03/11/2025
🎯 Kwagga Jag en Avontuur – Jaarafsluiting & Dankie aan Almal! 🎯
Op 1 November 2025 het ons ons jaarlikse afsluit-skiet gehou – ’n heerlike dag vol goeie geselskap, uitstekende skietwerk en lekker kompetisie!
’n Groot dankie aan al ons klublede en besoekers vir julle deelname, entoesiasme en ondersteuning deur die hele jaar. Julle maak elke skietdag ’n hoogtepunt! 👏
Ons waardeer ook ons borg vir die dag, Optics Online vir hul bydrae, asook al ons jaarborg(e) vir die volgehoue ondersteuning – sonder julle sou dit nie moontlik wees nie. 🙏
🏆 Uitslae – Klubskiet 1 November 2025 🏆
A. Mans: Groot Kaliber (Groepering en Ghonge)
1️⃣ Conrad Basson
2️⃣ Patat Hanekom
3️⃣ Henk Esterhuyse
B. Dames: Groot Kaliber (Groepering en Ghonge)
1️⃣ Ronel Rossouw
2️⃣ Carla Steyn
3️⃣ Linnihan Viljoen
C. Mulligan
1️⃣ Patat Hanekom
🥇 Kategoriewenners vir 2025
A. Groot Kaliber (Ghonge, Veldskiet, Diere Teikens):
Stephan van der Westhuizen
B. Groepering:
Andre Kennedy
C. Mulligan:
Stephan van der Westhuizen
D. Randslag (.22):
Stephan van der Westhuizen
E. Handwapen:
Andre Kennedy
F. Black Jack:
Henk Esterhuyse
G. Haelgeweer:
Pieter van Zyl
🏆 Kwagga Kampioene vir 2025
Mans: Stephan van der Westhuizen
Dames: Ronel Rossouw
Juniors: Leila Swanepoel
🎉 Baie geluk aan al ons wenners en aan elke skut wat die jaar deel was van die aksie!
Mag 2026 nog groter, skerper en vol koeëlgate wees! 🔫💥