4 Christ Outreach Ministry

  • Home
  • 4 Christ Outreach Ministry

4 Christ Outreach Ministry Trauma coaching means: Let me help you get away from that bad place to the place you want to be via a step-by-step action plan.

4 CHRIST OUTREACH is a platform of miracles and God's involvement in our lives ... and it forms part of a helping, sharing, caring, social and spiritual upliftment project/ministry ... our story to God's glory! Welkom by hierdie plek van hoop … a safe space … waar jy hulp, simpatie, ondersteuning en ‘n praktiese plan van aksie vir jou lewe kan ontdek … no matter how lost, damaged, broken or overw

helmed you may feel …
sodat jy weer heel, los en vry, met nuwe moed ‘n nuwe begin kan hê … a new beginning and a new lease on life! Hierdie Page is die platform van The BandAid Strip Counselling/Coaching Services – Place of hope, healing and new beginnings …
Trauma counselling means: I see you, I hear you, I feel you and I acknowledge your pain. Trauma Counselling/Coaching is beskikbaar deur persoonlike sessies, terwyl trauma coaching ook beskikbaar is d.m.v. baie populêre groepsessies waar teachings aangebied word terwyl jy as persoon anoniem kan bly. Koste vir albei opsies: R200 per sessie. Kontak my gerus vir meer inligting:

Heté Jordaan
Trauma/Life survival coach
Whatsapp: 082 392 1663

Het jy al ooit ervaar hoedatGod jou vyande voor jou platvee?Ek het … en dit was ‘n ongelooflike ervaring!As gevolg van m...
18/07/2026

Het jy al ooit ervaar hoedat
God jou vyande voor jou platvee?

Ek het … en dit was ‘n ongelooflike ervaring!

As gevolg van my pad saam met God, is die aanslae op my skynbaar nimmereindigend … maar dis okay, want God gee my altyd die oorwinning.

Klink so maklik en eenvoudig, is dit nie? Die waarheid is egter dat ek dikwels so verlam word deur vrees en paniek as gevolg van die boosheid van mense, dat verwarring my toespin in ‘n kokon waaruit ek nie self kan ontsnap nie … en ons weet almal dat mense die vyand se gunsteling en gewillige puppets is.

So het ‘n web van leuens eendag oor my toegeval terwyl ek onskuldig was, maar dit was moeilik om my onskuld te bewys omdat die aanval ‘n oordosis beswaddering en oormag ingehou het.

Ek het, soos altyd, verstom gestaan oor die boosheid hieragter en totaal oorweldig gevoel … waartydens ek, soos altyd, ‘n meltdown ervaar het voordat ek, soos altyd, kon onthou om net na God te gaan om my saak voor Sy regterstoel te gaan stel.

Hoekom? Hy sê my vyande is Sy vyande omdat ek by Hom skuil. Hy seën dié wie my seën en Hy vervloek dié wie my vervloek.

Daardie nag het ek ‘n ongelooflike droom gehad. Ek het gedroom ek loop in ‘n loopgraaf en agter my loop ‘n engel terwyl God Self voor my loop. Ek loop dus letterlik in God se voetspore in ‘n loopgraaf wat sinoniem met oorlog is.

Meteens het God gestop en ek het byna in Hom vasgeloop. In my droom het ek “oeps” gesê en om Hom geloer om te sien waarom Hy so skielik tot stilstand gekom het. Ek kon nie die Here se gesig sien nie, maar Hy was besig om spinnerakke wat dwarsoor die loopgraaf gespan was, woedend met Sy hande stukkend te ruk.

Ek het die engel gevra wat aangaan en dié het geantwoord dat God die web van leuens en bedrog teen my “stukkend skeur”. Ons het verder gestap en weer het dieselfde ding gebeur.

Daarna het ek gesien hoe God aan die einde van die loopgraaf uitklim en in my gedagtes vir my sê om te hardloop na veiligheid. Ek en die engel het ook uitgeklim en toe sien ek ‘n tuinhekkie waardeur ek moes vlug. Terwyl God en die engel my aangemoedig het, het ek vir die hekkie gehardloop, maar … meteens het iets my aandag getrek.

Dit was ‘n enorme rubberboom met reuse swart knopiespinnekoppe wat spierwit eiers vashou (mense se drome en skeppingsdoel). Ek kon my oë nie glo nie en het begin soek na my selfoon om ‘n foto te kon neem, maar God en die engel het vir my “geskree” om te hardloop.

