Piet Retief VLU MP Tambuki streek

Piet Retief VLU MP Tambuki streek Piet Retief tak is gestig op 8 Okt 1952 Elke tak bestaan uit sy eie lede, met 'n takbestuur en takvoorsitter, wat die tak administreer m.b.v.

Die VLU is 'n opvoedkundige organisasie waarin vroue met dieselfde waardes geleenthede tot verruiming gebied word sodat hulle 'n bydrae kan lewer en 'n daadwerklike aandeel kan hê aan die ontwikkeling van ons land. VLU is deel van 'n wêreldwye organisasie

Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) is 'n wêreld-organisasie waarby VLU Mpumalanga geaffilieer is. In Suid-Afrika is VLU Mpumalanga ge

affilieer by die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-Unie (SAVLU)
VLU Mpumalanga is 'n provinsiale liggaam en bestaan uit takke en is verdeel in streke. eie takfondse (ledegeld en fondsinsamelings).

16/05/2026
Die tak vergader op Maandag, 20 April, aan huis van Sonja.  Lydia open die byeenkoms met die vraag: “Waarmee sal jy jou ...
13/05/2026

Die tak vergader op Maandag, 20 April, aan huis van Sonja. Lydia open die byeenkoms met die vraag: “Waarmee sal jy jou besig hou as jy weet dit is jou laaste dag. Niemand ken sy sterfdag nie en wil dit eintlik nie weet nie. Maar dit waarmee jy besig gaan wees is dan jou nalatenskap. Mense jaag wêreldse dinge na soos rykdom, eer, skoonheid en meer. Almal wil onthou word vir die goeie, dan moet dit vandag en elke dag gedoen word.Dit is die beste as dit teenoor jou geliefdes en naaste gedoen word. Sit elke dag ‘n kosbare tydjie opsy om liefde te betoon. Jesus se nalatenskap lui soos volg: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.” (Joh. 14:27) Die beste nalantenskap ooit!
Voorstelle is van die takke gevra vir items vir Mpumalanga en is daar lekker gekoukus en om almal se voorstelle te hoor was interessant. Sonja gee ‘n insiggewende praatjie oor die boom van die jaar en bespreek die Wilde Olyf en Rooi Ivoor. Sodra ons een van die twee in die hande kry sal dit op ‘n geskikte plek geplant word.
Daar is vooraf versoek dat die dames bydraes bring wat aan die CMR geskenk gaan word. Dankie aan almal wat so mildelik gedeel het. Sonja du Toit ontvang haar VLU knopie vir 30 jaar lidmaatskap. Sy word hartlik bedank vir die voortou wat sy altyd neem en die voorbeeld wat sy stel in die gehalte van al die werk wat sy doen. Sonja ontvang ook die Konferensie trofee vir Hekelwerk. Lydia Vermaak ontvang ook ‘n knopie vir 5 jaar lidmaatskap.
‘n Loodglasdemonstrasie word gegee deur Marietjie Abrams en vertoon sy die pragtige items wat sy maak. Die moontlikhede wat sy aanpak is wyd, soos juweliersware, papiergewigte en sonvangers, veral van voëls. Sy doen hoofsaaklik werk wat deur mense versoek word en geen uitdaging kry haar onder nie. Daar is ook ‘n demonstrasie gegee oor die maak van lemoensmeer en kon dit later geproe word op smaaklike plaatkoekies wat ons vir middagete geniet het.
Die tak maak weer jaffels by die Wittenberg Boeremark en is al die werksaamhede wat vooraf gebeur georganiseer. Daarna bly die dames agter wat ‘n werksklas benodig in die hekelartikels en is baie nuttige wenke uitgeruil.
Daar word afgesluit met ‘n gedagte wat Wilana Claasssen met ons deel. “Courage isn’t having the strength to go on – it is going on when you don’t have strength.” (Napoleon Bonaparte)

Ons het sommer baie lekker vergadering gehou op 16 Maart 2026.Janeen Herrington open met ‘n gedagte uit die Woord nl Ef....
07/04/2026

Ons het sommer baie lekker vergadering gehou op 16 Maart 2026.
Janeen Herrington open met ‘n gedagte uit die Woord nl Ef.2:3. ‘n
Meesterstuk soos die bekende Dawidbeeld was eers ‘n blok marmer wat
onder die kunstenaar se hande ‘n beeld geword het. Net so is ons onder
die hande van ons Meester wat ons deur ons lewe vorm om ‘n
meesterstuk te word.
Terugvoer word aan die vergadering gegee oor die Tambuki konferensie
wat in Februarie plaasgevind het. Die items wat ingeskryf was word aan
die dames terugbesorg. Met baie dankbaarheid aan die dames vir elke
item wat bygedra het tot die mooi punte wat die Piet Retief tak behaal
het.
Die gasvroue, Carina Isaacs en Janeen, sorg vir ‘n baie prettige
vendusie. Elke dame ontvang ‘n vlaggie met ‘n skreeusnaakse bynaam
daarop, soos spinnekop, wielie walie en snuif !! ‘n Stewige bedrag is
ingesamel ter stywing van ons fondse. En daar was waarlik items wat
die dames wou hê, soos ‘n sakkie met ‘n verskeidenheid rissies, ‘n
pakkie avokado’s en mooi groen vadoeke. Carina het ‘n flinke oog gehad
en het baie pittig die dames teen mekaar opgesteek.
Ons flukse lid, Helena Joubert, het toegerus gekom met bestanddele,
mikrogolf en gasstofie, om aan ons te demonstreer hoe om lemoengeur
toffie te maak. Daar is ‘n definitiewe verskil tussen toffie, fudge en
tammeletjie. Die geheim is die bestanddele, temperatuur en die tydsduur
van die kookproses. As kinders het mens mos die bak met die deeg
uitgelek, en glo my daar was onder ons wat dit nog steeds doen.
Heerlike soet demonstrasie.
Na middagete van geurige roosterbroodjies en koek, het ons die kuns
van strooitjieblaas verfwerk geoefen. Die asems het gehou en niemand
het omgeval nie. ‘n Eenvoudige tegniek wat ‘n verbasende mooi effek
kan hê.
Wilana Claassen sluit die vergadering af met die baie treffende gedagte:
“LIFE IS SHORT. LEAVE NO LOVELY WORD UNSAID!”

