Vroue Wat Omgee

Vroue Wat Omgee Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Vroue Wat Omgee, Misty Valley Farm, R328, Brandwacht, Mossel Bay.

Wat ’n besonderse en geseënde Damesoggend.🌸 FLOREER 🌸’n Groep vroue het Saterdag 14 Maart by Misty Valley byeengekom vir...
17/03/2026

Wat ’n besonderse en geseënde Damesoggend.

🌸 FLOREER 🌸

’n Groep vroue het Saterdag 14 Maart by Misty Valley byeengekom vir ’n verrykende oggend gevul met vreugde, opregte lag, diep nadenke en selfs ’n paar trane. Dit was ’n tyd van ware konneksie en betekenisvolle oomblikke wat elkeen geraak het.

Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor ons inspirerende gasspreker, Anzell Myburgh, asook ons uitstekende seremoniemeester, Cornelle Carstens. Julle bydraes het elke vrou aangemoedig en op ’n besondere manier geïnspireer.

’n Hartlike dankie ook aan Misty Valley vir die pragtige omgewing en warm gasvryheid wat die dag nog meer spesiaal gemaak het.

Die doel van die oggend was nie net om saam te kuier nie, maar ook om terug te gee aan die gemeenskap. Elke vrou het ’n herwinbare inkopiesak saamgebring – gevul met bederfies of noodsaaklike toiletware vir vroue in nood. Dit was ongelooflik om te sien hoe hierdie gebaar van omgee reeds dieselfde aand vrug gedra het, toe ’n pakkie aan ’n behoeftige vrou oorhandig is.

Elke gas het die geleentheid verlaat met ’n voller hart en ’n siel wat verkwik is – iets wat nog lank sal bybly.

Sonder ons borge sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie. Baie dankie aan elke borg, groot en klein, vir julle bydraes en ondersteuning. Julle het gehelp om hierdie dag werklik onvergeetlik te maak.

GEGROND IN GELOOF.

Misty Valley Farms
Fancy Functions
Annabelle Sparkling
Blom
Giano Jewellers
Sanlam Concept Wealth Tanya van der Merwe
Oasis Water De Nova Mosselbaai
Vredebest Packaging
Elegant Fuel Mosselbaai Zandri Hamman
Simone Du Plessis Counselling
EDEN Bounce
SKIN Aesthetic Spa.Pinnacle Point
Fanies Apteek
Royal Roots
Studio Y4 DESIGN
Picasso's
Charlene Lotz
Diederiks Incorporated

Ons is weer besig om 'n spesiale oggend te reël, en hierdie keer sluit dit ook ’n liefdadigheidsprojek in!’n Vriendin va...
01/10/2025

Ons is weer besig om 'n spesiale oggend te reël, en hierdie keer sluit dit ook ’n liefdadigheidsprojek in!

’n Vriendin van my reël dit saam met my. Dit was haar idee om ’n vroueoggend aan te bied, aangesien sy ’n kragtige boodskap op haar hart het wat sy graag met ander dames wil deel. Ons deel dieselfde passie en boodskap, en sien baie uit daarna om dit saam met ander te deel op hierdie besonderse oggend.

*Gegrond in Geloof, in Genade Geblom- Vroue dien mekaar met liefde sonder oordeel, ons sal floreer en blom.*

01/12/2024
ASB ONDERSTEUN HIERDIE PROJEK!"Ons is 'n paar vriende en familie wat hierdie jaar die begeerte het om die ou mense van O...
01/11/2022

ASB ONDERSTEUN HIERDIE PROJEK!

"Ons is 'n paar vriende en familie wat hierdie jaar die begeerte het om die ou mense van Ons Hulde se harte vir Kersfees bly te maak. Ek sal dit so geweldig waardeer indien ons soveel as moontlik ondersteuning kan kry 🙌
Julle is welkom om my te Whatsapp ook by 083 228 2584."

13/08/2022
Eerste 150 gesinne wat môre ons FAMILIE PRETDAG bywoon kry 'n mooi kalahari sak geborg deur Revivified Beauty.Hekke open...
12/08/2022

Eerste 150 gesinne wat môre ons FAMILIE PRETDAG bywoon kry 'n mooi kalahari sak geborg deur Revivified Beauty.

Hekke open al 09h00

Revivified Beauty Salon

11/08/2022

Ons is dankbaar vir ñ gemeenskap wat ons Familie Pretdag, op 13 Augustus by Kleinplaas Sport Villiage, met oop harte ondersteun.

Sonder hierdie borge sal die dag nie kon plaasvind nie.

Kleinplaas Pype
CROSSFIT GROUND ZERO
ALS POTCHEFSTROOM
ER24 EMS (Pty) Ltd.
Theo Eiendomme
Lions Club Potchefstroom
NTT Nissan Potchefstroom
Pick 'n Pay Vanderhoff Park Family Super Market
Asambo Giving Back
ALL ABOUT EVENTS
SPICY AFFAIR
SWEET CHILLI COUNTRY SHOP
PRE-LOVED LUXURY CLOTHING
Nat Snoet
Body Fuel Express, Potchefstroom
Turkstra Bakery
Revivified Beauty Salon
SAZZY EVENTS

A&E
ZigMart Potchefstroom
CORNER BUTCHERY
LU SLUSH
NG GRIMBEECKPARK PANNEKOEK
PRETARENA
ALPHA FRUIT & VEG

Gaan besoek gerus hierdie borge en ondersteun hulle voluit!

Address

Misty Valley Farm, R328, Brandwacht
Mossel Bay
6520

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vroue Wat Omgee posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share