VLU-Leeuklip

VLU-Leeuklip Sien ons ou page met link https://www.facebook.com/leeuklipvlu

🫟 Verf en KuieraandJy bring die lag en lekker geselskap - ons sorg vir die res!😋🎨🖌️17 Sept 2026 / Middelburg Hospice / R...
21/08/2026

🫟 Verf en Kuieraand

Jy bring die lag en lekker geselskap - ons sorg vir die res!😋🎨🖌️

17 Sept 2026 / Middelburg Hospice / R400

💛12 Aug 2026 - Leeuklip hou vergadering by Lavender Mill net buite Middelburg. Dis 'n koue oggend en ons kuier om die ka...
18/08/2026

💛12 Aug 2026 - Leeuklip hou vergadering by Lavender Mill net buite Middelburg. Dis 'n koue oggend en ons kuier om die kaggel!

Ons gasvroue is Carien & Cilie Hartman wat die oggend heerlik opwarm vir al die lede. Cilie Hartman is ook die wenner van ons mandjie vol bederfies!

Riëtte Cloete het vir ons kom demonstreer hoe om 'n rolkoek te bak. Dankie Riëtte vir al jou kundigheid en goeie raad! Ons lede is nou vuur en vlam om die puntenerige rolkoek self te bak!

'n Rolkoek is soos 'n goeie VLU vriendin - sag van binne, mooi van buite en altyd gereed vir 'n bietjie soetigheid!❤️

8 Julie 2026 - Leeuklip hartsvriendinne kuier gesellig saam by Hospice Middelburg. Op die koel wintersoggend eet ons hee...
14/07/2026

8 Julie 2026 - Leeuklip hartsvriendinne kuier gesellig saam by Hospice Middelburg.

Op die koel wintersoggend eet ons heerlik sop. Dankie aan ons gasvroue Yolette Wentzel en Suné Roux vir die lekker bederf! Geluk aan Jacqui Miller wat die mandjie vol bederfies wen!

Dis ook ons miniskou en die tafel is volgepak met pragtige artikels.
Samesyn is altyd lekker - ons sien reeds uit na ons volgende vergadering!

💛 Wat gebeur as 'n groep VLU-dames saamspan?  Jy kry 343 bottels vol hoop, omgee en lekker sop!Hierdie sopbottels is voo...
22/06/2026

💛 Wat gebeur as 'n groep VLU-dames saamspan? Jy kry 343 bottels vol hoop, omgee en lekker sop!

Hierdie sopbottels is voorberei vir ons dorp se laerskole se voedingsskemas en gaan help om baie kinders se magies warm te maak. En wat is ons geheime bestanddeel in die bottels? Net liefde!

17 Junie het Leeukliptak bymekaargekom om bottels te vul en so ook aan die onderskeie skole te versprei. 'n Heerlike oggend van saamwerk en saamspan. 'n Groot dankie aan al ons lede vir jul skenkings en hulp, en ook almal wat ons projek ondersteun het! Ons is trots op wat ons saam bereik het.💛

🌸 Leeuklip VLU Uitstappie - 11 Junie 2026Ons VLU Leeukliplede was 11 Junie op 'n uitstappie na Prison Break Market naby ...
18/06/2026

🌸 Leeuklip VLU Uitstappie - 11 Junie 2026

Ons VLU Leeukliplede was 11 Junie op 'n uitstappie na Prison Break Market naby Midrand.

Heelwat lede was siek en kon nie die dag saamgaan nie. Ons het vroegoggend digte mis ervaar, maar gelukkig het ons baie bekwame besuurder, Tertius van der Berg, rustig sy pad deur die mis gevind. 'n Mens moet ook warm bly op so 'n koue oggend - daarvoor het die cuppachinos en sjerrie goed gewerk in die bussie!

Na ons al die unieke handgemaakte items by al die stalletjies bewonder het, het almal heerlik saam middagete geëet by die interessante kosstalletjies.

Op ons pad terug het ons gestop by Her-Annies in Lyttelton vir 'broodnodige kunsaankope'! Ons kan die koopervaring aanbeveel!

Dankie vir almal wat die uitstappie so spesiaal gemaak het! Dit was 'n gesellige kuiergeleentheid en almal het lekker ontspan. Baie dankie ook aan Suné Roux wat die uitstappie georganiseer het!

09/06/2026

Address

Middelburg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU-Leeuklip posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share