Ek het by die hekkie uitgehardloop en meteens het dit agter my toegeslaan. In realiteit het God die bose web van leuens en bedrog oor my net so stukkend gebreek en my vyande expose.

Tewens, daardie selfde web het oor die persoon wat dit geweef het, spectacularly toegeval … homself geinkrimineer … my onskuld bewys … terwyl ek skadeloos weggestap het, vry van alle blaam … en hy huilend by die hof agtergebly het. THAT’S … MY … GOD!

Die Psalmdigter sê mos nie verniet nie: Met my God loop ek ‘n bende storm en met my Here spring ek oor ‘n muur! Ek het.

In my leeftyd het ek dikwels ervaar hoe die vyand VREES sou stuur om my lam te lê en verwarring mee te bring terwyl hy sy aanval oor my loslaat … maar net totdat ek vir my Pappa God gaan sê en Sy hulp gaan vra. Daarna sien ek altyd hoe my vyande vir my ‘n g*t sou grawe en, kop eerste, self daarin sou val. Die Woord sê mos: Uit die net van die voëlvanger red Hy my!

Het jy dalk iewers teen ‘n oormag boosheid of vervolging te staan gekom waar jy so weerloos en outnumbered voel dat jy nie eers weet hoe en waar om te begin terugbaklei nie? Gaan gee dit net vir God. Hy sal jou nooit in die steek laat nie, want Sy beskerming is bonatuurlik en allesomvattend.

Ek groet vir eers en vra: asb. SHARE hierdie inligting sodat ander ook kritieke hulp en geloof in hierdie moeilike tye kan ontvang.

Baie dankie.

Heté Jordaan
Trauma Therapist / Life Survival Coach
HULPSENTRUM, PRETORIA
Whatsapp: 082 392 1663

TRUSTING GOD FOR THE IMPOSSIBLE?“Sometimes God will ask you to trust Him with something that looks impossible.A camel an...
18/07/2026

TRUSTING GOD FOR THE IMPOSSIBLE?

“Sometimes God will ask you to trust Him with something that looks impossible.

A camel and the eye of a needle were never meant to fit together — and that is the point. Human strength, wealth, pride, and self-reliance can never force their way into the Kingdom of God. But what is impossible for man is possible with God.

The world teaches us to depend on power, status, and possessions. Yet Jesus teaches surrender, humility, obedience, and faith. Many people want heaven without repentance, blessings without obedience, and miracles without relationship. But God is not looking for perfect people — He is looking for hearts willing to bow before Him.

Sometimes the ‘needle’ in your life is the narrow path of forgiveness, holiness, patience, and sacrifice. It is difficult because the flesh wants comfort, but the Spirit calls us deeper. God will strip away pride so He can fill you with grace. He will remove distractions so you can see His purpose clearly.

Do not be discouraged when the journey feels narrow. The narrow road leads to life. Keep praying even when answers are delayed. Keep worshipping even when life is painful. Keep trusting even when doors close.

God sees every silent tear, every hidden battle, and every faithful step you take.

The same God who made a way through the sea, shut the mouths of lions, and raised the dead is still working today. Nothing is too hard for Him. When you place your life fully into His hands, He can do what no human power can accomplish.

With man it is impossible, but with God all things are possible.”
Dodong Rodz

EK VRA GOD vir ‘n byna-verniet huis …en ek ontvang dit in my hand.EK VRA GOD vir ‘n verniet motor …en ek ontvang dit in ...
18/07/2026

EK VRA GOD vir ‘n byna-verniet huis …
en ek ontvang dit in my hand.
EK VRA GOD vir ‘n verniet motor …
en ek ontvang dit in my hand.

En jy? Waarvoor vertrou JY Hom?

Ek het ‘n bloedrooi Honda Ballade besit en dit vir 20 jaar gery sonder dat ek eens ‘n papwiel gekry het … never mind enige ander tipe skade. God het hierdie voertuig vir my gegee en niks kon dit ooit beskadig nie. Dit was boonop so lig op brandstof dat dit eintlik op fumes geloop het … en my BandAid Strip logo en kontakbesonderhede was op dit aangebring.

Beautiful, blink en mooi … almal wou dit koop … en selfs die polisie en verkeerspolisie by padblokkades.

En toe gebeur dit!

