Hoop op Loop vir Mnr Jerry

Hoop op Loop vir Mnr Jerry Mnr Jerry Fowlds, oud-onderwyser in Meyerton, benodig fondse om mediese onkostes te help dek. Mnr. Daarna het hy verdere bestraling ondergaan. Mr.

Jerry Fowlds is 'n bekende figuur in Meyerton, waar hy vir 43 jaar skoolgegee het. Hy was altyd baie aktief en het alles van staptoere, fietstoere en daguitstappies gereël. In 2011 is hy met prostaatkanker gediagnoseer en het bestraling daarvoor ontvang. Hy was vir twee jaar in remissie, totdat daar in 2014 kankergewasse in sy buik gevind is. Die komplikasies van die bestraling het egter 'n groot

negatiewe uitwerking op sy lewenskwaliteit gehad. Sedertdien het hy gesukkel met sy been. Die laaste paar jaar was 'n groot uitdaging vir Mnr. Jerry, aangesien sy been al hoe meer probleme begin gee het, en in 2023 het hy homself bedlêend bevind. Na besoeke aan 11 verskillende dokters is vasgestel dat hy 'n heupvervanging benodig. Die dokter het die operasie as een van die moeilikste in sy loopbaan beskryf weens die verbrokkeling van sy been. Dit het egter nie die probleem opgelos nie, aangesien littekenweefsel in sy lies die bloedvloei en limfdreinering beïnvloed, en senuwees vasdruk. In 2024 het hy 'n limfchirurg geraadpleeg wat hoopvol is dat 'n prosedure (vier limfomleidings) sy limfdreinering sal verbeter. Hierdie prosedure word egter nie as 'n “mediese intervensie” gesien nie, omdat dit nog baie nuut in Suid-Afrika is, en word dus slegs gedeeltelik deur die mediese fonds gedek. Die gedeelte wat hy self moet betaal, word konserwatief beraam op R100 000. Dit sluit nie al die nasorg in, soos wondsorg, spesiale verbande, fisioterapie, ensovoorts, nie. Tot op hede het hy al die addisionele koste en sorg vir die afgelope paar jaar uit sy eie sak betaal. Hierdie prosedure is slegs een van drie wat hy moet ondergaan om hopelik sy lewenskwaliteit ten volle te herstel en sonder daaglikse, ondraaglike pyn te wees. Enige donasie om vir Mnr Jerry weer Hoop op Loop te gee word opreg waardeer! Jerry Fowlds is a well-known figure in Meyerton, where he taught for 43 years. He was always very active and organised everything from hiking trips, cycling tours, and day trips. In 2011, he was diagnosed with prostate cancer and underwent radiation therapy for it. He was in remission for two years until cancerous growths were found in his abdomen in 2014. He then underwent further radiation therapy. The complications from the radiation, however, had a significant negative impact on his quality of life. Since then, he has struggled with his leg. The last few years have been a major challenge for Mr. Jerry, as his leg started to cause more and more problems, and in 2023, he found himself bedridden. After visiting 11 different doctors, it was determined that he needed a hip replacement. The doctor described the surgery as one of the most difficult in his career due to the crumbling of his bone. However, this did not solve the problem, as scar tissue in his groin affected blood flow, lymphatic drainage and compressed nerves. In 2024, he consulted a lymphatic surgeon who is hopeful that a procedure (four lymphatic bypasses) will improve his lymphatic drainage. However, this procedure is not regarded as a “medical intervention” because it is still very new in South Africa, and it is therefore only partially covered by his medical aid. The portion he needs to pay himself is conservatively estimated at R100,000. This does not include all the aftercare, such as wound care, special dressings, physiotherapy, and so on. To date, he has been paying all the additional costs and care for the past few years out of his own pocket. This procedure is only one of three that he must undergo in the hope of fully restoring his quality of life and being free from daily, unbearable pain. Any donation to help give Mr. Jerry Hope to Walk again is sincerely appreciated!

Vandag het Mnr Jerry Fowlds nog 'n heupvervanging ondergaan. Die keer aan die regter kant.Na byna 4 ure in die teater, i...
16/02/2026

Vandag het Mnr Jerry Fowlds nog 'n heupvervanging ondergaan. Die keer aan die regter kant.

Na byna 4 ure in die teater, is ons opreg dankbaar dat hy steeds 'n glimlag kon gee (op versoek), selfs deur die ondraaglike pyn.