Februarie se vergadering op die 16e by die Rolbalklub was voorwaar nbaie besige byeenkoms. Ons het om 10.00 begin en eer...
22/02/2026

Februarie se vergadering op die 16e by die Rolbalklub was voorwaar n
baie besige byeenkoms. Ons het om 10.00 begin en eers teen 3.00
verdaag na twee leersame werksklasse.
Die gasvrou, Susan Prins, lees gedeeltes uit Spreuke. Daar is nog 320
dae oor in 2026 en sy hou aan ons ‘n motto voor vir die res van die jaar.
“Ken Hom, want in elke opdrag is ook ‘n belofte. Soek Hom in Sy Woord,
want Hy lei jou volgens Sy wil, nie jou wil nie. Bid gedurig, so
kommunikeer jy met God en is jy veilig. Bepaal waar jy jou krag en
energie (brandstof) kry vir jou lewe.
Die lede wat konferensie toe gaan hierdie aankomende naweek ontvang
die nodige reëlings. ‘n Prettige aktiwiteit volg waar Santie du Toit met ons
stoelyoga doen met musiek. Dit was vir elkeen ‘n openbaring hoe koördinasie
in die slag bly soos mens ouer word. Susan Prins het ‘n baie interessante
demonstrasie oor die fermentasie van voedsel aangebied. Dis ‘n baie
belangrike bydrae tot gesondheid op ‘n baie natuurlike manier vir jou liggaam.
Die gebruik van gefermenteerde voedsel is al eeue oud en voorbeelde daarvan
is dikmelk, sauerkraut en selfs sojasous. Elkeen het n flessie saamgebring en
kon ons self die proses oefen met groente wat Susan saamgebring het. Oor so
7 dae gaan ons baie gesonder ‘guts’ hê.
Na ‘n lekker koppie tee en versnaperinge begin ‘n werksklas oor die maak van
windklokke met blikkies. Idees word uitgeruil, voorbeelde gewys en wenke
gegee oor decoupage. Daar is groot entoesiasme vir hierdie projek.
Volgende was dit uit met die hekelnaalde en gare en het Helena Joubert en
Sonja du Toit almal touwys gemaak oor Amigurumi, ‘n hekeltegniek
oorspronklik uit Japan. Sagte speelgoed wat opgestop word moet die jaar
gehekel word vir die SA kompetisie. Daar word gesê dat as jy dit onder die knie
het raak jy behep met speelgoed hekel.
‘n Lekker, lang dag saam met vriendinne word afgesluit met die gedagte van
Moeder Theresa: “Spread love everywhere you go. Let no one ever come to
you without leaving happier.”

Bestuur 2026
13/02/2026

Bestuur 2026

Die eerste vergadering van 2026 het plaasgevind op 19 Januarie en het ditgekwetter van blydskap om mekaar weer gesond en...
13/02/2026

Die eerste vergadering van 2026 het plaasgevind op 19 Januarie en het dit
gekwetter van blydskap om mekaar weer gesond en voltallig te sien. Wilana
Claassen open die jaar uit ‘n skrifgedeelte, Luk.10:38-42. Die verhaal van
Martha en Maria. Ons moet albei hierdie figure uitleef deur ons take deeglik te
doen en hard te werk. Die belangrikste is om die heeltyd op Jesus gefokus te
wees, om ‘ingeprop’ te wees vir daaglikse krag, insig en genade.
Ons verwelkom ons gaste en 2 nuwe lede nl Raeesa Mahomed en Marietjie
Abrams. Die tak het hard gewerk gedurende 2025 aan die artikels wat gereed
is vir die konferensie op die 21 Februarie. Reëlings vir die bywoning van die
konferensie word bespreek sowel as riglyne gegee vir die blommerangskikking
en gebak wat op die 20 Februarie beoordeel word.
Lana van Wyk demonstreer die kuns van seepmaak. Sy het seep saamgebring
asook pragtige hekelwerk en velsorgprodukte. Ons het later ontsteld na ‘n
opname gekyk oor renosterstropery wat tonele gewys het van uiterste
wreedheid en geweld. Tydens die opname was daar nog 5 renosters op die
plaas oor maar dié is intussen ook gestroop. Van die vroulike diere was dragtig.
Mens vra jouself af hoe dit moontlik is dat ‘n besondere dierespesie uitgeroei
word vir ‘n nuttelose horing.
Hierdie jaar begin ons met die gedagte: “No one claps for the grind. They clap
for the result.” Die volgende vergadering is op 16 Februarie 2026.

Address

Piet Retief
2380

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Piet Retief VLU MP Tambuki streek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share