Ek droom dat ek na myself staan en kyk waar ek binne-in my kar sit, maar agter my staan ‘n reuse man wat met sy arms gevou, my stip dophou. Ek besef dis ‘n engel, maar kan nie verstaan hoe hierdie groot engel in my Hondatjie inpas nie … en hoekom is hy daar, want dit lyk asof hy vir iets wag.

In my droom sien ek meteens agter die engel hoe ‘n reuse slang op my en my kar afpyl … en ek gil om die engel te waarsku … maar die engel reageer nie. Inteendeel, hy staan doodstil en kyk na my in die kar … en toe die slang by sy rug kom, toe lig hy net sy een skouer effens en slinger hierdie reuse slang dat dit in die bosse intol.

Ek kon net woooooowwwww!!!! … en toe sien ek daar is fout met my in die kar. Ek vra die engel: Is ek okay? Die engel knik net sy kop effens.

Die volgende oggend moet ek vanaf Hermanus na Kaapse lughawe ry … dis kerstyd … die verkeer is crazy, maar ek ry in die vinnige baan bokant die spoedperk omdat al die karre so haastig is … en ek ook. My gospel musiek speel kliphard en ek sing saam … meteens besef ek my powersteering het gelock … al die liggies op my kar se dashboard is aan … my enjin is dood.

Ek gil: “JESUS, HELP!!” Ek ek besef vandag sterf ek en heel moontlik ander onskuldiges ook … nee wag, dis my droom wat besig is om te gebeur.

En die volgende oomblik gebeur iets so vinnig in fast forward dat ek dit tot vandag toe nie kan onthou nie … maar skielik kry ek my en my kar ongedeerd op die sykant van die pad terwyl die voertuie 1m vanaf my kar verbyflits. Hoe is dit moontlik? Die engel van my droom! Daar was nie eers briekmerke of stof nie.

DANKIE, HERE, DANKIE!

‘n Ongelooflike lang storie/wonderwerk in ‘n neutedop: God stuur die polisie om my betyds op die lughawe af te laai vir my vlug terwyl my jammerkarretjie op ‘n toutrok op pad is iewers heen … volgens my versekering.

Na kersfees kom ek terug in die Kaap en kry my pragtige blinkskoon kar agter in ‘n panelbeater se scrapyard met die vensters oop … die enjin is uit want dié het blykbaar onverklaarbaar ophou werk. Daar was genoeg water, genoeg olie, niks het gebreek nie en niks het gebrand nie … die enjin is eenvoudig net dood!

Ek koop ‘n ander enjin om te laat installeer en maak my kar met moeite weer skoon terwyl my hart wil breek omdat satan die audacity gehad het om soveel skade oor my pad te bring … want die voertuig is daarna net nie meer dieselfde nie.

Ek loop eendag en bid en huil voor my Here-Here, en ek hoor my Pappa God sê: “As jy die dief kan vang, dan moet hy 7-voudig aan jou vergoed. Wat wil jy hê, My kind?”

“Pappa God, ek wil ‘n luukser motor uit satan se pote hê … nie splinternuut nie, maar in perfekte toestand … nie outomaties nie … met smash and grab op die vensters … met ‘n motorplan … en ek wil dit VERNIET hê … en afgelewer met ‘n groot pienk strik by my huis … asseblief in Jesus Naam!”

Onmoontlik? Natuurlik! … Vergesog? Natuurlik! … maar my God is die God wat my gewaarsku het, Sy engel gestuur het om my lewe en ander onskuldiges se lewens te red uit satan se pote … en DAAROM sal my God dit voorsien … of satan wil of nie!

Dit is jou keuse of jy my glo of nie, MAAR … ek het soos altyd vir niemand gesê van my versoek nie, ek het eerder net aanhou dankie sê daarvoor … tot die dag dat ‘n silwer Elantra met ‘n groot pienk strik voor my garage tot stilstand gekom het … GRATIS EN VERNIET!

THAT’S … MY … GOD!

Nou vra ek jou, beperk jy God op enige manier? Kry jy swaar en seer sonder om ooit op te staan, ‘n einde daaraan te maak en God vir herstel te vra? Wanneer gaan jy besef jy doen dit aan jouself, want God staan gereed en wag om jou te help.

Ek groet vir eers en vra: asb. SHARE hierdie inligting sodat ander ook kritieke hulp en geloof in hierdie moeilike tye kan ontvang.

Baie dankie.

