NG Meyerton Jeug

NG Meyerton Jeug Meyerton Jeug
Stap saam ons nader aan God. Leer saam ons hoe om soos Jesus te wees. Leef saam as deel van ons Geestes Familie. Almal is welkom!

Ons kom Sondae aande 17:00 tot 19:00 bymekaar. Aktiwiteite sluit in: Praise & Worship, DVD aande, besprekings, sprekers, speletjies, koffiekroeg en lekker saam kuier. Kinders 7 - 18 jaar oud welkom, asook enige iemand anders wat so jonk voel.

Die kleure van God se familie! Kom geniet n aand van ontdekking en fun saam!
03/08/2026

Die kleure van God se familie! Kom geniet n aand van ontdekking en fun saam!

Dit is weer tyd vir ons eerste by-eenkoms vir kwartaal 3! Bring n vriend / vriendin en kom geniet die aand saam met ons!
20/07/2026

Dit is weer tyd vir ons eerste by-eenkoms vir kwartaal 3! Bring n vriend / vriendin en kom geniet die aand saam met ons!

Geniet julle vakansie!!!! Onthou dat ons elke dag keuses moet maak oor wie ons is en wat ons glo. Die Hemelse dinge is o...
26/06/2026

Geniet julle vakansie!!!! Onthou dat ons elke dag keuses moet maak oor wie ons is en wat ons glo. Die Hemelse dinge is ons identiteit in God en wat Hy vir ons gee. Al ons keuses en gedagtes neem ons nader, of verder van God en Sy plan vir ons.

Onthou wie jy is! Jy is n kind van ons Koning!

23/06/2026
Ons het gisteraand ons tweede kwartaal afsluiting gehou! Ons leiers en jeug span het lekker diep gesprekke gevoer so tus...
20/06/2026

Ons het gisteraand ons tweede kwartaal afsluiting gehou! Ons leiers en jeug span het lekker diep gesprekke gevoer so tussen deur die warm hou om die vuur! Doom Stefan en sy helpers het n ongelooflike vuur gemaak! Julle is n ongelooflike klomp mense en God is beslis besig om deur julle te werk!

1 Johannes 1:9 herinner ons aan twee waarhede: God is gereed om te vergewe, maar ware bekering vra ook dat ons bereid mo...
20/06/2026

1 Johannes 1:9 herinner ons aan twee waarhede: God is gereed om te vergewe, maar ware bekering vra ook dat ons bereid moet wees om te verander. Gebed is nie net 'n plek waar ons ons sondes bely nie; dit is ook die plek waar God ons harte vorm om meer soos Jesus te word.
Ons leef in 'n wêreld waar dit maklik is om sonde te erken, maar moeiliker is om dit agter te laat. Wanneer ons bid, vra ons nie net vir vergifnis nie, maar ook vir die krag om anders te leef. God se genade gee ons 'n nuwe begin, maar Sy Gees lei ons elke dag om nuwe keuses te maak.
Om nader aan God te groei beteken dat ons bereid moet wees om die dinge in ons lewe te identifiseer wat tussen ons en Hom staan. Dit vra eerlikheid, gehoorsaamheid en 'n gewilligheid om God toe te laat om ons denke, ons woorde en ons optrede te verander. Hoe meer tyd ons in gebed deurbring, hoe meer begin ons hart klop volgens God se hart.
Vergifnis was nog nooit bedoel as 'n eindpunt nie. Dit is die begin van 'n reis waarin God ons verander om meer soos Jesus te wees — meer liefdevol, meer nederig, meer gehoorsaam en meer toegewyd aan Sy wil.

Vertroue op God! In alles wat ons doen
15/06/2026

Vertroue op God! In alles wat ons doen

NG Kerk Meyerton
14/06/2026

NG Kerk Meyerton

Address

Meyerton

Opening Hours

18:00 - 19:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Meyerton Jeug posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share