04/02/2026
Hiermee wil ek net graag ietsie met apie mammas en pappas deel asook toekomstige apie ouers. Baie mense wil graag n apie kind he, van Marmoset tot capuchin, want hulle is tog so oulik en in die flieks is hulle tog te cute. Maar dit is nie die werklike realiteit nie. Baie mense se ek is mal oor diere en alle diere kom na my toe, so n apie kind sal my ook aanvaar. Wel dit werk nie so nie. Om lief te wees vir diere is heeltemal anders as om n passie te he vir hulle. Aap kinders se koppe werk anders. Hulle kies van wie hulle hou en van wie nie. Dit is nie te se as jy lief is vir diere n aap kind gaan jou aanvaar nie. Ja , ek maak myself skuldig daaraan om cute en oulike pics te post, en dit skep n wan persepsie oor aap kinders. Enige aap kind van klein soort tot groot spesie bly n wilde dier. Een of ander tyd gaan daai aap kind jou of n familie lid aanval. Hulle hou nie van kinders nie. En ja baie mense gaan se my kinders en aap kind kom goed oor die weg. Ja , hulle sal as hulle nog jonk is, maar enige tyd van ouderdom 3 jr + dalk vroeer gaan daai prentjie verander. Jy sal nie met jou mens kind kan raas nie, nie n vinger na hom wys nie, nie hard met hom praat nie, want aap kind sien dit as n command om kind aan te val.. Daar is regtig net n klein persentasie capuchins wat nie teen hulle eienaars draai nie. Hulle kies gewoonlik 1 persoon in huis as die alfa en ander persoon beteken niks. En ongelukkig is ape n trop dier en moet let wel moet hy/sy n maaitjie van sy eie spesie he. As jy nie kans sien vir 2 ape nie, asb mense moenie 1 koop nie