Heté Jordaan
Trauma Therapist / Life Survival Coach
HULPSENTRUM, PRETORIA
Whatsapp: 082 392 1663

THE FULL ARMOR OF GOD is a superpower!Because, when you put on the full Armor of God, you are not fighting for victory—y...
22/06/2026

THE FULL ARMOR OF GOD is a superpower!

Because, when you put on the full Armor of God, you are not fighting for victory—you are fighting from victory. Jesus Christ has already conquered sin, death, and the powers of darkness through His sacrifice on the cross.

The enemy may try to attack your mind with fear, your heart with discouragement, and your spirit with doubt. He may remind you of your past failures, but God reminds you of His grace.

He may tell you that you're weak, but God says His strength is made perfect in weakness.

Every day, put on the belt of truth, the breastplate of righteousness, the shoes of the gospel of peace, the shield of faith, the helmet of salvation, and the sword of the Spirit, which is the Word of God.

These are not just symbols; they are spiritual weapons given by God to help His children stand firm in a world filled with temptation and deception.

The devil is not afraid of a Christian who only attends church. He is afraid of a Christian who prays faithfully, obeys God's Word, trusts Christ completely, and refuses to give up when trials come.

A believer clothed in the Armor of God becomes a powerful testimony of God's grace and faithfulness.

No matter what battle you are facing today, remember this: God goes before you, walks beside you, and stands behind you. The battle belongs to the Lord.

Stay faithful.
Stay prayerful.
Stay rooted in Scripture.

And when the storms come, stand firm knowing that your victory is found in Christ alone.

"Put on the whole armor of God, that ye may be able to stand against the wiles of the devil." — Ephesians 6:11

Don't fear the battle when God is your Defender.
Don't fear the darkness when Jesus is your Light.
Don't fear tomorrow when God already holds it in His hands.
(Dodong Rodz)

EVERY WARRIOR KNOWS … that battles are won long before the sword is ever drawn... because before we ever engage in the b...
22/06/2026

EVERY WARRIOR KNOWS …
that battles are won long before the sword is ever drawn...
because before we ever engage in the battle, we know that the enemy is already defeated!

The greatest battles we face are fought in our minds, our hearts, and through spiritual warfare. Fear whispers. Doubt questions. Circumstances demand our attention.

Demons attack... but worship shifts our focus from the size of the battle to the greatness of our God.

Worship is more than a song. It is a declaration of trust. It is a battle cry of faith for the warrior. It is choosing to exalt God when the enemy wants you discouraged, distracted, or feeling defeated and alone.

As warriors of Christ, we worship not because every battle has ended, but because we know Who stands beside us in the fight.

We worship because God is our strength when we are weak, our shield when the arrows fly, and our salvation when the path ahead seems uncertain.

Every act of obedience is worship.
Every prayer is worship.
Every moment of trust is worship.
Every sacrifice made for His glory is worship.

When we lift our voices in praise, we remind our hearts that God is still on His throne and the victory still belongs to Him... and Satan is a defeated foe.

"Behold, God is my salvation; I will trust, and will not be afraid; for the LORD GOD is my strength and my song, and He has become my salvation." (Isaiah 12:2)

Warrior, lift your voice!
Worship is a weapon!
(Tina)

HET JY AL OOIT GEWONDER …wat jou skeppingsdoel is …die rede waarom jy leef?Ek het, en God het geantwoord.Ek was altyd hu...
22/06/2026

HET JY AL OOIT GEWONDER …
wat jou skeppingsdoel is …
die rede waarom jy leef?
Ek het, en God het geantwoord.

Ek was altyd huiwerig om toe te tree tot my bediening. Ek meen, wie sal my storie glo? Wie sal kan glo dat die swartskaap van ‘n familie ‘n Josef bediening kan ontvang? En nogal ek, wie niks besonders is nie?

Maar toe stuur God vir my 2 drome wat my gehelp het om te kon aanvaar dat my lewe en my letsels saakmaak … en dit het te doen met my skeppingsdoel.

Elke mens het ‘n calling … toegedraai in die stukkie Godheid in ons omdat ons na God se beeld en gelykenis geskape is … en daarom plaas God ook ‘n roeping of ‘n lewensideaal … ‘n skeppingsdoel of ‘n groot droom binne-in elkeen van ons … of ons dit nou wil erken of nie.

