Rapportryers - RRB

Rapportryers - RRB Die Rapportryers – Draers van die Boodskap

Ons is 'n familie waar geloof, Afrikaans en kultuur saamgeleef word. www.rapportryers.co.za

Hier bou ons vriendskappe, dien ons ons gemeenskappe en dra ons ons erfenis met trots oor aan die volgende geslag.

✨ Wat ’n ongelooflike week was dit nie!Dit is altyd ’n voorreg om saam met sulke entoesiastiese jongmense te kuier – vol...
26/08/2026

✨ Wat ’n ongelooflike week was dit nie!
Dit is altyd ’n voorreg om saam met sulke entoesiastiese jongmense te kuier – vol energie, passie en ’n hart vir die Here. 🙏❤️
Die Nasionale Bybelvasvra bring ons nie net bymekaar om ons Bybelkennis te toets nie, maar ook om saam te leer, te groei en ons geloof te versterk. 📖✨
Wat ’n voorreg om hierdie jongmense se entoesiasme en liefde vir God se Woord te sien! Ons voel werklik geseënd om deel te wees van hierdie besonderse oomblikke. 🌟
Saam leer. Saam groei. Saam in geloof. 🙌

🌱 Groei. Vooruitgang. Nuwe Horisonne. 🌱Met groot opgewondenheid verwelkom ons Rapportryers Zambezi amptelik by die famil...
22/08/2026

🌱 Groei. Vooruitgang. Nuwe Horisonne. 🌱

Met groot opgewondenheid verwelkom ons Rapportryers Zambezi amptelik by die familie! 🎉

Hierdie nuwe tak is nóg 'n bewys van wat moontlik is wanneer visie, harde werk en deursettingsvermoë saamwerk. Hierdie mylpaal simboliseer nie net uitbreiding nie, maar ook nuwe geleenthede, positiewe energie en ’n opwindende toekoms.

Nuwe horisonne, nuwe geleenthede en dieselfde passie vir uitnemendheid. Dankie aan elke persoon wat deel is van hierdie reis en bygedra het tot hierdie besonderse prestasie.

Welkom by die familie, Rapportryers Zambezi! Ons sien uit na die pad vorentoe en alles wat ons saam gaan bereik. Hier’s op nog groter sukses, groei en vooruitgang.

🚀 Van krag tot krag! ✨

Geniet dit Laerskool Lichtenburg
20/08/2026

Geniet dit Laerskool Lichtenburg

📖 Rapportryers Nasionale Bybelvasvra 2026Die Bybelvasvra-uitdunne is tans landswyd aan die gang en duur tot en met Dinsd...
20/08/2026

📖 Rapportryers Nasionale Bybelvasvra 2026

Die Bybelvasvra-uitdunne is tans landswyd aan die gang en duur tot en met Dinsdag, 25 Augustus! 🇿🇦

Hier is ’n paar mooi oomblikke van ons leerders by verskillende skole wat hul kennis van die Woord op die proef stel. 🙏📚

Baie sterkte aan al ons spanne en leerders wat nog eksamen skryf! Ons vertrou dat al die harde werk en voorbereiding goeie vrugte sal dra.

’n Groot dankie ook aan elke afrigter, skool, toesighouer en vrywilliger wat hierdie geleentheid vir ons jongmense moontlik maak.

Rapportryers Bybelvasvra – waar jongmense groei in kennis van die Woord. ❤️📖

📖✨ DIE BYBELVASVRAE-UITDUNDRONDES IS AAN DIE GANG! ✨📖Die stilte van ’n klaskamer, Bybels oop op die tafels en jongmense ...
20/08/2026

📖✨ DIE BYBELVASVRAE-UITDUNDRONDES IS AAN DIE GANG! ✨📖

Die stilte van ’n klaskamer, Bybels oop op die tafels en jongmense wat diep d**k, lees en onthou… hier gebeur iets besonders! ❤️

Ons uitdunrondes vir die Nasionale Bybelvasvra is tans in volle gang, met leerders wat hulle kennis van God se Woord toets en hul beste gee om deur te dring na die volgende rondte.

