gekla oor NOG ‘n ontsaglike onreg, ‘n onoorkomelike berg of ‘n vernietigende afgrond voor my … en elke keer kon ek duidelik hoor:
“My kind, na My beeld en gelykenis is jy geskape … weinig minder as ‘n hemelwese het Ek jou gemaak … sodat jy oor slange en skerpioene sal kan loop sonder dat enige skade ooit oor jou kan kom … because no weapon formed against you shall prosper, My anointed one.
Ek het aan jou outoriteit gegee oor die magte van die duisternis … en dis Ek wat alles ten goede vir jou laat meewerk … dis Ek wat jou lei, vertroos, inspireer en die krag gee om dwarsdeur elke berg en terugslag te kan gaan … dis Ek wat vir jou sê spring wanneer jy by ‘n afgrond kom sodat Ek jou kan vang en op ‘n hoër beter plek kan neersit.
En as Ek vir jou is, wie sal dit waag om teen jou te wees. Wees jy net stil en weet dat Ek God is … ONLY BELIEVE!”
Dus het ek geleer hoe om met ‘n mosterdsaadjie geloof die ONMOONTLIKE moontlik te kan maak deur eenvoudig myself te herinner aan wie ek werklik is: … a child of the Most High, the Great and Awesome Living God, the God of magic and miracles, the God of IMPOSSIBILITIES!
Dit beteken ook dat ek onbeperkte potensiaal besit, met ingeboude powertools, ‘n kombinasie van 10 verskillende intellekte, gawes en talente … en die Gees van God om my te lei … die Bloed van Jesus om my te beskerm … en ‘n host of heavenly armies om my te help … en dan is ONMOONTLIK mos altyd MOONTLIK, of hoe?
Terloops: dis presies wie JY ook in Christus is en ek kan dit aan jou bewys … want ek leer mense hierdie konsepte en waarhede elke dag!
Ek is kastig ‘n kliniese sielkundige, maar eintlik is ek ‘n trauma terapeut a.g.v. my battle scars … ek is ook ‘n life survival coach, maar eintlik is ek ‘n expert daarin omdat ek self meer as een keer deur elke major life survival crisis gegaan het in my leeftyd!
Keer op keer het ek my lewe van niks af weer opgebou, beter as tevore … en jy kan ook!
Bv. eendag het omstandighede my gedwing om ‘n kwekery op die been te bring met geen geld, geen hulp, geen ondersteuning, geen kennis en geen keuse. Sewe jaar later stap ek weg uit ‘n groothandel kwekery en ‘n triomfantelike sukses, want my God het die onmoontlike moontlik gemaak.
Daarna het ek verskeie suksesvolle besighede uit niks voortgebring, keer op keer, en elke keer was God my silent partner = sukses gewaarborg!
* “Pappa God, ek wil so graag my droomhuis wat ek op hierdie stuk papier geteken het, hê, maar dit kan net R45 000 kos. Ek weet dit is onmoontlik, maar ….” En my God sit dit in my skoot neer as ‘n asemsnakkende wonderwerk.
* “Here my God, ek kan nie verder nie, hierdie is die einde van die pad vir my …” en skielik onthou ek weer wie ek in my God is (Sy oogappel), en toe ‘n engel die bottel pille en die gelaaide 9mm uit my hand vat, toe storm ek op my victory af wat God reeds in plek vir my gehad het … victory op victory op victory … en boonop gebruik Hy my vyande om dit moontlik te maak.
* “My Here en my God, kyk hoe onverklaarbaar flenters is my jammer voertuig se enjin … hoekom? … en wat nou?” My God sê ek moet stilraak en onthou Hy het die eerste voertuig vir my gegee en nou stuur Hy ‘n beter, meer luukse motor gratis en verniet aan my … en Hy het!
* “My God my God, asseblief help – ek het kanker en dis die dal van doodskaduwee om my omdat stage 4b oor my gespreek is …” en skielik onthou ek my God het die laaste sê, en ek stap anderkant die teater uit silwerskoon sonder enige kankerselle en enige behandeling ooit … en ek is steeds jare lank skoon en so sal dit bly, want my God doen nie halwe werk nie.
* “Here-Here van my lewe, asseblief help! ‘n Strik van bedrog en leuens … die net van die voëlvanger het oor my toegeval en ek is alleen, weerloos en onskuldig … totaal oorweldig deur die boosheid hiervan.”
Skielik onthou ek weer wie ek in my God is, en daardie nag stuur God vir my ‘n profetiese droom waar Hy Self voor my uitloop en die spinnerakke stukkend ruk … net daarna beland my vyande self in die web wat hulle vir my gespin het, soos altyd … en ek stap skotvry weg. To God be the glory!
En hierdie paar voorbeelde is net die piek van die ysberg.
Deur dit alles het God my geleer van LIFE SURVIVAL SKILLS en hoe om dit toe te pas. Hoe om te bid, hoe om te vra, hoe om te glo en hoe om te ontvang.
Weet JY hoe? Weet JY hoe om sin te maak uit jou pyn en terugslae? Weet JY hoe om dit om te draai tot wins? Weet JY hoe om daaruit te groei in elke opsig? Nee?
Dan WIL jy my storie lees en dis ‘n storie oor die lewe van ‘n “niks en niemand” wat God se oogappel geword het deur die krag van ‘n mosterdsaadjie geloof en NIE uit sondevrye volmaaktheid nie!
My volgende hoofstuk gaan verder hieroor. Moet dit nie mis nie, dit mag dalk JOU hele lewe: verlede, hede en toekoms, verander.
Vir praktiese hulp en ondersteuning met die seerkry en swaarkry van die lewe, besoek gerus:
https://www.facebook.com/WarriorQueensSA
https://www.facebook.com/groups/hulpsentrumpretoria
Asb. SHARE hierdie inligting sodat ander ook kritieke hulp en geloof in hierdie moeilike tye kan ontvang.
Baie dankie.
Heté Jordaan
Trauma Therapist / Life Survival Coach
HELP CENTRE, PRETORIA
Whatsapp: 082 392 1663