Dit is tog die rede waarom Hy ons gemaak het in die eerste plek, nl. Sy droom vir ons lewens wat deel vorm van Sy bigger picture!

Bv. sommige mense is die arbeiders wat die oes moet inbring, ander het weer die gawes van genesing, lering, profesie, ens. En dan is daar dié wat finansieel ge-bless word sodat hulle die ander “arbeiders” finansieel kan help. So word ‘n bediening of ‘n gawe dan tweeledig: dié wat die werk doen en dié wat hulle finansieel instaat stel om dit te kan doen. Die een kan nie sonder die ander bestaan nie.

Die probleem is egter om uit te vind waar jou passie lê en die eenvoudigste manier om die antwoord op hierdie vraagteken te kry, is om te gaan kyk wat jy graag gedoen het as ‘n kind … want God rus ons toe met die gawes en talente vir ons droom wat dikwels reeds kleintyd sigbaar is.

Ekself is skooltoe op ouderdom 5 en vanaf die eerste dag dat ek skooltoe is, het ek begin skool speel. Ons het cottoneaster bosse by ons waterpomp gehad en hulle was die “leerlinge” in my klas. Die pomphuisie se muur was my swartbord en ons wonder eerder nie hardop waar ek die bordkryt gekry het nie 😊

Soos ek ouer geword het, wou ek altyd mense help deur hulle dinge te LEER wat hulle nie weet of besef nie, verkieslik die mistieke geheimenisse van die lewe soos bv. universal laws. Daardie dinge wat eenvoudig IS soos dit is en klaar, al probeer ons dit ignoreer of verander.
M.a.w. dinge wat jou lewe kan verander mits jy dit kan aanvaar en toepas in jou lewe sonder om forever daaroor te debateer of dit te bevraagteken … of nog erger, soos die hooggeleerdes graag doen, om dit te probeer uitpluis en verklaar.

As gevolg van my passie vir stukkende en moedelose mense, het ek my meer toegelê op een-tot-een berading totdat ek een nag ‘n droom gehad het. Ek het gedroom ek staan op Hermanus se nuwe hawe en ek sien hoe die visse van die see na my toe aangeswem kom.

Die water het gewemel daarvan en hulle het voor my in die water bymekaar gekom met hulle koppe bokant die water en hulle bekke oop … gereed om te ontvang.

In my droom het ek gehoor: “Word ‘n visser van mense deur mense te leer hoe om self vis te vang sodat hulle kan leer hoe om die terugslae van die lewe te oorleef terwyl hulle ander leer om dieselfde te doen”.

Ek het dadelik my werk begin omswaai na werkswinkels en support groups waar ek mense dié dinge kon leer wat hulle nie besef nie, of reeds weet maar vergeet het.

Die tweede droom het gegaan oor ek wat op ‘n stoel gesit het wat net groot genoeg was vir my. Die mooiste man met die sagste glimlag het meteens voor my verskyn en op die stoel langs my kom sit. Ek was seriously verward, want ek kon nie verstaan hoe hy ook op dieselfde stoel kon inpas nie. Daar was eenvoudig net nie plek vir hom ook nie, maar hy het gepas!

Toe kyk hy my stip in my oë terwyl hy vir my glimlag asof hy vir my ‘n groot verrassing het, en dit het my nog meer verwar. Die volgende oomblik het hierdie engel my op my mond gesoen en dit was asof my lippe gesalf was.

Meteens het ek in die droom mense sien staan wat gekom het om na my te luister en ek het hulle tegemoet gestap. Wat veral vir my opvallend was, was dat daar godsdienstige mense én gelowiges was, en hulle was duidelik geskei.

Wat is die verskil tussen dié twee groepe? Gelowiges dra die vrugte van hul geloof, terwyl godsdienstige mense net woorde en performance is.

Ek het wakker geword en meteens besef dat niks ooit weer my gesalfde lippe sal stilmaak nie. Dit het my herinner aan ‘n profetiese woord wat ek direk daarna ontvang het waarin ek gewaarsku is dat die vyand my swaard (my stem) gaan probeer steel.

Die volgende nag het ek gedroom ‘n slang (satan) val my aan, maar ek het die slang met ‘n swaard bygekom totdat hy dood was. As a warrior in the Kingdom of God, God gave me the victory!

Nou: het jy ooit ervaar jy is té min, té damaged, té broken, té insignificant om God se droomsaadjie binne-in jou uit te leef? Hierdie boodskap is spesiaal vir jou!

