29/05/2026
Hallo, my naam is Janco.
Ek is besig met my Springbok Landsdiensprojek, "Bome en Bybels". My droom is om vir die kinders van Middelburg Care Village en ander skole hul eie Bybels te gee en vrugtebome te plant wat hulle nog vir baie jare van vrugte sal voorsien.
Ons hoop om die Bybels en bome voor die Junie-skoolvakansie te oorhandig, maar ons benodig nog net ongeveer R3 000 om ons doel te bereik.
Elke Bybel beteken dat 'n kind die geleentheid kry om van Jesus se liefde te leer. Elke vrugteboom is 'n belegging in die toekoms en sal vir jare vrugte dra.
Ek wil graag vir elke persoon wat reeds gehelp het baie dankie sê. Julle maak regtig 'n verskil.
As jy kan help, al is dit net 'n klein bedrag, sal dit vir my baie beteken. Help my asseblief om hierdie projek 'n sukses te maak en 'n verskil in kinders se lewens te maak.
"Bybels voed die gees, en vrugtebome voed die vlees."
Baie dankie vir julle ondersteuning. ❤️
Bank: Capitec
Rekeningnaam: Bybel en Bome Landsdiens
Tipe: Spaarrekening
Rekeningnommer: 1645296219
Volg my reis hier:
https://www.facebook.com/share/1Cno3GT3B6/
Hardus Jacobs Nadine Henderson Jacobs