Ons Plek Helpende Hand Strand

Call Website Contact the organization

Ons Plek Helpende Hand Strand Solidariteit Helpende Hand Ons Plek is ñ opvoedkundige gemeenskapsprojek.

12 projekte waarby jy kan betrokke raak.1. Lig-konsert: dis aanlyn ook beskikbaar.2. Ons het jou BROODNODIG projek.3. He...
12/10/2026

12 projekte waarby jy kan betrokke raak.

1. Lig-konsert: dis aanlyn ook beskikbaar.
2. Ons het jou BROODNODIG projek.
3. Help ons met ñ bussie vir ons nasorg.
4. Koop een van ons oulike aktiwiteiteits boeke en leesboeke.
5. King Pie is een van ons grootste donateurs. Jy kan ook wees...
6. Boeremark: gaan kuier lekker by die Voortrekkermonument en ondersteun ons stalletjie.
7. Skenk enige kos en klere en selfs speelgoed.
8. Help Hetta: toiletware vir dogters. Help Jannie vir seuns.
9. Kalenders: borg ons kalenders vir bewusmaking.
10. Kerspartyjie: help ons om vir elke kind ñ geskenk te gee vir kersfees.
11. Koop ñ hoedjie sodat jy nie brand nie.
12. Roomys is ook altyd welkom.

Ons wens vir vandag is dat jy by een van julle projekte sal betrokke raak....

12+ Vrywilligers....12 fotos van jongmense en ouer mense wat hulle tyd offer om ñ verskil te maak.12 dienste wat ons lew...
11/10/2026

12+ Vrywilligers....
12 fotos van jongmense en ouer mense wat hulle tyd offer om ñ verskil te maak.
12 dienste wat ons lewer:
1. Bybelstudie en lofprysing
2. Terapeutiese dienste
3. Leesklasse
4. Kunsklasse
5. Rekenaar vaardighede en Wolkskool
6. Ouerondersteuning/ hulp
7. Buite programme en aktiwiteite
8. Voedsame maaltye vir die kinders
9. Voedingsleer en gesondheids sorg
10. Selfsorg programme en aktiwiteite
11. Dissipline. Selfwaarde en respek vir ander.
12. Huiswerk ondersteuning en vervoerdienste.

Ons wens:

Ons wens is dat 12 nuwe vrywilligers betrokke kan raak.
Jy kan betrokke raak op meer as 12 maniere, kontak my gerus om meer uit te vind.

Trix Dyason 0614021512
Epos: [email protected]

Ons is 12 jaar oud vandag!!! 12 fotos van hoe lekker dit is by Ons Plek Strand. 12 Jaar van genade, goedheid en guns. By...
10/10/2026

Ons is 12 jaar oud vandag!!! 12 fotos van hoe lekker dit is by Ons Plek Strand. 12 Jaar van genade, goedheid en guns. By Ons Plek Strand leef ons voluit in Afrikaans en geniet elke oomblik.

Hou hierdie blad dop en kyk hoe jy betrokke kan raak...

Vandag se wens:

Ons wens is dat 12 mense hierdie blad sal deel met 12 ander mense...

Môre 12uur sal ons die volgende wens opsit.

Vandag vier ons Internasionale Onderwysersdag en is in besonder dankbaar teenoor elke personeellid by die Solidariteit H...
05/10/2026

Vandag vier ons Internasionale Onderwysersdag en is in besonder dankbaar teenoor elke personeellid by die Solidariteit Helpende Hand Ons Plek kleuterskool en naskoolsentrums.
Dankie is te klein vir dit wat ons regtig bedoel.

Ons was ook baie lekker bederf by Ons Plek Strand...eers met sjokolade koek van Lize Theron af en toe bederf een van ons ouers ons met heerlike roomys.

Baie dankie vir al die bederf.
Ons waardeer elke juffrou en elke ouer wat ñ verskil maak.

05/10/2026

Vandag vier ons Onderwysersdag – ’n dag om dankie te sê aan elke onderwyser wat elke dag meer doen as om net kennis oor te dra.

Hulle leer kinders om te lees en te skryf, maar ook om te droom, te glo, deur te druk en in hulself te glo. Hulle sien soms potensiaal raak lank voordat ’n kind dit self kan sien.

Aan elke onderwyser wat met geduld, passie en liefde ’n verskil maak: dankie vir die spore wat julle in jong lewens trap. Julle werk verander nie net vandag se kinders nie – dit help om môre se samelewing te vorm.

Ons salueer julle vandag en elke dag en ag julle hoog.

"Kwaliteit personeel in die onderwys, is 'n dankbare bate vir kinders".
-Marieta Kemp

Geseënde Onderwysersdag!