Ek groet vir eers en vra: asb. SHARE hierdie inligting sodat ander ook kritieke hulp en geloof in hierdie moeilike tye kan ontvang.

Baie dankie.

Heté Jordaan
Trauma Berader / Life Survival Coach
HULPSENTRUM, PRETORIA
Whatsapp: 082 392 1663

06/06/2026
Sometimes we think we need the perfect words before we come to God. We try to sound strong when we are weak, faithful wh...
06/06/2026

Sometimes we think we need the perfect words before we come to God.

We try to sound strong when we are weak, faithful when we are struggling, and confident when our hearts are breaking. But God has never asked for perfect prayers. He asks for honest hearts.

The tears you cry in secret, the questions you cannot answer, the fears you cannot explain, and the pain you cannot hide—God sees them all. He is not moved by impressive speeches; He is moved by sincerity.

The prayer whispered through trembling lips is just as powerful as the loudest praise. The broken heart bowed before Him is never ignored.

When life feels heavy and the battle seems endless, remember that God is closest to those who call upon Him in truth.

He hears the messy prayers, the tear-filled prayers, and the desperate prayers offered in faith. Every tear is counted. Every cry is heard. Every moment of surrender is precious in His sight.

You do not need to have it all together before you approach God. Come as you are.

Bring your burdens, your wounds, your doubts, and your hopes. His grace is greater than your weakness, His mercy is deeper than your pain, and His love remains constant through every storm.

Today, if your heart is weary, kneel before the Lord and speak honestly. He already knows your story. He already understands your struggles. And He is waiting, not for perfection, but for your trust.

"Cast all your anxiety on Him because He cares for you." — 1 Peter 5:7
Dodong Rodz

HET JY AL OOIT GEWONDER …of die hemel soos die aarde lyk enof selfmoordgevalle hemel toe gaan …en hoe waar is near death...
06/06/2026

HET JY AL OOIT GEWONDER …
of die hemel soos die aarde lyk en
of selfmoordgevalle hemel toe gaan …
en hoe waar is near death experiences?

Aan die begin van hierdie reeks het ek vertel van my eerste profesie en van my eerste profetiese droom … waar my oorlede man ook in my droom was …. en hy was baie ontsteld omdat daar ‘n deur was wat meteens in die muur verdwyn het om nooit weer oopgemaak te kon word nie.

Tydens die bonatuurlike uitleg van die droom, was die toe deur die enigste ding wat God nie vir my uitgeklaar het nie … en jare later, soos ek meer bekend geraak het met die simboliek van drome, het ek besef dit was my man se dood … bykans 10 jaar later.

My man het skielik begin siek word en is gediagnoseer met klierkanker … met die versekering dat chemo baie effektief werk daarmee en dat hy gesond anderkant sou wegstap. Hy het egter net maerder en siekliker geword … en aanvanklik het ek dit toegeskryf aan die chemo … totdat ek die dag vir God gevra het dat Hy vir my moet wys waar dit gaan eindig.

So het ek een nag gedroom dat ek in ‘n hysbak staan … die hysbak maak oop en ek stap uit in ‘n gang in. Aan die eenkant van die gang was tipiese kamers met beddens en ander meubels, en dit het my nie verbaas nie. Maar wat my wel verbaas het, was dat my man in een van die kamers ooglopend vir my gesit en wag het.

Ek kon glad nie uitmaak waar hy is en wat hy daar doen nie, maar voordat ek hom kon vra, het ek by die venster uitgekyk en gesien ons is ‘n hele paar verdiepings hoog in die lug. Verder het ek die mooiste groen heuwels gesien met ‘n klipkerkie omring met ‘n klipmuurtjie. Om die kerkie het kinders vrolik gespeel en dit het my veral nuuskierig gemaak.

In my droom het ek omgedraai en my man gevra watse plek is hierdie, waarop hy geantwoord het: Dis die hemel. Ek het hardop gelag vir sy “grap” totdat ek besef het hy is ernstig. Terselfdertyd het ek ‘n klok hoor lui en mense het begin om vanuit die kamers in die gang af te beweeg.

(Geboue, kamers, meubels, kerkies, klipmure, groen gras, tafels met kos … in die hemel? Klink vergesog, nê? Net totdat jy ander se near death experiences oor die hemel lees, en dan besef jy daar is niks vergesog hieraan nie … net so min as wat die nuwe stad Jerusalem se poorte en goue strate vergesog is … net so min as wat Jesus se belofte om vir elkeen van ons ‘n huis te gaan voorberei, vergesog is.)