Dit gaan oor méér as net ’n kompetisie. Dit gaan daaroor om jongmense aan te moedig om die Bybel te lees, God se Woord te ken en dit ’n deel van hulle lewens te maak.

Aan elke deelnemer: Baie sterkte! 🌿
Mag julle onthou – elke uur wat julle in die Woord spandeer, is reeds ’n belegging wat veel groter waarde het as enige prys. 🙏

“U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.” – Psalm 119:105

🥩 ’n Aand van goeie kos, lekker kuier en stories! 🥩Die Caledon Rapportryers het onlangs ’n uiters suksesvolle Biefstuket...
20/08/2026

🥩 ’n Aand van goeie kos, lekker kuier en stories! 🥩

Die Caledon Rapportryers het onlangs ’n uiters suksesvolle Biefstukete aangebied – ’n aand waar mense behoorlik kon saamkuier en die Overberg se unieke stories geniet.

Met twee van die bekendste storievertellers uit die Overberg, Gert Blits en Human du Toit, op die program, was daar natuurlik geen tekort aan humor, interessante vertellings en stories wat mens sommer net weer laat besef hoe besonders ons mense en ons streek is nie! 🇿🇦

’n Heerlike biefstuk, goeie geselskap, ’n tafel vol vriende en stories wat nog lank onthou sal word – dít is hoe ’n Rapportryers-aand hoort te wees!

Baie geluk aan die Caledon Rapportryers met ’n besonder geslaagde geleentheid en dankie vir ’n aand wat die Overberg se mense, stories en kultuur op ’n besonderse manier gevier het.

🤔 HET JY GEWEET? l  Week 4Die Rapportryers is meer as net 'n organisasie – ons is 'n familie.Hier vind jy geloof, kamera...
19/08/2026

🤔 HET JY GEWEET? l Week 4

Die Rapportryers is meer as net 'n organisasie – ons is 'n familie.

Hier vind jy geloof, kameraadskap, diens en 'n passie vir Afrikaans.

Of jy nou jonk of oud is, daar is 'n plek waar jy kan behoort.

❤️ Jy behoort hier.

13/08/2026

🤔 HET JY GEWEET? | WEEK 3

Die Nasionale Bybelvasvra is 'n trotse Rapportryer-inisiatief wat al dekades lank jongmense inspireer om die Bybel beter te leer ken en hul geloof te verdiep.

Wat as 'n eenvoudige inisiatief begin het, het oor die jare gegroei tot 'n nasionale kompetisie waaraan honderde leerders jaarliks deelneem.

📖 Die Bybelvasvra gaan egter oor veel meer as net kennis. Dit help jongmense om:
• Bybelkennis te verdiep
• Christelike waardes uit te leef
• Selfvertroue te ontwikkel
• Leierskap te bevorder

Vandag leef hierdie tradisie steeds voort en bring dit skole, gemeentes en gemeenskappe bymekaar.

👍 Gee hierdie plasing 'n "Like" as jy of iemand wat jy ken al aan die Nasionale Bybelvasvra deelgeneem het.

Die Rapportryers – Draers van die Boodskap

Ons is 'n familie waar geloof, Afrikaans en kultuur saamgeleef word.
Hier bou ons vriendskappe, dien ons ons gemeenskappe en dra ons ons erfenis met trots oor aan die volgende geslag.
www.rapportryers.co.za

Baie geluk Laerskool Elarduspark !
12/08/2026

Baie geluk Laerskool Elarduspark !

📖 KEN JOU GESKIEDENIS: KWAZULU-NATAL VOOR DIE GROOT TREK’n Interessante historiese oorsig oor die vestiging en verspreid...
12/08/2026

📖 KEN JOU GESKIEDENIS: KWAZULU-NATAL VOOR DIE GROOT TREK

’n Interessante historiese oorsig oor die vestiging en verspreiding van gemeenskappe in die huidige KwaZulu-Natal aan die begin van die Groot Trek.

Die verslag is deur dr. Jackie Grobler opgestel in samewerking met die FAK en die Rapportryers, en bied ’n historiese blik op die streek en die gemeenskappe wat daar gewoon het.

’n Geleentheid om te lees, te leer en ons geskiedenis beter te verstaan.

Address

Pretoria East

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rapportryers - RRB posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share