VLU - Leeuhart Tak

VLU - Leeuhart Tak Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VLU - Leeuhart Tak, Nonprofit Organization, Potchefstroom.

28/08/2026
Wat n heerlike bederf vrouedag deur NWK Lichtenburg, plus n uitstekende eenmantoneel deur Frank Opperman
01/08/2026

Wat n heerlike bederf vrouedag deur NWK Lichtenburg, plus n uitstekende eenmantoneel deur Frank Opperman

Heerlike pewterklas bygewoon
17/07/2026

Heerlike pewterklas bygewoon

Wat n vergadering, ons monde het letterlik oopgehang en nie van lus nie. Dit was wel insiggewend maar ons hoop dis nooit...
19/06/2026

Wat n vergadering, ons monde het letterlik oopgehang en nie van lus nie. Dit was wel insiggewend maar ons hoop dis nooit nodig om daarvan gebruik te maak nie . Prof Johnie van der Berg praat met ons oor eetbare insekte wanneer kos skaars raak.

VLU - Leeuhart Tak het met n swaar hart afskeid geneem van een van ons lede, tannie Margaretha Peach na n kort siekbed. ...
15/06/2026

VLU - Leeuhart Tak het met n swaar hart afskeid geneem van een van ons lede, tannie Margaretha Peach na n kort siekbed. Sy was n voorbeeld vir ons almal. Altyd statig en netjies en het ons gereeld opdraande gegee met haar inskrywings. Ons het nog die voorreg gehad om April saam haar 91ste verjaarsdag te vier. RIV en sterkte vir almal wat in haar lewe was

Vergadering 20 Mei 2026. Ons bespreek ons omgee projek en ook watter dames die NWVLU se kongres by Buffelspoort die 12 t...
24/05/2026

Vergadering 20 Mei 2026. Ons bespreek ons omgee projek en ook watter dames die NWVLU se kongres by Buffelspoort die 12 tot 13de Augustus wil bywoon want die gelde moet inbetaal word. Ons kry ook die datum van ons werkswinkel wat in Juliemaand aangebied gaan word. Die gasspreker word verwelkom en voorgestel. Sy is Prof Mariëtte Swanepoel verbonde aan die NWU se biokinetika afdeling. Sy wys ons daarop dat dit goed is vir bejaardes om te oefen, al is dit net om te stap. Ook goeie eetgewoontes soos om genoeg vesel en protieëne sowel as water in te neem. Wat ook goed is is om balans oefeninge te doen aangesien so baie bejaardes val en dit kan noodlottige gevolge hê. Daarna geniet ons koffie en iets om te eet. Die dames beweeg na die kompetisie tafels om die kommentaar te hoor van ons artikels wat ons ingeskryf het..

Takvergadering 15 April 2026. Ons werk deur die agenda en bespreek sake van belang. Ons VLU se kaartjies van die Spranke...
16/04/2026

Takvergadering 15 April 2026. Ons werk deur die agenda en bespreek sake van belang. Ons VLU se kaartjies van die Sprankeltee vir die Potchefstroom se Dienssentrum is uitverkoop. Ons beplan ons volgende omgee projek naamlik om al ons bronsgeld wat die banke in elk geval nie meer inneem nie, bymekaar te maak en aan die Voortrekkermonument te skenk.. Die dames word attend gemaak daarop dat ons 15 en 16 April weer gaan pannekoek bak voor Pick a Pay Van der Hoffpark. Ons bedink wat se woorde ons onderaan ons Takvaandel gaan aanbring. Die lekkerste was om ons 2 dames wat 90jaar en 91jaar word se verjaarsdae te vier. Hulle is baie kosbaar vir ons en het onuitputlike ondervinding, kennis en stories.

Ons neem met ’n swaar hart kennis van die bedanking van ons Uitvoerende Direkteur, Marlie Coetzee. Ná meer as ’n dekade ...
15/04/2026

Ons neem met ’n swaar hart kennis van die bedanking van ons Uitvoerende Direkteur, Marlie Coetzee. Ná meer as ’n dekade saam met jou by VivA – en veral die afgelope sewe en ’n half jaar as ons Uitvoerende Direkteur – is dit vir ons moeilik om afskeid te neem.
Jy het nie net ’n organisasie bestuur nie; jy het ’n span gevorm, gelei en geïnspireer. Onder jou leiding het ons geleer wat dit beteken om met integriteit, toewyding en visie te werk. Jou deursettingsvermoë en strategiese insig het ’n blywende indruk op ons almal gemaak.
Ons wil jou ook bedank vir die vertroue wat jy in ons gestel het. Jy het vir ons ruimte gegee om te groei, ons werk met trots te doen en werklik eienaarskap daarvan te neem. Dit is ’n skaars en kosbare gawe van ’n leier.
Jy het ’n sleutelrol gespeel in die bou van ’n digitale tuiste vir Afrikaans. Dit is ’n nalatenskap waarop jy met reg kan trots wees. Maar buiten hiervoor sal ons jou onthou vir wie jy as mens is: jou opregtheid, menslikheid, die respek waarmee jy ander behandel het, asook jou liefde vir Afrikaans en die mense wat daarmee werk.
Dankie vir die pad wat ons saam met jou kon stap, vir die lesse wat jy ons geleer het en vir die voorbeeld wat jy gestel het.
Ons wens jou alle sterkte en voorspoed toe met die volgende hoofstuk van jou loopbaan. Mag dit vir jou net soveel vervulling en betekenis bring as wat jy vir ons en vir VivA gebring het.
Hierdie oorgang bring noodwendig verandering mee, en hoewel dit ’n tyd van aanpassing is, bly ons stewig verbind tot ons doelwitte en om die Afrikaanse gemeenskap te dien. Ons waardeer die voortgesette ondersteuning en betrokkenheid van ons belanghebbendes.
Groete
Die VivA-span

Takvergadering 25 Maart 2025.
09/04/2026

Takvergadering 25 Maart 2025.

Address

Potchefstroom

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU - Leeuhart Tak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share