Rapportryers - RRB

Call Website

Rapportryers - RRB Die Rapportryers – Draers van die Boodskap

Ons is 'n familie waar geloof, Afrikaans en kultuur saamgeleef word. www.rapportryers.co.za

Hier bou ons vriendskappe, dien ons ons gemeenskappe en dra ons ons erfenis met trots oor aan die volgende geslag.

16/10/2026
πŸ“–πŸ’™ BAIE STERKTE AAN AL DIE SPANNE WAT DEELNEEM AAN DIE BYBELVASVRA-FINAAL! πŸ†As Rapportryers is ons trots om saam met jul...
15/10/2026

πŸ“–πŸ’™ BAIE STERKTE AAN AL DIE SPANNE WAT DEELNEEM AAN DIE BYBELVASVRA-FINAAL! πŸ†

As Rapportryers is ons trots om saam met julle die Woord van God te vier en ons Afrikaanse waardes en geloof uit te leef.

Mag julle met kennis, moed en geloof die vasvra aanpak!

Draers van die Boodskap β€” vandag en elke dag!

πŸ’§πŸ’™ ’N HARTLIKE DANKIE AAN THIRSTI! πŸ’™πŸ’§Die Rapportryers sΓͺ BAIE DANKIE aan Thirsti vir julle ruim borgskap en dat julle he...
13/10/2026

πŸ’§πŸ’™ ’N HARTLIKE DANKIE AAN THIRSTI! πŸ’™πŸ’§

Die Rapportryers sΓͺ BAIE DANKIE aan Thirsti vir julle ruim borgskap en dat julle help om ons dors te les! πŸ™Œ

Julle ondersteuning beteken vir ons baie en help ons om met nΓ³g meer energie en entoesiasme ons projekte aan te pak.

Minder dors, meer aksie! πŸ’¦πŸ’ͺThirsti Water

🀝 CALEDON VERWELKOM ’N NUWE LID!Die Caledon Rapportryers  verwelkom Charl Cloete hartlik as ’n nuwe lid!Tydens die gelee...
11/10/2026

🀝 CALEDON VERWELKOM ’N NUWE LID!

Die Caledon Rapportryers verwelkom Charl Cloete hartlik as ’n nuwe lid!
Tydens die geleentheid is Charl amptelik as lid ingestel deur Heinie Fourie.

Mag hierdie nuwe hoofstuk gekenmerk word deur kameraadskap, diensbaarheid en ’n gedeelde verbondenheid aan ons taal, kultuur en waardes.

Welkom by die Rapportryers, Charl! Ons sien uit daarna om saam met jou die boodskap verder te dra.

Jou taal. Jou waardes. Jou mense.
Rapportryers – Draers van die Boodskap.

08/10/2026

06/10/2026

Die Rapportryers – Draers van die Boodskap

Ons is 'n familie waar geloof, Afrikaans en kultuur saamgeleef word.
Hier bou ons vriendskappe, dien ons ons gemeenskappe en dra ons ons erfenis met trots oor aan die volgende geslag.
www.rapportryers.co.za

Rapportryers Caledon kuier by Heidehof! ❀️Caledon Rapportryers het die naweek weer ’n heerlike Heidehof-braai vir die ou...
06/10/2026

Rapportryers Caledon kuier by Heidehof! ❀️

Caledon Rapportryers het die naweek weer ’n heerlike Heidehof-braai vir die ou mense aangebied.

Daar is gebraai, gelag, musiek gemaak en selfs lekker gedans – want ’n bietjie ligte reΓ«n gaan ons mos nie keer nie! β˜”πŸ’ƒπŸ•Ί

Dit was ’n besondere voorreg om tyd saam met die inwoners deur te bring en sommer net lekker saam te kuier.

Draers van die Boodskap – Daar waar dit regtig saak maak. πŸ‡ΏπŸ‡¦β€οΈ

πŸ’™ OUBOETPROJEK | NEWCASTLE πŸ’™Die Ouboetprojek het juis hier in Newcastle ontstaan onderleiding van Ds. Nico van Zyl, ’n v...
29/09/2026

πŸ’™ OUBOETPROJEK | NEWCASTLE πŸ’™

Die Ouboetprojek het juis hier in Newcastle ontstaan onderleiding van Ds. Nico van Zyl, ’n voormalige Junior Rapportryer en kliniese sielkundige, wat ’n behoefte raakgesien het by seuns uit enkelouer- en moeilike huishoudings.

Die doel is eenvoudig: om hierdie seuns vir ’n naweek te bederf, avonture te beleef en vir hulle ’n positiewe manlike rolmodel te gee.

Verskillende skole en kinderhuise word genader om seuns te identifiseer. Die seuns betaal niks – en Rapportryers wat die naweek saamgaan, tree as hulle β€œouboet” op. 🀝

πŸ•οΈ Van kleilatgooi, visvang en bootry tot skyfskiet, abseil, potjiekos en lanternbekruip - die naweek is vol avontuur, lekker kuier en nuwe herinneringe.
In stede soos Pretoria lyk die avontuur soms ’n bietjie anders. Dan word die seuns byvoorbeeld na die brandweer geneem, kry hulle die geleentheid om met ’n regte vlugsimulator te vlieg en word hulle eenvoudig vir ’n dag of naweek spesiaal bederf.

β›ͺ Op Sondae besoek ’n plaaslike dominee die seuns en deel ’n kort, betekenisvolle boodskap met hulle.

Maar die grootste geskenk is dalk net tyd, aandag en iemand wat sΓͺ: β€œJy is belangrik.” ❀️

Die Ouboetprojek – ’n naweek wat ’n verskil maak.

πŸ‡ΏπŸ‡¦ Rapportryers – Draers van die Boodskap
Rapportryers - RRBNewcastle Rapportryersbeweging

πŸ‡ΏπŸ‡¦ ERFENISDAG | 24 SEPTEMBERErfenis is meer as wat ons agterlaat.Dit is wat ons saam dra.Dit leef in ons taal, ons stori...
24/09/2026

πŸ‡ΏπŸ‡¦ ERFENISDAG | 24 SEPTEMBER
Erfenis is meer as wat ons agterlaat.
Dit is wat ons saam dra.
Dit leef in ons taal, ons stories, ons waardes en die tradisies wat van geslag tot geslag oorgedra word.
En soms begin dit eenvoudig om ’n vuur…
’n stukkie vleis, ’n goeie gesprek, lag om die vuur en mense wat vir mekaar tyd maak.
πŸ”₯ Vandag vier ons dit wat ons verbind.
Ons mense. Ons stories. Ons taal. Ons erfenis.
Rapportryers – Draers van die Boodskap
Sedert 1950.

Address

Pretoria East

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rapportryers - RRB posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share