NPO Capuchin and exotic animal save haven. NPO 210-908

Call Website Contact the organization

NPO Capuchin and exotic animal save haven. NPO 210-908 Non profit organisation for capuchins and exotic animals. CESH do not breed or sell any capuchin babies. No bad comments only straight answers will be given

Should you need help with your capuchin or exotic animal in any way, feel free to ask.

More mense. Eks op my kniee vandag. Hierdie oktober maand gaan my moeilikste maand ooit wees. My man is gediagnoseer met...
26/09/2026

More mense. Eks op my kniee vandag. Hierdie oktober maand gaan my moeilikste maand ooit wees. My man is gediagnoseer met n terminale siekte. Meeste fonds Dek nie al sy meds nie. Ek vra hulp. As daar enige maatskappy of besigheid of individual is of iemand met n oop hart wat my kan sponsor die maand met honde kos. Ek benodig nog 40kg om deur die maand te kom. Kat kos ook 40kg on deur die maand te kom. My ape is redelik gesort maar as iemand dalk infacare nr 1 kan sponsor of enige formule melk en dalk oats pap. Groente en vrugte sal ook waardeer word. Ek is gelee in Wonderboom suid. Pta. Mense eks n NPO en nie n PBO nie so ek vra nie vir geld nie maar kos vir die diere.
Neem ook kennis ek re -home nie. Ek gee hulle ook nie op vir adoption nie. Ek teel nie met hulle om te verkoop nie. So asb mense eks op my kniee. Elke bietjie sal waardeer word. As iemand bereid is om my dalk n voorskot van 4k te wil leen sal ek end okt regmaak met jou. Ek kan gekontak word op 0824963638. Ek sal end Oktober weer op my voete wees. Maar tot dan is ek afhanklik van barmhartige Samaritane.
Byvoorbaar dankie aan almal wat bereid sal wees om te help. Op Google onder CESH sanctuary sal julle my location kry.🙏

📢 VIR ALMAL MET OPINIES OOR MY 42 ApeJa. Ek het 40+ ape. Ek weet. Ek het hulle getel. Ek voer hulle. Ek maak hulle kak s...
14/09/2026

📢 VIR ALMAL MET OPINIES OOR MY 42 Ape

Ja. Ek het 40+ ape. Ek weet. Ek het hulle getel. Ek voer hulle. Ek maak hulle kak skoon. Jy hoef my nie in te lig nie.

En nee, ek het nie al 40+ ape gaan soek nie. Mense bring hulle hierheen, van hulle het ek gekoop, van hul is gegee, vanhul is reacue.... Want: "Julle is mos lief vir apies”

Dis waar. Ons is. Maar vreemd genoeg beteken “lief vir apies ” deesdae blykbaar: "Hier. Vat my verantwoordelikheid. Totsiens.”

Fassinerend 🤔

En dan kom dieselfde mense later hier aan: 😲 “Sjoe, maar julle het baie apies!”

Ja, Karen. JY HET OOK EEN GEBRING. Sit daardie wiskunde stadig bymekaar. Ek sal wag.
⏳

Ons is 2 volwassenes, 40+ apies en salaris hang af van projekte en verkope So wanneer iemand my vra: "Hoekom het jy nooit geld nie?” Wel... (gestikuleer wild na die hele huis):
🐒 🙈 🙊 🐵 🙉
Mystery solved.

En voordat iemand weer sê: "Maar julle kan mos nie nóg ’n apie in vat nie!” Jy is heeltemal reg. Maar my hart is groter as my beursie. Ek sal alles vir hul gee.
👏👏👏
Educate jouself asb voor jy wil kom kommentaar lewer asb!!
Kyk hoe maklik was dit. Probleem opgelos.

Maar indien jy tog hier aankom met:
“Ek weet julle het klaar baie, maaaaaar...”
Stop.
Daardie “maar” kos my gewoonlik geld.
Bring die apie.
Bring sy kos.
Bring sy hok.
Bring sy komberse
Bring geld vir sterilisasie.
En bring asseblief ’n debietorder-vorm vir die volgende 30 jaar.

Want hierdie is nie ’n Drive-Thru Monkey Distribution Centre nie.
Jy kan nie net:
🚗💨 “Een apie, geen onderhoud, dankie, bye!”
doen en verdwyn nie.

En dan is daar my persoonlike gunsteling:
🙄 “Ek is nie impressed dat julle nou nóg apies het nie.”
Ag nee, hoe gaan ek ooit herstel? Ek het vanoggend spesifiek wakker geword en gedink: "Ek wonder of almal vandag impressed met my huishouding gaan wees?” Gelukkig betaal “impressed” nie my veeartsrekening, of my kos nie, so ek dink ons gaan almal oorleef.

Dan: "Jy het te veel apies”
Dankie. Ek sal jou mening dadelik aanstuur na die Departement van Dinge Waaroor Ek Nie ’n duit Omgee Nie. Ek hoor hulle antwoord baie vinnig.
📞

En indien jy nie van apies hou nie: Dis oukei. Regtig. Ek aanvaar jou soos jy is.❤️ Van ’n afstand. Want my apies woon hier - jy nie.
As jy kom kuier en n apie kind byt jou , want jy druk jou vinger waar jy nie moet wees nie, of jy irriteer hulle want jou ora verstreur hul... het jy 3 opsies:
1. Hou jou in...jy is in hulle spasie
2. Onderhandel met die apie kind
3. Tatta mooi ry...
Sterkte met opsie 2.

