Derdepoort Helpende Hand Gemeenskapsentrum

Derdepoort Helpende Hand Gemeenskapsentrum Ons Plek Derdepoort fokus daarop om vir Afrikaanse kinders in die gemeenskap ʼn naskool-heenkome te bied waar hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees.

Ons bedien graad R tot graad 12-kinders en voorsien vervoer, gekookte ete, huiswerkhulp en terapie SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
- Verbands- of huuronkostes
- Elektrisiteitsrekeninge
- Herstelkostes aan wonings
- Trek- of reisonkostes
- Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
- Begrafnisdienste
- Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Klein hondjie sindroom... magies vol ogies toe! Baie dankie aan Buffelsfontein Baard-olie & Brandewyn Meyer Le Roux vir ...
17/06/2026

Klein hondjie sindroom... magies vol ogies toe! Baie dankie aan Buffelsfontein Baard-olie & Brandewyn Meyer Le Roux vir 'n heerlike bederf van hamburgers en koeldrank. n Reuse dankie ook aan Grundling Busse wat ons veilig vervoer het. Die kinders se opgewondenheid kon van ver af gehoor word n busriy en n burger.. dit is mos hoe mens n eksamen afsluit. Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal Anke Smit Elize Bezuidenhout

JAPIE GREYLINGSolidariteit Helpende Hand se Ons Plekke en Ons Sentrum is ruimtes waar die Afrikanerkultuur steeds 'n bel...
05/06/2026

JAPIE GREYLING
Solidariteit Helpende Hand se Ons Plekke en Ons Sentrum is ruimtes waar die Afrikanerkultuur steeds 'n belangrike rol speel in die vorming van identiteit, gemeenskap en menswaardigheid. Hier word mense ondersteun in 'n omgewing waar geloof, familie en kultuurerfenis help om hoop en verbondenheid te versterk.
Die Afrikanerkultuur is gevorm deur verhale van moed, volharding en opoffering. Hierdie geskiedenis leef voort deur mense en stories wat ons herinner aan die waarde van beginselvastheid en die bereidwilligheid om vir jou gemeenskap op te staan.
Een van ons kinderhelde is Japie Greyling. Hy word onthou as 'n jong Boereverkenner wat tydens die Anglo-Boereoorlog geweier het om belangrike inligting aan Britse soldate bekend te maak. Sy verhaal het oor die jare 'n simbool geword van lojaliteit, moed en standvastigheid in die Afrikanergeskiedenis.
Hierdie waardes word ook met die Ons Plekke verbind. Deur historiese figure soos Japie Greyling te onthou, word jonger geslagte herinner aan die belangrikheid van karakter, geloof en omgee vir jou mense.
Hierdie waardes wat deel is van ons kultuurerfenis leef voort in Helpende Hand. Dit vind praktiese uitdrukking in samehorigheid, trots en diensbaarheid aan die gemeenskap.
Ons Kinders. Ons Taal. Ons Toekoms. Ons Plek.
Besoek ons hier: https://helpendehand.co.za/sentrums/

As ons Plek Derdepoort Nasionale Kinderbeskermingsweek vier.. doen ons. Dit behoorrlik in kleur. Departement van Gesondh...
03/06/2026

As ons Plek Derdepoort Nasionale Kinderbeskermingsweek vier.. doen ons. Dit behoorrlik in kleur. Departement van Gesondheid besoek ons en natuurlik moet die inspekteur ook sy groen strikkie ontvang en staan vir n foto. Boulevard Catering borg kolwyntjies met groen groen strikkies. MBT staan vir hulle foto. Swaanstraat Apteek se Aptekers neem deel, Self ons visvangwinkel Die Hengelvriend staan vol vertroue met hul strikkies. FCS,Crimestoo, SA Chaplancy, Unchain our Children, Brinant en Proshield besoek ons. En natuurlik was die honde die beste deel....plakate is op gesit en ons het afgesluit met n kleurvolle en morsige aktiwiteit. Dankie aan elkeen se betrokkenheid om ons kinders te beskerm. Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging Elize Bezuidenhout

11/05/2026

Saterdag ...'n koeloggend maar warm harte. Ons damesoggend, Sonder versiersuiker, Met Ronelle Foster as gasspreker het gesorg dat daar gelag en gehuil word. haar verhaal van hoe sy kanker oorwin het is sonder fieterjasies, oop en eerlik. JP Murphy sorg dat die voete jeuk met sy pragtige stem en opgewekte liedjies wat almal ken, Quintus, Danotello en Piter vertel die dames van wat Ons Plek Derdepoort vir hulle beteken. Ons stel ook bekend ons vaardigheidsprojek, spesifiek vir ons leerders beken. Hierdie projek fokus op meer as net vaardigheid - dit fokus op besigheidsaspekte, begrotings en bemarking en natuurlik die vervaardiging van ons eie reeks kerse en badprodukte. Voorwaar 'n oggend vol emosies.

Saterdag ... 'n koeloggend met warm harte. Ons damesoggend, Sonder versiersuiker, met gasspreker Ronelle Foster was 'n b...
11/05/2026

Saterdag ... 'n koeloggend met warm harte. Ons damesoggend, Sonder versiersuiker, met gasspreker Ronelle Foster was 'n belewenis. Haar verhaal van hoe sy kanker oorwin het is gekenmerk deur lag en trane. 'n Oop eerlike gesprek sonder fieterjasies en mooi praatjies - oop en eerlik. JP Murphy het die voete laat jeuk met sy pragtige stem en liedjies wat almal ken. Ons Plek Derdepoort stel ons vaardigheidsprojek bekend- spesiaal vir kinders om hulle alles te leer van besigheid en natuurlik om hul eie produkte te vervaardig. Quintus, Danotello en Pieter vertel die dames wat Ons Plek Derdepoort vir hulle beteken. Voorwaar 'n oggend van megelmoes emosies

20/03/2026
Om 'n maatskaplike werker te wees is baie keer 'n ondankbare beroep. Chaotiese omstandighede, lang ure, en baie trane. D...
18/03/2026

Om 'n maatskaplike werker te wees is baie keer 'n ondankbare beroep. Chaotiese omstandighede, lang ure, en baie trane. Daarom wil ons vir ons maatskaplike werkers by Derdepoort n groot "shoutout gee". Sout van die aarde mense. Dankie vir wat julle doen.

Jaja ons moes net...
06/02/2026

Jaja ons moes net...

Address

117 Swaan Straat
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:30
Tuesday 07:30 - 17:30
Wednesday 07:30 - 17:30
Thursday 07:30 - 17:30
Friday 07:30 - 17:30

Telephone

0827721821

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Derdepoort Helpende Hand Gemeenskapsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Derdepoort Helpende Hand Gemeenskapsentrum:

Share