In elk geval, in my droom het my man saam met die ander vrolike mense gang-af gestap en ek het outomaties saamgepikkel uit nuuskierigheid. Aan die punt van die lang gang was ‘n eetsaal met tafels wat gebuig het onder die heerlikste lekkernye denkbaar, en o.a. my gunsteling lemon-meringue tert.

Soos ek nader beweeg het aan die tert, het ek meteens my geliefde Mommy (‘n mamma wat ek as ‘n tiener vir myself aangeneem het) gesien wie jare tevore SELFMOORD gepleeg het. Ek was oorstelpd van vreugde om haar te sien, maar sy kon my nie sien of hoor nie. Sy was jonk en beautiful soos altyd, en sy het so gelukkig gelyk.

(Het jy iemand aan selfmoord afgestaan en wonder jy dalk waar daardie persoon is? Ek het jare lank gewonder oor my Mommy en ek besef vandag sy is in die hemel … want die enigste onvergeeflike sonde is sonde teen die Heilige Gees, sê God in Sy Woord … en die laaste woorde wat die meeste mense, wie eenvoudig net nie meer kan aangaan nie, uiter is: Here, asb. vergewe my!)

Ek het omgedraai en die volgende oomblik ‘n dierbare tannie gesien wat ek versorg het totdat sy aan diabetes en amputasie oorlede is … sy was my Ouma wat ek aangeneem het. Ek kon my oë nie glo nie, want sy het albei haar bene gehad … en sy was jonk, pragtig en gesond … maar ook sy kon my nie sien of hoor nie.

Ek het verward rondgekyk en ook ‘n skoolvriendin raakgesien was as jong vrou deur haar man vermoor is, en sy het gelag en gesels met ander … maar ook sy kon my nie sien of hoor nie. In my droom het ek so invisible en bek-af gevoel.

Ek wou by my man weet wat aangaan, maar hy het my net al verder agteruit begin stoot met ‘n vreemde dringendheid (of dalk wou hy net van my ontslae raak 😊). Hy het my bly terugstoot na die hysbak se kant toe terwyl hy aanhoudend gesê het: “Jy hoort nie hier nie. Dis nog nie jou tyd nie. Jy moet teruggaan en die lost en broken gaan help … die down and outs … die minderbevoorregtes!”

In my droom het ek gestoei om by hom verby te kom sodat ek kon teruggaan na my geliefdes en na daardie lieflike lemon-meringue tert, maar hy het my onverpoosd teruggestoot na die hysbak met dieselfde dringende boodskap wat hy oor en oor herhaal het.

Toe ek uiteindelik voor die hysbak staan terwyl ek steeds met my man stry omdat ek geen planne gehad het om die hemel ooit weer te verlaat nie, het ek meteens ervaar die hysbak maak agter my rug oop. Die volgende oomblik het ‘n sterk wind my in die huisbak ingesuig en ek het gevoel hoe ek val voordat ek met ‘n ruk wakker geword het.

Teen daardie tyd het ek geleer om nooit my profetiese drome met ander mense te deel nie, en daarom het ek doodstil gebly en net gewonder wanneer gaan my man sterf, aangesien sy klierkanker duidelik toegeneem het.

My profetiese drome het my geleer dat, wat ookal moet gebeur, sal gebeur … en daar is geen keerkans of weghardloop nie … ek kan nooit die eindresultaat omseil nie … it is destined.

Hierdie droom het vir my ook bevestig dat die toe deur van my eerste profetiese droom oor my man se dood gegaan het … en dat dit nou net ‘n kwessie van tyd was.

As jy dalk enigsins hulp nodig het om jouself en jou storie te kan vind, besoek gerus: https://www.facebook.com/BAShealingministry

Asb. SHARE hierdie inligting sodat ander ook kritieke hulp en geloof in hierdie moeilike tye kan ontvang.

Baie dankie.

Heté Jordaan
Trauma Berader / Life Survival Coach
HELP CENTRE, PRETORIA
Whatsapp: 082 392 1663

Address


Telephone

+27823921663

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 4 Christ Outreach Ministry posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to 4 Christ Outreach Ministry:

Shortcuts

  • Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization?

Share