Sy regter heup, het, ja 2 jaar van swaar op hom steun, ook opgegee.

Ons glo en vertrou dat hy spoedig sal herstel, sodat ons weer op die uiters belangrike, en ook baie nodige limfoperasies kan fokus.

Baie dankie vir almal se liefde en ondersteuning.
❤️

Foto 1 - voor operasie
Foto 2 - na operasie

Ek wil so bietjie spog...Met 'n groot dankbaarheid in my hart!Wys ek julle my oefen " log"Die 7,19km wat ek gestap het.....
31/12/2025

Ek wil so bietjie spog...
Met 'n groot dankbaarheid in my hart!
Wys ek julle my oefen " log"
Die 7,19km wat ek gestap het..
As ek onthou om my horlosie te druk... vir die stap in die "Mall"...
Maar die 31,173km wat ek geswem het wil ek graag laat uitstaan...al staan ek maar min!
Dit neem 40 lentes om by 1 km te kom....
Dankie vir elk wat vir my gebid het in die jaar wat verby is..
GELOOF MAAK STERK!!!
Gaan weer vir nog 'n heupvervanging 14 Feb...
Dan sal ek die loop weer kan opstoot!
Voorspoed en liefde...
🏊🏻‍♂️🏊🏻‍♂️🏊🏻‍♂️🐶👴🏻🐶🏊🏻‍♂️🏊🏻‍♂️🏊🏻‍♂️

Ons is opreg dankbaar vir almal se liefde en ondersteuning die laaste 2 jaar. ❤️

07/09/2025

🌕𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐌𝐚𝐚𝐧𝐬𝐯𝐞𝐫𝐝𝐮𝐢𝐬𝐭𝐞𝐫𝐢𝐧𝐠 𝐡𝐢𝐞𝐫𝐝𝐢𝐞 𝐒𝐨𝐧𝐝𝐚𝐠 🌑

🌕🌔🌓🌒🌑🌘🌗🌖🌕

Kom kyk saam met ons, 7 September 2025 van 18:00 by Destinata, (Mimosa Straat, Golf Park).

Pak jou piekniekmandjie, kombers/stoele en geniet die aand saam met ons onder die maan!

17:30 Hekke open
18:00 Teleskope oop om na die maan en ander objekte te kyk.
19:00 Praatjie (oor die maan en ander interessanthede) deur Mnr Jerry Fowlds
19:40 Teleskope oop om na ander hemelliggame te kyk terwyl die maan in sy donker fase is.

Res van die aand oop vir Sterrekyk, Maan kyk en lekker kuier.

R10 per kind
R20 per volwassene

𝗘𝗹𝗸𝗲 𝗽𝗲𝗿𝘀𝗼𝗼𝗻 𝗯𝗲𝗵𝗼𝗼𝗿𝘁 𝗲𝗲𝗻 𝗸𝗲𝗲𝗿 𝗶𝗻 𝘀𝘆 𝗹𝗲𝘄𝗲 '𝗻 𝘁𝗼𝘁𝗮𝗹𝗲 𝗺𝗮𝗮𝗻𝘀𝘃𝗲𝗿𝗱𝘂𝗶𝘀𝘁𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝘁𝗲 𝗯𝗲𝗹𝗲𝗲𝗳. 𝗛𝗶𝗲𝗿𝗱𝗶𝗲 𝗶𝘀 𝗷𝗼𝘂 𝗸𝗮𝗻𝘀!
🌕🌔🌓🌒🌑🌘🌗🌖🌕

28/02/2025
Mnr Jerry Fowlds word binnekort weer geopereer by Netcare Unitas Hospital. November verlede jaar se operasie was onsukse...
27/01/2025

Mnr Jerry Fowlds word binnekort weer geopereer by Netcare Unitas Hospital.

November verlede jaar se operasie was onsuksesvol. Die infeksie het nie opgeklaar nie. Die prostese word vandag verwyder, wat operasies en 4 maande se herstel beteken.

Hierdie is nie deel van die operasies wat oorspronklik beplan is nie. Dit is uitgestel tot sy heup ten volle verstel.

08/12/2024
Bass Lake Hoop op Loop  Photo dump  #5
08/12/2024

Bass Lake Hoop op Loop Photo dump #5

Bass Lake Hoop op Loop  photo dump  #3
07/12/2024

Bass Lake Hoop op Loop photo dump #3

Address

Meyerton
1961

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoop op Loop vir Mnr Jerry posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share