ENGO - Sasolburg Jeugsorgsentrum

Call Website Contact the organization

ENGO - Sasolburg Jeugsorgsentrum Sasolburg Jeugsorgsentrum huisves 24 kinders. 12 Seuns by Vlaardingen huis en 12 dogters by Hans van Rensburg huis.

22/08/2026

Kinderhuis kind

Ek was 4 jaar oud toe my pa vermoor is, en ons Kinderhuis toe is. Ek onthou die klomp huise, die nuwe dorp, die verlange na wie agtergelaat is. Ek onthou tannie Annetjie Stahmer en haar man. Hulle het my met ope arms ontvang en min sou ek weet dat tot vandag toe sal ek die waardes hê wat hul my van kleintyd geleer het. Hulle sou na my omsien tot ek 11 is.

Ek lees so baie van mense wat praat dat Kinderhuis kinders gewoond raak om alleen te wees, hulle ken duidelik nie my huisouers wat ek gehad het nie. As ons gehuil het, was my tannie daar, EN daar was altyd iemand. Of dit ons huisouers was of jou kamer prefek. Daar was altyd vir jou iemand. Ek d**k tog dat kinderhuis kinders meer geseën was(is), want hulle het 3 maal 'n dag kos gekry, het nooit honger gaan slaap nie, behalwe wanneer hulle vakansies huistoe is. Hulle kon aan enige sport deelneem, ja meestal in tweedehandse klere, maar dit was nog ordentlik. Jy het geleer om na jouself kyk, m.a.w eie bed opmaak, skoonmaak ens. By die kinderhuis het ek meer soos 'n kind gevoel as by my eie ouerhuis.

By die kinderhuis het ek geweet dat my huisouers lief is en omgee vir my. Hulle het saam met ons gelag en saam met ons gehuil. Hulle het ure saam met ons gesit en huiswerk doen, leer vir 'n toets en take gedoen, sonder om eenmaal te kla daaroor. Nooit het ek my huisouers hoor kla nie. Wanneer ek terug d**k aan my kindertyd, was die kinderhuis een van my beste herinneringe.

Ek verstaan mense wat nie self in 'n kinderhuis was nie, sal d**k hulle weet wat aangaan daar. My eie vriendin het in hoërskool eendag 'n opinie gehad dat kinderhuis kinders vuil is, stink en luise het.🤣 Toe ek vir haar sê maar ek was een, toe was sy so geskok gewees en het gesê maar ek lyk en gedra my nie soos een nie😱 Moral of the story is, moenie aannames maak nie.

Vir elke huismamma wat na leen kinders kyk, baie dankie. Baie dankie vir die rol wat julle in daardie kind se lewe speel. Dankie dat julle liefde vir 'n kindjie gee wat nie jou biologiese kind is nie. Dankie dat julle die geduld het vir kinders wat net seerkry ken in die lewe, en d**k dis hoe mens liefde wys. Maar julle gee nie op nie, julle bly liefde gee. Dankie vir jou opoffering.

En vir my liewe tannie Annetjie Stahmer, ek hoop ek het so goed uitgedraai soos wat tannie van my geglo het! Ek hoop dat ek tannie trots gemaak het.❤

- Nastassja Nieuwoudt ❤️

Mammas 24/7


Repost

Gelukkige Vadersdag aan al die mans wat by Engo betrokke is!Vandag eer ons elke pa, oupa, voog, mentor en man wat met li...
21/06/2026

Gelukkige Vadersdag aan al die mans wat by Engo betrokke is!

Vandag eer ons elke pa, oupa, voog, mentor en man wat met liefde, wysheid en toewyding ’n verskil maak in die lewens van ander. Dankie vir julle voorbeeld van omgee en diensbaarheid.

Mag hierdie dag vir julle gevul wees met kosbare oomblikke saam met geliefdes.

Gelukkige Vadersdag!

Kontak Engo vandag by 060 548 5543 of [email protected]

16/06/2026

🇿🇦 Gelukkige Jeugdag! 🇿🇦

Vandag vier ons die energie en hoop van ons jeug wat die boustene van ons land se toekoms is. By Engo glo ons daarin om elke kind te koester, te beskerm en te bemagtig sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.

Besoek ons webwerf by www.engo.co.za om te sien hoe jy vandag saam met ons 'n blywende verskil in die lewens van ons kinders kan maak! 💙

10/05/2026

Mother’s Day is the perfect time to say thank you for the endless love, patience, and care that moms give unconditionally every single day. 🌸

At Engo, we celebrate every mother, grandmother, and mother figure who makes a difference in the lives of those around them. May your day be filled with spoils, beautiful flowers, and precious moments with your loved ones.

Happy Mother’s Day! 💙

06/05/2026

🌿 Kinderversorgersweek 🌿

Aan elke kinderversorger, jeugsorgwerker en elkeen wat hul hart oopmaak vir kinders in nood – ons sien julle. 💚

Julle is soveel meer as net werkers.
Julle is beskermers in chaos,
’n stem vir dié wat nie gehoor word nie,
en ’n lig in tye waar hoop skaars voel.
Elke laat nag, elke moeilike gesprek, elke oomblik van geduld en omgee – dit maak saak.
Selfs wanneer dit ongesiens voel, verander julle lewens.

Julle staan in die gaping vir kinders wat nie hul omstandighede gekies het nie.
Julle wys vir hulle dat hulle waardevol is, dat hulle gehoor word en dat hulle storie nie in pyn eindig nie. 🌱

💛 Julle bou nie net vir kinders sorg nie…
julle bou toekoms.

Dankie vir julle veerkragtigheid, julle opoffering en julle liefde.

Hou aan opdaag. Hou aan glo. Hou aan bemagtig.

✨ Want elke kind maak saak. ✨ Corrie Muller Kathy Lorraine Badenhorst

Engo Free State

30/04/2026

4 van ons seuns verteenwoordig die Vrystaat Provinsie by die SA atletiek. Watter voorreg en weet julle maak ons trots. Dankie aan Kathy Lorraine Badenhorst vir die soek van borge en ondersteuning van die seuns. Dankie aan al die borge wat verseker het dat ons seuns die geleentheid kan beleef.
Engo Free State

22/04/2026
10/04/2026

4 van ons kinders het die kamp bygewoon en het soveel baat gevind. #

Van ons by Sasolburg Jeugsorgsentrum wens ons almal 'n wonderlike kwartaal.
10/04/2026

Van ons by Sasolburg Jeugsorgsentrum wens ons almal 'n wonderlike kwartaal.

Engo en Omgie wens al die leerders en onderwysers baie sterkte toe met die nuwe kwartaal wat voorlê. Mag dit ’n tyd vol pret, nuwe uitdagings en groot sukses vir elkeen van julle wees!

Address

Sasolburg
9700

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ENGO - Sasolburg Jeugsorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to ENGO - Sasolburg Jeugsorgsentrum:

Shortcuts

Share