Dan kom ons by die een opmerking wat jou permanent van my Kerskaartjielys sal verwyder:
“Ag, dis net ’n apie. Jy het mos nog 41 ander.”
Nee.
Stuff daardie mentaliteit.
Wanneer een van my apies doodgaan, verloor ek nie een eenheid uit voorraad nie.
Ek verloor iemand vir wie ek lief geraak het.
Iemand wat my vertrou het.
Iemand wat hier veilig was.
Iemand wie se klein gewoontetjies ek geken het.
Iemand wat ’n naam gehad het.
Iemand wat deel van hierdie mal huishouding geword het.
Die feit dat daar nog 41of 42 apies oor is, maak daardie verlies nie kleiner nie.
Hulle is nie vervangbare onderdele nie.

So ja, my huis is vol. My bankrekening is leeg. My meubels is gekrap, my vloere soms vuil. Daar is waarskynlik poef of p*e op my -vuil hok al was ons amper elke dag, Ek het aanvaar dat stukkende, vuil klere bloot deel is van my uniform vir die dag is. Ek koop kos vir my apies, meer as wat ek vir ons gesin koop.

Maar elke apie wat deur hierdie deur gekom het, het ten minste geleer:
Hier sal niemand jou weggooi nie.
Hier kry jy kos.
Hier kry jy ’n warm bed.
Hier kry jy mediese sorg
Hier kry jy ’n naam.
Hier behoort jy.
En hier word jy vrek baie liefgehê.

So... Het ek 40+ ape? Ja. Is dit baie? Ja. Is dit duur? JA.
Het ek jou toestemming nodig? Nee. Wil jy hê ek moet ophou apies in neem? Fantasties. DOEN DAN JOU HUISWERK, DIS N LEWENS LANGE COMMITMENT

En as jy reeds een hier afgelaai het en jy wil nog steeds kommentaar lewer oor hoeveel apies ek het... Wel. Bring eerder ’n sak Groente of Vleis, dan kan ons praat.
🎤⬇️

🐾 LOS. MY. 40+ Apies HUISHOUDING. UIT. 🐾

Hierdie boodskap is goedgekeur deur 40+ apies wat geen idee het dat hulle “te veel” is nie — en een keelvol mens wat ook nie meer omgee nie. Monkey 🐒 love forever

Hiedie post is nie net vir my, vir elke diere mamma, vir elke rescue center...geleen en edit deur ander diere ouers

Good dayWe started a backabuddy campaign in order to raise funds for the monkeys this winter. Temperatures are starting ...
27/05/2026

Good day

We started a backabuddy campaign in order to raise funds for the monkeys this winter. Temperatures are starting to drop and the monkeys will appreciate a few things.

Please donate if you can, every share, every donation, makes a huge difference

Right now, as temperatures drop across South Africa, 60+ Capuchin monkeys are going into cold, frosty nights at CESH — the Capuchin and Exotic Anima...

Stroler vir apies of diere kinders te koop @ R850. Kontak Sharon op +27 83 622 1108. Roodepoort atea
03/04/2026

Stroler vir apies of diere kinders te koop @ R850. Kontak Sharon op +27 83 622 1108. Roodepoort atea

03/04/2026

My bodyguard Dwayne weer op sy stukke gewees

Mense ek kom weer nederig voor julle staan en smeek om hulp. Ons het n sanctuary met om en by 100 capuchins en paar ande...
26/02/2026

Mense ek kom weer nederig voor julle staan en smeek om hulp. Ons het n sanctuary met om en by 100 capuchins en paar ander eksotiese ape. Die winter le om die draai en ons benodig dringend ou komberse, winter lakens. Ou groot handdoeke, skadunet wat nog bruikbaar is en ou sp*elgoed wat julle kinders nie meer mee sp*el nie. Ons is gelee in Wonderboom suid en Kameeldrif Oos Pretoria. Enige kos Donasies of finansiele bydrae sal hoog op prys gestel word. , byvoorbaat dankie

04/02/2026

Hiermee wil ek net graag ietsie met apie mammas en pappas deel asook toekomstige apie ouers. Baie mense wil graag n apie kind he, van Marmoset tot capuchin, want hulle is tog so oulik en in die flieks is hulle tog te cute. Maar dit is nie die werklike realiteit nie. Baie mense se ek is mal oor diere en alle diere kom na my toe, so n apie kind sal my ook aanvaar. Wel dit werk nie so nie. Om lief te wees vir diere is heeltemal anders as om n passie te he vir hulle. Aap kinders se koppe werk anders. Hulle kies van wie hulle hou en van wie nie. Dit is nie te se as jy lief is vir diere n aap kind gaan jou aanvaar nie. Ja , ek maak myself skuldig daaraan om cute en oulike pics te post, en dit skep n wan persepsie oor aap kinders. Enige aap kind van klein soort tot groot spesie bly n wilde dier. Een of ander tyd gaan daai aap kind jou of n familie lid aanval. Hulle hou nie van kinders nie. En ja baie mense gaan se my kinders en aap kind kom goed oor die weg. Ja , hulle sal as hulle nog jonk is, maar enige tyd van ouderdom 3 jr + dalk vroeer gaan daai prentjie verander. Jy sal nie met jou mens kind kan raas nie, nie n vinger na hom wys nie, nie hard met hom praat nie, want aap kind sien dit as n command om kind aan te val.. Daar is regtig net n klein persentasie capuchins wat nie teen hulle eienaars draai nie. Hulle kies gewoonlik 1 persoon in huis as die alfa en ander persoon beteken niks. En ongelukkig is ape n trop dier en moet let wel moet hy/sy n maaitjie van sy eie spesie he. As jy nie kans sien vir 2 ape nie, asb mense moenie 1 koop nie

Address

Pretoria
0084

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NPO Capuchin and exotic animal save haven. NPO 210-908 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to NPO Capuchin and exotic animal save haven. NPO 210-908:

Share