Pharos Gemeenskap Sentrum Community Centre

Pharos Gemeenskap Sentrum Community Centre Pharos is die griekse woord vir Ligtoring. Pharos Gemeenskapsentrum bestaan in en vir die gemeenskap.

Ons wil die mense van ons gemeenskap help om gemeenskapsmense te wees!

🥶🧣Winter Projek 🧣🥶Baie mense in ons gemeenskap het nie genoeg warm beddegoed nie. ❤️ SAAM kan ons verseker dat niemand h...
12/05/2026

🥶🧣Winter Projek 🧣🥶

Baie mense in ons gemeenskap het nie genoeg warm beddegoed nie.

❤️ SAAM kan ons verseker dat niemand hierdie winter koud slaap nie. Deel hierdie pos sodat ons soveel mense as moontlik kan bereik

** Wereld Maatskaplike Werker Dag **
17/03/2026

** Wereld Maatskaplike Werker Dag **

18/02/2026

Geen kook. Geen skottelgoed. Net smullekker burgers! 🙌

Maak jou Vrydagaand (27 Feb) maklik en kom ondersteun die Dissipelland-span by ons Padkafee. Dis die ideale wegneem-opsie na 'n lang week. Ons kan nie wag om jou daar te sien nie!

Tag iemand wat 'n blaaskans van kosmaak verdien!

26/01/2026

Help ’n tienerseun of -meisie om te sprankel by vanjaar se Valentynsbal. Pharos Gemeenskap Sentrum Community Centre wil dit moontlik maak, vir die wat nie kan nie. — maar ons het jóú hulp nodig.

25/01/2026

Het jy tyd op 'n Maandag oggend? Jou hande kan 'n verskil maak deur te help klere sorteer elke Maandag by Pharos Gemeenskap Sentrum Community Centre .

31/12/2025
16/12/2025
🙌Aan al ons wonderlike ondersteuners🙌Ons wil graag ons opregte dankbaarheid uitspreek aan elkeen van julle wat so vrygew...
12/12/2025

🙌Aan al ons wonderlike ondersteuners🙌

Ons wil graag ons opregte dankbaarheid uitspreek aan elkeen van julle wat so vrygewig finansieel bygedra het.

Julle bydraes het 'n werklike verskil gemaak in die lewens van hierdie kinders. Danksy julle ondersteuning het hulle nou die nodige skryfgoed om in hul skoolwerk te kan uitblink en hul volle potensiaal te bereik.

Elke pen, potlood, en skrif wat julle moontlik gemaak het, is 'n stappie nader aan 'n beter toekoms vir hierdie kinders. Julle het nie net in skryfbehoeftes belê nie, maar in hul drome en ambisies.

Ons waardeer julle gulhartigheid en bereidwilligheid om 'n verskil te maak. Mag julle oorvloedig geseën word vir julle edelmoedigheid 🎉

🌟 BAIE DANKIE AAN ONS WONDERLIKE SPAN! 🌟Wat 'n voorreg om saterdag by ons jaareindfunksie saam te kon wees met die mense...
08/12/2025

🌟 BAIE DANKIE AAN ONS WONDERLIKE SPAN! 🌟

Wat 'n voorreg om saterdag by ons jaareindfunksie saam te kon wees met die mense wat Pharos Gemeenskapsentrum laat leef!

Aan ons toegewyde bestuurslede – dankie vir julle leiding, visie en onwrikbare ondersteuning. Julle wysheid stuur ons skip.

Aan ons hard werkende personeel – julle is die hartklop van Pharos. Dag in en dag uit gee julle jul beste om 'n verskil te maak in ons gemeenskap.

Aan ons wonderlike medewērkers – julle vrywillige hande en harte maak soveel meer moontlik as wat ons alleen kon doen.

ELKEEN VAN JULLE WORD WAARDEER! 💙

Dankie dat julle saam met ons bou aan 'n sterker, meer verbinde gemeenskap. Mag die feesseisoen julle met vreugde, rus en blydskap vul.

Hier's na nóg 'n jaar van saamstaan, groei en impak! 🎉

Address

Pretoria

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27 12 993 5908

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pharos Gemeenskap Sentrum Community Centre posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Pharos Gemeenskap Sentrum Community Centre:

Share