Solidariteit Helpende Hand Sabie

Solidariteit Helpende Hand Sabie Helpende Hand is 'n gemeenskapsorganisasie wat fokus om Afrikaner-armoede te verlig, voorkom en verbreek met die fokus op kinders, gestremdes en bejaardes.

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenhei

d van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

28/05/2026

Volg MPUMALANGA LAEVELD & KWAZULU-NATAL-NOORD en mis niks 📸

Hou jy van ontwikkeling?
Verandering vir die beter?
Sien hoe mense se lewens weer verbeter?

Wil jy meer sien, meer weet, en eerste hoor van die ongelooflike projekte en mense wat ’n verskil maak?

Moenie dit mis nie!

Volg en deel ons Facebook-blad:
https://www.facebook.com/profile.php?id=61586723576431

Van inspirerende stories, gemeenskapsnuus tot maniere waarop jy ook betrokke kan raak.

Welkom by Solidariteit Helpende Hand se blad vir Mpumalanga Laeveld-en KZN Noord-streek.

07/05/2026





Die wêreld van werksoek is dinamies en veeleisend. Daar is konstante uitdagings wat oorwin moet word en in Suid-Afrika, waar werkloosheid...

07/05/2026





Entrepreneurs word nie net gebore nie – hulle word toegerus. Akademiese vaardighede, blootstelling en geleenthede lê die grondslag waarop passie en harde werk kan bou. Deur in ’n student te belê, belê jy indirek in toekomstige werkskeppers, ekonomiese groei en selfstandigheid en waardigheid.

07/05/2026




07/05/2026



'n Unieke waardeaanbod van Solidariteit Helpende Hand is strukture wat gemeenskappe ontwikkel om welstand te bevorder deur werksyn.
Met die wins van die verkope van tweedehandse goedere bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, skep werkgeleenthede en dra by tot studiefondse vir studente wat wil studeer maar dit nie kan bekostig nie.

Skenk aan jou naaste ons winkel hier: https://helpendehand.co.za/ons-winkel/

07/05/2026



Mense wat saamwerk, vermag oneindig meer as mense wat saam afbreek.

12/04/2026

Die Brugfonds maak dit moontlik om kinders te ondersteun met noodsaaklike hulp waartoe hulle andersins nie toegang sou hê nie.

Bou saam: brugfonds.co.za

09/02/2026




Ek het onlangs 'n nota in my veldjoernaal gemaak van 'n plasing wat ek raakgelees het: "Soms gaan ons net deur dinge, omdat dinge dinge is …"

Soms voel die lewe 'n bietjie oorweldigend, nie omdat ons 'n katastrofe beleef het nie, maar omdat dinge net gebeur. Dis rekeninge, konflik tussen vriende, frustrasie op die pad, werk, en sommer net … dinge.

As iemand wat simboliek en rede agter elke ding probeer soek, moes ek eers 'n bietjie daaroor d**k, want na my mening gebeur alles met 'n doel. Romeine 5 het dinge vir my 'n bietjie duideliker gemaak.

In Romeine 5:3-4 leer ons dat verdrukking ons leer om te volhard; volharding leer ons om betroubaar te wees; en betroubaarheid lei tot hoop. Selfs in ons swaarkry, kan ons die pad na hoop kan sien. Dit beteken nie dat ons genot uit ons moeilike omstandighede moet put nie, maar dat ons kan leer om dit te hanteer sonder om ons vrede te verloor.

Welstand beteken nie dat jy geen probleme sal hê nie, maar dat jy die vermoë sal hê om geestelik, emosioneel en fisies in balans te bly te midde van die lewe en sy dinge. Dit beteken ook om jou werk en roetine te sien as 'n manier om God te dien. Deur bewustelik te werk en jouself te versorg, kan jy 'n ritme vind waarin die alledaagse dinge nie net dinge bly nie, maar deel word van 'n groter proses van groei en volharding.

Ja, liewe Leser, dinge gebeur. Hoe ons kies om dit te hanteer, vorm ons. Deur God se genade kan selfs die eenvoudigste dag vol uitdagings 'n les wees in geduld, vreugde en innerlike rustigheid. Soms gaan ons net deur dinge omdat dinge dinge is, maar in Christus gaan ons nooit alleen deur daardie dinge nie.

Vriendelike groete
Hilde Kruger
Solidariteit Helpende Hand
Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5

Address

Sabie
Sabie
1260

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Sabie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share