24/12/2025
Ek wil aan die Here baie dankie sê vir elke Donateur wat klere, Linne, skoene, breekware en sommer alles geskenk het aan Pretoria Noord Gee Om, so kon ons vir 152 volwasse en kinders weereens uitdeel op 8 Desember 2025. Dankie dat almal hande vat en help aanry of net skenk. Sonder skenkings kan ons dit nie moontlik maak nie. God bly altyd getrou. Baie dankie aan die Bestuurspan wat ons hande om hoog hou en klere sorteer en help met die groot uitdeel daarvan. Alleen sou ons dit nooit gedoen het nie. Dit is hoekom dit God se Projek is. Kom vat asb met ons hande en help in die nuwe jaar wat voorlê. Indien u wil Saai, kontak ons gerus. Agapé
Linda 0832789554
Past Peter 0832256856