05/10/2026

𝗗𝗶𝗲 𝘄𝗮𝗮𝗿𝗱𝗲 𝘃𝗮𝗻 '𝗻 𝗴𝗲𝘄𝗼𝗻𝗲 𝗱𝗮𝗴
deur René Roux
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Partykeer begin ’n kind se toekoms verander met iets wat vir ons so eenvoudig mag lyk: ’n veilige plek, ’n bord kos, iemand wat help met huiswerk en ’n hart wat raaksien. ❤️

Agter elkeen van die agt Ons Plekke van Solidariteit Helpende Hand is daar ’n gemeenskap wat kies om nie anderpad te kyk nie – maar saam ’n verskil te maak in die lewens van kinders en gesinne.

Ons is ongelooflik trots om saam met Solidariteit Helpende Hand deel te wees van hierdie mooi verhaal van hoop, omgee en liefde wat nie net met woorde bely word nie, maar met dade uitgeleef word.

Lees meer oor die kosbare werk van Ons Plek en hoe gewone middae ’n buitengewone verskil in ’n kind se lewe kan maak. Die artikel verskyn ook in die Oktober-uitgawe van JUIG!.

🔗 Lees die artikel hier: https://juignuus.co.za/die-waarde-van-n-gewone-dag/

Tema: Insekte.Die kinders het plantjies geplant vir hulle insekte.Van fyn motories tot groot motories leer die kinders v...
14/08/2026

Tema: Insekte.

Die kinders het plantjies geplant vir hulle insekte.
Van fyn motories tot groot motories leer die kinders van insekte en plante.

By Ons Plek Strand leer jou kind in Afrikaans...en leer ook om te blom daar waar God jou geplant het.

Juffrou Suzanne maak seker ons kinders is gelukkig en ontwikkel op alle vlakke.

KONSENTRASIEKAMP-DAG 16 JUNIEDie Afrikanerkultuur is diep verweef met herinneringe aan moeilike tye wat gemeenskappe saa...
16/06/2026

KONSENTRASIEKAMP-DAG
16 JUNIE

Die Afrikanerkultuur is diep verweef met herinneringe aan moeilike tye wat gemeenskappe saam moes deurstaan. Een van die belangrike herdenkings in ons geskiedenis is die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog. Konsentrasiekampdag word herdenk om die vroue en kinders te onthou wat tydens die Anglo-Boereoorlog in kampe gely en gesterf het.
Binne die waardes van Helpende Hand se Ons Plekke en Ons Sentrum word hierdie dag herdenk.
Ons sal onthou.
Ons Kinders. Ons Taal. Ons Toekoms. Ons Plek.
Besoek ons hier: https://helpendehand.co.za/sentrums/

BOERESPORTBy Solidariteit Helpende Hand se Ons Plekke en Ons Sentrum ontvang mense nie net ondersteuning nie, maar belee...
12/06/2026

BOERESPORT
By Solidariteit Helpende Hand se Ons Plekke en Ons Sentrum ontvang mense nie net ondersteuning nie, maar beleef ook weer 'n gevoel van identiteit, gemeenskap en kulturele verbondenheid. Binne hierdie ruimtes word die Afrikanerkultuur op 'n praktiese manier uitgeleef deur waardes soos geloof, familie, respek en omgee vir mekaar.
Die Afrikanerkultuur is sterk verbind met tradisies wat oor geslagte heen oorgedra is en mense saambring met stories, musiek, kos, geloof en gemeenskapsaktiwiteite. Een van hierdie tradisies is boeresport wat lank reeds deel vorm van Afrikaanse feeste en gemeenskapsbyeenkomste. Boeresport sluit aktiwiteite in soos sakresies, toutrek, jukskei en ander speletjies wat spanwerk, deursettingsvermoë en vrolike samehorigheid bevorder.
Boeresport herinner ons aan eenvoudiger tye toe gemeenskappe saam gelag, saam gewerk en saam feesgevier het. Hierdie kultuur van saamstaan en deelname leef steeds voort in die waardes wat by die Ons Plekke en Ons Sentrum bevorder word.
Deur kulturele tradisies soos boeresport te onthou en te vier, help die Ons Plekke om 'n gevoel van trots, verbondenheid en menswaardigheid binne 'n veilige en ondersteunende gemeenskap te versterk.

Ons Kinders. Ons Taal. Ons Toekoms. Ons Plek.
Besoek ons hier: https://helpendehand.co.za/sentrums/

10/06/2026

Address

Woltemadestraat 66. Strand
Strand

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Plek Helpende Hand Strand posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Plek Helpende Hand Strand:

Share